Katrien Engelbrecht (*1950– †14 Mei 1981) was 'n Afrikaanse digter wat kort voor haar een-en-dertigste verjaarsdag sterf weens hartversaking. Een van haar broers is die digter Herman Engelbrecht.Geni: http://www.geni.com/people/Katrien-Engelbrecht/6000000011227584383
Lewe en werk Martha Katrina (Katrien) Engelbrecht is in 1950 gebore. Haar vader was Charl Jakob Engelbrecht, taalredakteur van Die Transvaler, en haar moeder die bekende dramadosent Aletta Gericke. Sy het twee broers, Herman Engelbrecht wat ook 'n digter is, en Dirk.
As aktrise gee sy lesse in kinderdrama en voordragkuns by die Akademie vir Dramakuns (ADK), terwyl sy verder studeer vir 'n B.A.-graad in Wysbegeerte en Logika en Kommunikasiekunde aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy neem ook balletklasse en het by haar ouers in Linden gewoon.
Op 14 Mei 1981 is sy kort voor haar een-en-dertigste verjaardag aan hartversaking oorlede.
Skryfwerk Van haar gedigte is in tydskrifte soos Standpunte gepubliseer. Haar debuut was met die digbundel Ellips. Hierdie bundel word oor die algemeen negatief beoordeel. Enkele verspreide versreëls maak indruk, maar dit word nie saamgevoeg tot 'n geslaagde geheel nie.Cloete, T.T.: Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 16 no. 2, Junie 1976.Johl, Johann: Standpunte. Nuwe reeks 125, Oktober 1976.
Hierna publiseer sy ook die bundel met poëtiese gebede Monoloog met God, wat tekens gee van poëtiese ontroering en idees.Cloete, T.T.: Tydskrif vir Letterkunde, Nuwe reeks 18 no. 2, Mei 1980Cloete, T.T. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 20 no. 2, Junie 1980.
Publikasies Werke wat uit haar pen verskyn sluit in:Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-n79-39049/ JaarPublikasies1975Ellips1980Monoloog met God
Bronnelys
Boeke Cloete, T.T. (red.): Die Afrikaanse literatuur sedert sestig. Nasou Beperk. Eerste uitgawe. 1980. Kannemeyer, J.C.: Die Afrikaanse literatuur 1652–2004. Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe. 2005. Van Coller, H.P. (red.): Perspektief en Profiel Deel 2. J.L. van Schaik-Uitgewers. Pretoria. Eerste uitgawe 1999.
Tydskrifte en koerante Anoniem: Broer en suster sy aan sy. Beeld. 3 Desember 1979. Kloppers, Hester: Katrien skep al van kleintyd af. Die Vaderland. 2 April 1976.
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse digters Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Sterftes in 1981