Sanet Groenewald is ’n Afrikaanse skrywer.

Lewe en werk Sy word groot in die Vrystaat en gaan skool in Bloemfontein. Hier trou sy met ’n prokureur en uit die huwelik word ’n seun (Riaan) en ’n dogter (Lana) gebore. Wanneer die verhouding in troebel waters beland, onderneem sy vir drie maande ’n toer deur Europa om duidelikheid oor haarself en haar situasie te probeer verkry en besoek onder andere Italië. By haar terugkoms skei sy en vestig haar en die kinders op Stellenbosch. Na toepaslike opleiding is sy vir ’n tyd by Rape Crisis en Lifeline as berader werksaam.

Skryfwerk  Sy beeld “weggesteekte” situasies soos huweliksgeweld uit in haar boek “My man weet nie”. Die boek is ’n versameling monoloë van vroue uit verskillende rasse se ervarings van emosionele en fisiese geweld in die huwelik en word ook verwerk vir die verhoog. “My babe” bundel korrespondensie wat sy oor vyf jaar gevoer het met mense wat ’n ervaring van aborsie gehad het. Hierin word vertel van die omstandighede wat mense laat besluit tot so ’n stap en die trauma en die gevoelens, veral depressie, wat daaruit spruit. Die boek gee bloot die verhale (in Afrikaans of Engels) van meer as driehonderd bydraers weer, sonder om standpunt in te neem.“Die geheim van Katjiepoetstraat 9” is ’n kinderverhaal in die Ster Stories-reeks, wat deur Piet Grobler geïllustreer word. Hierdie boekie word ook in Engels vertaal as “The secret of Kitty Cat Street”. Haar kortverhaal “To” word deur Lina Spies in die versamelbundel “Majesteit, die kat” opgeneem.

Publikasies JaarPublikasies1995My man weet nie1997Die geheim van Katjiepoetstraat 92008My babe

Bronnelys

 Boeke Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999

Tydskrifte en koerante Greeff, Rachelle “Wat Sanet weet” “De Kat” Februarie 1996 Rademeyer, Alet “My oumas was formidabele vroue” “Beeld” 30 Januarie 1996

Internet Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Groenewald,_Sanet Rademeyer, Alet Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1996/01/30/12/2.html Steyn, Pieter Netwerk24: http://www.netwerk24.com/Nuus/Vrou-bieg-oor-aborsie-hel-20140520 Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AGroenewald%2C+Sanet.&qt=hot_author

Kategorie:Afrikaanse skrywers