Carel Johannes Grové (22 Maart 1868 - 21 Augustus 1950) was ’n Afrikaanse skrywer.

Lewe en werk Carel Johannes Grové is in 1868 in Loxton in die Karoo gebore.

Wanneer hy 23 jaar oud is, gaan hy vir die eerste keer skool toe. Daarna is hy boer, winkelier, transportryer en later sendeling. In 1924 laat vaar hy sy bediening weens swak gesondheid.

Hy is getroud met Hedwig Elizabeth Mathilde Gerdener en die egpaar het ’n seun, Johannes Gerdener Grové.

Hy skryf die dierfabel Jakkals se strooptogte, soos aan hom vertel deur ’n inboorling.

C.J. Grové is op 21 Augustus 1950 in Malmsbury oorlede.

Publikasies JaarPublikasies1932Jakkals se strooptogte

Bronnelys

Boeke Antonissen, Rob. Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede. Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964 Beukes, Gerhard J. en Lategan, F.V. Skrywers en rigtings. J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste uitgawe 1952 Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 Nasionale Pers Beperk. Ons skrywers en hul werke: ’n Plate-album. Nasionale Pers Bpk. Kaapstad 1936 Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1886 Kategorie:Sterftes in 1950