P.J. Haasbroek (gebore 30 Junie 1943 in Pretoria) is ’n ekonoom, professor in Ekonomie aan die Universiteit van Pretoria en Afrikaanse skrywer, wat met sy kortverhale die Eugène Marais-prys verower het.LinkedIn: https://www.linkedin.com/pub/pieter-haasbroek/9/285/114 Gedurende sy loopbaan as skrywer publiseer hy verskeie romans vir volwassenes, jeugromans en nie-fiksie werk oor die Suid-Afrikaanse Ekonomie. Hy skryf ook radiodramas.
Lewe en werk
Herkoms en vroeë lewe Pieter Jacobus Haasbroek is op 30 Junie 1943 in Pretoria gebore as die oudste seun van Pieter Gabriël Jacobus Haasbroek en Maria Elisabeth Mara van Wyk. Sy ouers was oorspronklik boere wat deur die depressie gedwing is om hulle plaas in die Reddersburg distrik te verkoop en stad toe te trek, waar sy pa in Pretoria as hyskraanbestuurder, by die Munt en by die Vleisraad werk. Daarna verhuis sy ouers na Florida in Johannesburg waar hy sy skoolloopbaan begin aan die Florida Afrikaans Medium Laerskool. In 1954 koop sy pa die plaas Greylingsfontein in die distrik Petrusburg in die Vrystaat. Hy matrikuleer in 1961 in die eersteklas aan die Petrusburg Hoërskool, waar hy ook die hoofseun is. In 1962 ondergaan hy militêre opleiding aan die Leërgimnasium.NB Uitgewers: http://www.nb.co.za/Authors/7789
Verdere studie en loopbaan Hy studeer vanaf 1963 verder aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, waar hy in 1965 met lof die B.A.-graad met Ekonomie en Politieke Wetenskap as hoofvakke verwerf en in die proses agt onderskeidings behaal.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Haasbroek,_Pieter_Jacobus
Hierna behaal hy in 1966 die B.A. Honneurs-graad in Ekonomie, ook met lof, en tree dan in 1967 in diens van die Departement van Beplanning terwyl hy deeltyds aan die verhandeling vir sy Meestersgraad werk. Hy verwerf in 1968 die M.A.-graad in Ekonomie ook aan die Universiteit van die Vrystaat, met ’n verhandeling oor Die rol van plaaslike owerhede in die bestedingstroom, veral met betrekking tot die funksionele aard van die kapitaalvorming in die tydperk 1946–1965.
In Desember 1968 aanvaar hy ’n pos as lektor in Ekonomie aan die Universiteit van Zoeloeland. In Natal ontmoet hy vir Abraham H. de Vries wat hom help en aanmoedig om van sy kortverhale in Standpunte te publiseer.
Hy begin in 1976 as senior lektor aan die Universiteit van Pretoria en voltooi hier sy Ph.D.-graad in 1984, met ’n proefskrif oor ’n Verantwoorde rol vir die owerheid in die proses van ekonomiese ontwikkeling. In Januarie 1985 word hy aangestel as volle professor in Ekonomie aan die Universiteit van Pretoria.
Hierna word hy vanaf einde 1987 as raadgewende ekonoom gesekondeer na die Federale Kamer van Nywerhede en vanaf 1988 tot met sy aftrede in 2004 is hy hoofekonoom by Barloworld. Hy boer ook deeltyds in Vaalwater met tabak en beeste.
Loopbaan as akademikus As akademikus skryf hy verskeie artikels oor die ekonomie en is ook medeskrywer van verskeie handboeke, waaronder Die ekonomiese stelsel van Suid-Afrika, wat hy saam met J.A. Lombard en J.J. Stadler skryf. Hy doen onder andere navorsing oor die werkverskaffingspotensiaal van landelike infrastruktuur projekte, die koste en voordele van immigrasie na Suid-Afrika, die gebruik van ekonomiese oorreding en dwang in Suid-Afrika se internasionale ekonomiese betrekkinge en die vraagstuk of die propaganda vir disinvestering in die ou Suid-Afrika as ekonomiese sabotasie beskou moet word. Saam met ander publiseer hy ook navorsingsverslae oor parkering in die sentrale sakegebied van Pretoria.
Verder lewer hy ’n reeks radioprogramme oor die ekonomie. Gedurende hierdie tyd is hy aktief betrokke in verskeie openbare forums, onder andere Nedlac en Business South Africa, terwyl hy ook by verskeie geleenthede aanbiedings by seminare en konferensies lewer. In 1993 lewer hy ’n lesing voor die Nasionale Leeskringseminaar in Welkom onder die titel Geweld in die samelewing en die skrywer. Hy is lid van die Afrikaanse Skrywersgilde asook die Afrikaanse vertakking van die internasionale skrywersorganisasie PEN in Pretoria. Hy is ook ’n ywerige skilder en die stofomslae van sy eerste boeke is almal deur homself ontwerp.
Persoonlike lewe In 1968 trou hy met Estelle van Zyl en hulle het drie seuns, Pieter Gabriël Jacobus, Johannes Jacob en Sarel Francois. Hul seun, Pieter sterf in 'n valskermongeluk, as lid van die Spesiale mag in Langebaan.
Na sy aftrede in 2004 gaan bly hy en sy vrou op die plasie Uithoek in Franschhoek, waar hy voltyds skryf en skilder.
Skryfwerk As skrywer is hy veral bekend vir sy kortverhale en word hy die voorste eksponent van geweld in die Afrikaanse prosa en is hy die voorloper van die sogenaamde grensverhaal. Aanvanklik publiseer hy sy kortverhale in Standpunte en later ook in Donga en Tydskrif vir Letterkunde. In sy beste verhale ontgin hy die eietydse Afrika werklikheid met genadeloosheid en bereik hy besondere digtheid deur suggestie en perspektiefwisseling, soos byvoorbeeld waar wreedheid deur kinderoë waargeneem word. Die wêreld wat hy beskryf is ’n ruwe manswêreld en so vind hy aansluiting by Ernest Hemingway, hoewel die aggressie op die oppervlak dikwels slegs ’n sensitiewe en meermale ook intellektuele gesteldheid verberg.
Kort prosa Reeds in Heupvuur gee die titel aanduiding van die primitiewe drif van die heupe (seksuele) en die vuur (passie en geweld). Hierdie drif of vuur motiveer onder dekking van sy alledaagse bedrywighede die mens se denke, sy skoonheid en sy geweld en word ’n vuur wat tegelyk skeppend en vernietigend is. Die temas van die verhale draai veral rondom die jeug met hulle adolessente bewuswordings, geweld wat beide die fisiese en die emosionele insluit, asook politieke en groepsgeweld en geweld tussen enkelinge. Verskillende aspekte van die seksuele word ook ondersoek, as vertroosting en begeerte, maar ook as oorsaak tot konflik.Brink, André P. Rapport, 5 Januarie 1975.Brink, André P. Voorlopige Rapport. Kaapstad en Pretoria. Human & Rousseau. Eerste uitgawe, 1976.Coetzee, Ampie. Beeld, 8 Januarie 1975Spangenberg, D.F. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 14 no. 1, Februarie 1976.Vir Sipho is ’n variasie van die paradysdriehoek van man, vrou en slang. Nomsa is op pad na Sipho toe, met die herinnering aan hulle liefdespel nog vars in haar. Sy word aangeval deur die slang en om “vir Sipho” te oorleef kom haar oorlewingsdrang te voorskyn en byt sy die slang dood. Nomsa is dan beide die romantiese vrou en wrede roofdier ter wille van oorlewing. Die titel van Terugkeer is ironies. Bam Nienaber oortuig sy vriende (die verteller en Harry) om die nag in die veld naby ’n rivier deur te bring. Bam het die bottel drank en as hulle wil hê, moet hulle slaap waar hy sê hulle moet. Bam was voorheen by hierdie plek, toe hy en sy vrou Sera nog gelukkig saam was, voor die ander man op die toneel verskyn het. Nou keer hy terug hierheen, net om hier te sterf.Sý bok is die verhaal van die jong seun Frans se jagtog saam met sy pa, wanneer hy sy eerste bok skiet. Wanneer hy sy bok agter die lyndraad wil gaan haal, rand die buurman en sy vriend hom aan. Die seun kom verneder en seer sonder sy bok terug by sy pa. Die verhaal is ’n kragtige gebruik van teenstelling tussen die jong seun se opgewondenheid en die bure se onmenslike optrede, wat sy geesdrif demp. Op die terugrit sien hulle hoe een van die aanjaers ’n springbok vasdruk en keelaf sny, wat die optrede van Frans vroeër met sy bok weerspieël en ’n kragtige uitbeelding is van hoe wreedheid verdere wreedheid in die hand werk.In Voornagvlug oor die vlakte is die gedagtes, vrese en sensasies van die jong seun se opgewondenheid oor die erotiese voor hy aan die slaap raak die tema, met toespeling op ’n gruwelfantasie uit die Duisend en een nagte. Die ander helfte gee ’n blik op die inherente boosheid van die mens wanneer die verteller, onder invloed van die uil en dol meerkat, homself vereenselwig met die meerkat. Vir “Heupvuur” ontvang Haasbroek in 1975 die Eugène Marais-prys.
Die verhale in Roofvis illustreer hoe daar in feitlik elke situasie ’n roofvis aanwesig is wat op wag is vir die geleentheid om te aas en te vernietig om eie selfsugtige redes. Die titel van die bundel impliseer reeds die gebrekkige intelligensie en instinktiewe gewelddadige vernietiging, waarvoor veel intelligenter maar fisies swakker wesens moet swig. Weereens is geweld en die seksuele die hooftemas, maar hy die baie kort Aardrykskundeles en ook Anatomieles bereik besondere hoogtepunte in die genadelose maar nugter beskrywing van sinnelose geweld. In laasgenoemde verhaal speel die bitterheid van die lewe ’n belangrike rol as simbool, wat op verskeie maniere treffend uitgebeeld word. Die kinderwêreld word ook beskryf, maar eweneens op ’n nie-emosionele wyse.Die hinderlaag is ’n sterk verhaal met sy weergawe van die reaksies van ’n gemartelde dienspligtige. Die spel ontaard gaandeweg vir hom in dodelike erns, net om eindelik weer deur die korporaal teruggebring te word na blote spel. Bruin hings verbind die hede se motorrit en bierdrinkery effektief met die verlede se seksuele avonture deur gebruik te maak van toepaslike assosiasies.Brink, André P. Rapport, 14 September 1975.De Vries, Abraham. Beeld, 13 Oktober 1975.Eksteen, Louis. Standpunte. Nuwe reeks, 126, Desember 1976.
Skrikbewind voer die tema van eksplisiete geweld tot die uiterste in ’n ongelyke bundel. Die aangrypende Die vonds beskryf geweld en die sielkundige impak van geweld op kinders. My sonneblomme laat nie hulle koppe sak nie word opgedra aan Vincent van Gogh, wat duidelik die inspirasie was vir hierdie surrealistiese dramatiese monoloog deur die ervarings- en gevoelswêreld van die verteller. Eendag uit die glaskas gaan meer beheers en geslaagd om met die beskrywing van geweld en eindig effektief met die verwysing na die seuntjie as onskuldige slagoffer.Brink, André P. Rapport, 21 November 1976.Bouwer, Stephan. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 15 no. 2, Mei 1977.Brink, André P. Rapport, 24 Oktober 1982.
Verby die vlakte ontgin steeds die bekende temas van erotiek en geweld, maar met ’n groter subtiliteit en ironie as voorheen.Smuts, J.P. Burgerband. Tafelberg-Uitgewers Beperk. Kaapstad. Eerste uitgawe, 1985. Die titel word ontgin in die verhale in die bundel, aangesien daar telkens sprake is van ’n vlakte (geografies of geestelik) wat oorgesteek moet word. Wintermens is ’n hoogtepunt, waar ’n Vrystaatse skoolseun met ’n rugbytoer in die Kaap saam met ’n meisie in die bioskoop beland en haar daarna tuis besoek wanneer hy die foutiewe tyding kry dat sy hom daar wil ontvang. Daar word nooit eksplisiet vertel dat sy bruin is nie, maar die leser kan dit aflei uit die subtiele beskrywing en die impak van die futiliteit van die verhouding op ’n jong sensitiewe en konserwatiewe Afrikanerseun in apartheid Suid-Afrika. Tesame met sy seksuele ontwaking maak hy kennis met die wrede impak van apartheid en die onnatuurlike wyse waarop mense van mekaar weggehou word.Smuts, J.P. Die Burger, 17 Desember 1982. In die Hoëveld waar dit oop is se titel roep die bekende gedig van Toon van den Heever in herinnering. Dit beeld ’n Suid-Afrika uit waar die Afrikanerdom as spesiale vergunning slegs as museumstukke bewaar word, met ’n kaal Hoëveldse winter wat uitgebeeld word in doelbewuste kontras met Van den Heever se Hoëveldse somer. Lewe verbeeld oënskynlik wreedheid teenoor ’n dier, maar die einde ontbloot dat die verhaal ’n soort bieg is en dat die aksie bedoel en gerig was op ’n sersant. Afskeid is ’n aangrypende verhaal van die vertrek van ’n aantal dienspligtiges na die oorlog. Hierdie afskeid blyk later slegs ’n voorbereiding te wees vir die werklike afskeid, wanneer hulle reeds dood is en na die ewigheid vertrek. Die vertrek na die ewigheid gaan steeds gepaard met die vetes en vooroordele van die lewendes.