Gonorree is 'n seksueel oordraagbare infeksie wat veroorsaak word deur die bakterie Neisseria gonorrhoeae.<"Gonorrhea – CDC Fact Sheet (Detailed Version)". Onbehandelde gonorree kan soms versprei om die gewrigte of hartkleppe te affekteer.Morgan, MK; Decker, CF (August 2016).

Gonorree word versprei deur middel van seksuele kontak met 'n besmette persoon. Dit sluit orale, anale en vaginale seks in. Dit kan ook oorgedra word van 'n ma na 'n kind tydens geboorte. Diagnose word gemaak deur die toets van urien, die uretra in mans en die serviks in vroue. Dit word aanbeveel dat alle vroue jonger as 25 jaar wat seksueel aktief is jaarliks getoets moet word – sowel as diegene wat nuwe seksmaats het .Dieselfde aanbeveling is van toepassing op mans wat seks het met mans.Workowski, KA; Bolan, GA (5 June 2015).

Gonorree kan voorkom word met die gebruik van kondome, deur seks te beoefen met net een persoon wat onbesmet is en deur onthouding van seks.Workowski, KA; Bolan, GA (5 June 2015). Behandeling vind gewoonlik plaas met ceftriaxone deur inspuiting en azithromycin wat mondeliks geneem word. Weerstand het ontwikkel teen voorheen gebruikte antibiotika en hoër dosisse van ceftriaxone is soms nodig."Antibiotic-Resistant Gonorrhea Basic Information".Unemo, M (21 August 2015). Hertoetsing word aanbeveel drie maande na afloop van die behandeling.Workowski, KA; Bolan, GA (5 June 2015). Seksuele vennote van die laaste 2 maande moet ook behandel word.

Gonorree affekteer ongeveer 0.8% van vroue en 0.6% van mans.Newman, Lori; Rowley, Jane; Vander Hoorn, Stephen; Wijesooriya, Nalinka Saman; Unemo, Magnus; Low, Nicola; Stevens, Gretchen; Gottlieb, Sami; Kiarie, James; Temmerman, Marleen; Meng, Zhefeng (8 December 2015). Na raming vind  33 106 miljoen nuwe gevalle elke jaar plaas, uit die 498 miljoen nuwe gevalle van geneesbare seksueel oordraagbare siektes (SOS) – wat insluit sifilis, chlamydia, en trigomoniase.Global Burden of Disease Study 2013, Collaborators (22 August 2015).Emergence of multi-drug resistant Neisseria gonorrhoeae (Report). Infeksies in vroue kom mees algemeen voor terwyl hulle jong volwassenes is.Workowski, KA; Bolan, GA (5 June 2015). In 2013 is nagenoeg 3,200 sterftes veroorsaak; 'n styging vanaf 2,300 in 1990.GBD 2013 Mortality and Causes of Death, Collaborators (10 January 2015). Beskrywings van die siekte dateer so ver terug as die Ou Testament.Morgan, MK; Decker, CF (August 2016).

Tekens en simptome duimnael|400px|Ongeskiktheids-aangepaste lewensjaar vir gonorree per 100 000 inwoners in 2004: Die helfte van vroue wat met gonorree besmet is, toon nie simptome nie, terwyl ander vaginale afskeiding het, lae abdominale pyn of pyn tydens seksuele omgang ervaar wat verband hou met inflammasie van die uteriene serviks.Smith, L; Angarone, MP (November 2015).Moran JS (2007).Ljubin-Sternak, Suncanica; Mestrovic, Tomislav (2014). Meeste besmette mans met simptome van inflammasie van die penis uretra wat gepaard gaan met 'n brandende sensasie tydens urinering en afskeiding uit die penis.Moran JS (2007). In die mans is hierdie afskeiding, met of sonder die branderigheid, in die helfte van alle gevalle die mees algemene simptoom van die infeksie.Brian R. Shmaefsky (1 January 2009). Mans en vroue kan gonorree van die keel opdoen deur die beoefening van orale seks op 'n besmette maat; gewoonlik 'n manlike maat. Hierdie tipe infeksie veroorsaak   in 90% van die gevalle nie simptome nie, en veroorsaak 'n seer keel in die oorblywende 10%.Zakher, Bernadette; Cantor MD, Amy G.; Daeges, Monica; Nelson MD, Heidi (16 December 2014).Marr, Lisa (2007) . In gevorderde gevalle veroorsaak gonorree 'n algemene gevoel van moegheid - soortgelyk aan ander infeksies.Brian R. Shmaefsky (1 January 2009). Dit is ook  vir 'n individu moontlik om 'n allergiese reaksie teen die bakterieë te ervaar, in welke geval enige simptome grootliks vererger.Brian R. Shmaefsky (1 January 2009).

Die inkubasie tydperk is 2 tot 14 dae en die meeste simptome verskyn tussen 4 tot 6 dae na infeksie. Dit gebeur soms dat gonorree vel letsels en gewrigspyn veroorsaak nadat dit deur die bloedstroom beweeg het (sien hieronder). In baie rare gevalle mag dit in die hart vestig en dan  endokarditis veroorsaak, of dit vestig in die spinale kolom en veroorsaak meningitis. Beide toestande is meer waarskynlik in individue met 'n onderdrukte immuunstelsels.Marr, Lisa (2007) .

Een geval in 'n man se leeftyd hou verband met die risiko om prostaatkanker te ontwikkel.Caini, Saverio; Gandini, Sara; Dudas, Maria; Bremer, Viviane; Severi, Ettore; Gherasim, Alin (2014).

Oorsaak duimnael|Verskeie aansigte van 'n Neisseria gonorrhoeae bakterie, wat gonorree veroorsaak. Gonorree word veroorsaak deur die bakterie Neisseria gonorrhoeae.Moran JS (2007). Vorige infeksie verleen nie immuniteit aan 'n persoon nie en iemand wat besmet was, kan weer besmet word deur blootstelling aan iemand wat besmet is, hetsy daardie persoon aansteeklike tekens of aansteeklike simptome van hul eie vertoon al dan nie.

Verspreiding Die infeksie versprei gewoonlik van een persoon na 'n ander deur middel van vaginale, orale of anale seks.Moran JS (2007).Trebach, Joshua D.; Chaulk, C. Patrick; Page, Kathleen R.; Tuddenham, Susan; Ghanem, Khalil G. (2015). Mans het 'n 20% risiko om die infeksie op te doen  tydens 'n enkele daad van vaginale omgang met n besmette vrou. Die risiko vir mans wat seks het met mans is hoër.Howard Brown Health Center: STI Annual Report, 2009 Vroue het 'n 60-80% risiko om die infeksie op te doen tydens 'n enkele daad van vaginale omgang met 'n besmette man.National Institute of Allergy and Infectious Diseases; National Institutes of Health, Department of Health and Human Services (2001-07-20).

Swanger vroue kan gonorree oordra na die pasgebore baba tydens geboorte; wanneer die infeksie die baba se oë affekteer word daarna verwys as ophthalmia neonatorum.Moran JS (2007).

Onder die kinders versprei die infeksie deur middel van ander metodes as seks, bv. deur besmette voorwerpe.Goodyear-Smith, F (November 2007). Hierdie voorwerpe sluit in baddens, klere en handdoeke.Goodyear-Smith, F (November 2007). Dit is egter baie ongewoon."webmd – What Can You Catch in Restrooms? Die bakterieë oorleef nie maklik buite die liggaam nie en sterf gewoonlik vinnig binne minute na ure.Brian R. Shmaefsky (1 January 2009).

Diagnose Tradisioneel word gonorree gediagnoseer met gram diagnose en kultuur; alhoewel nuwe polimerase kettingreaksie (PCR)-gebaseerde toetsmetodes steeds meer algemeen word. Vir persone in wie die eerste behandeling gefaal het, moet kultuur gedoen word om hul sensitiwiteit vir antibiotika te bepaal.Deguchi T, Nakane K, Yasuda M, Maeda S (September 2010). Alle mense wat positief toets vir gonorree moet ook vir ander seksueel oordraagbare siektes soos chlamydia, sifilis, en menslike immuniteitsgebreksvirus getoets word.Deguchi T, Nakane K, Yasuda M, Maeda S (September 2010).

Voorkoming Soos wat dit met die meeste seksueel oordraagbare siektes die geval is, word die risiko van infeksie aansienlik verminder deur die korrekte gebruik van kondome; die risiko word byna heeltemal verwyder  wanneer seksuele aktiwiteite beperk word tot 'n wedersyds monogame verhouding met 'n onbesmette persoon.section: Preventionsection: How can gonorrhea be prevented?

Diegene wat vantevore besmet was, word aangemoedig om opvolg behandeling te ondergaan om seker te maak dat die infeksie weg is. Die gebruik van telefoonkontak asook e-pos en sms-boodskappe verbeter die  aanmelding van her-toetsing vir infeksie.Desai, Monica; Woodhall, Sarah C; Nardone, Anthony; Burns, Fiona; Mercey, Danielle; Gilson, Richard (2015).

Hantering duimnael|Penisillien se massa-produksie begin in 1944 en bring 'n omwenteling mee in die behandeling van verskeie geslagsiektes.

Antibiotika Sedert 2010 is  inspuitbare ceftriaxone een van min effektiewe antibiotika.Deguchi T, Nakane K, Yasuda M, Maeda S (September 2010). Dit word tipies toegedien in kombinasie met óf azithromycin of doksisiklien.Centers for Disease Control and Prevention, (CDC) (Aug 10, 2012). As gevolg van die groeiende tempo van weerstand teen antibiotika moet plaaslike ontvanklikheidspatrone in ag geneem word wanneer daar besluit word op behandeling.Deguchi T, Nakane K, Yasuda M, Maeda S (September 2010).Baarda, Benjamin I.; Sikora, Aleksandra E. (2015).

Seksmaats Dit word aanbeveel dat seksmaats getoets word en potensieel behandel word vir infeksie.Deguchi T, Nakane K, Yasuda M, Maeda S (September 2010). Een opsie om die seksmaats van besmette persone te behandel, is deur die behandeling te laat toedien deur die geaffekteerde persoon. Dit behels dat die voorskrifte of medikasie vir die besmette persoon gegee word sodat sy/haar maat behandel kan word sonder 'n ondersoek by 'n gesondheidsorg diensverskaffer."Expedited partner therapy in the management of sexually transmitted diseases".

Gonorree is 'n seksueel oordraagbare infeksie wat veroorsaak word deur die bakterie Neisseria gonorrhoeae. Onbehandelde gonorree kan soms versprei om  die gewrigte of hartkleppe te affekteer.Morgan, MK; Decker, CF (August 2016).

Talle antibiotika wat eens effektief was, insluitend penisillien, tetrasiklien en fluorokinoloon, word nie meer aanbeveel nie weens die verhoogde weerstandigheid.Deguchi T, Nakane K, Yasuda M, Maeda S (September 2010). Weerstandigheid teen cefixime het 'n vlak van weerstandigheid bereik dat dit nie meer aanbeveel kan word as 'n aanvangsbehandeling in die VSA nie. Sou dit wl gebruik word, moet die persoon binne 'n week weer getoets word om te bepaal of die infeksie steeds voortduur.

Prognose duimnael|Indien dit nie behandel word nie, sal gonokokkale oogontsteking ontwikkel in 28% van die babas wat vir vroue gebore word wat gonorree het."Prophylaxis for Gonococcal and Chlamydial Ophthalmia Neonatorum in the Canadian Guide to Clinical Preventative Health Care" (PDF). Indien gonorree onbehandeld bly kan dit vir weke of maande voortduur met 'n hoë risiko van komplikasies.Moran JS (2007). Een van die komplikasies van gonorree is sistemiese verspreiding wat sweertjies of bloedvlekke, septiese artritis, meningitis of endokarditis veroorsaak.Moran JS (2007). Dit vind plaas  tussen 0.6 en 3% van besmette vroue en 0.4 en 0.7% van besmette mans.Moran JS (2007).

Onbehandelde gonorree in mans lei tot inflammasie van die epididimis, prostaatklier, en uretra.Kumar, Vinay; Abbas, Abul K.; Fausto, Nelson; & Mitchell, Richard N. (2007). In vroue is die mees algemene gevolge van onbehandelde gonorree pelviese inflammatoriese siekte. Ander komplikasies behels die ontsteking van die weefsel rondom die lewer,Kumar, Vinay; Abbas, Abul K.; Fausto, Nelson; & Mitchell, Richard N. (2007). 'n skaars komplikasies wat verband hou met Fitz-Hugh-Curtis sindroom; septiese artritis in die vingers, gewrigte, tone en enkels; septiese aborsie; chorioamnionitis tydens swangerskap; neonatale of volwasse blindheid weens konjunktivitis; en onvrugbaarheid.

Pasgebore babas wat deur die geboortekanaal kom, kry eritromisien salf in die oë om te verhoed dat blindheid intree weens infeksie. Die onderliggende gonorree moet behandel word waarna daar gewoonlik 'n goeie prognose volg. Volwassenes se oë kan ook besmet wees met gonoree en vereis goeie persoonlike higiëne en medikasie.Sadowska-Przytocka, A; Czarnecka-Operacz, M; Jenerowicz, D; Grzybowski, A (2016).

Epidemiologie duimnael|Gonorree tempo: Verenigde State Van Amerika, 1941–2007

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie skat dat 88 miljoen gevalle van gonorree elke jaar voorkom, uit die 448 miljoen nuwe gevalle van alle geneesbare seksueel oordraagbareinfeksies  – wat ook insluit sifilis, chlamydia en trichomoniase. In 2013 het dit ongeveer 3,200 sterftes veroorsaak wat 'n styging is vanaf  2,300  in 1990.GBD 2013 Mortality and Causes of Death, Collaborators (10 January 2015). duimnael|Verskeie aansigte van 'n Neisseria gonorrhoeae bakterie, wat gonorree veroorsaak.

Navorsing