Ander reekse Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metaalagtiges Nie-metale Lantaniede Aktiniede
'n Oorgangsmetaal is 'n element uit die d-blok van die periodieke tabel. Daar word onderskei tussen: die 3d-oorgangsmetale van skandium tot sink die 4d-oorgangsmetale van yttrium tot kadmium die 5d-oorgangsmetale van lantaan tot kwik die 6d-oorgangsmetale van aktinium tot copernicium
Die oorgang In hierdie blok raak die d-orbitale opgevul. Daar vind 'n oorgang van valenselektrone na kernelektrone plaas: in die blok se eerste kolomme kan alle d-elektrone as valenselektrone optree. 'n Element soos vanadium het daardeur 'n hoogste oksidasietoestand van 5+, hoewel dit ook laer toestande soos 4+, 3+ or 2+ kan vertoon, waar net 'n deel van die d-elektrone as valenselektron optree. Omrede die afskerming van die kernlading deur die d-elektrone wat opgevul raak nie effektief is nie, word die energie van die d-orbitale geleidelik laer. In die tweede helfte van die blok kan nie alle d-elektrone meer as valenselektrone optree nie. Byvoorbeeld osmium wat 6 d-elektrone en 2 s-elektrone het vorm Os(VIII)-verbindings soos maar yster wat in dieselfde groep behoort is gewoonlik Fe(II) of Fe(III) hoewel dit soms Fe(VI) kan bereik, maar nie Fe(VIII) nie. Aan die einde van die blok, soos by sink, word die volle d-skil eintlik kernelektrone en die element vorm net Zn(II) deur sy s-elektrone te verloor. By die elemente van die p-blok wat volg, soos gallium ens. kan die d10-skil as kernektrone beskou word en neem nie aan chemiese wisselwerkings deel nie.
21Sc 22Ti 23V 24Cr 25Mn 26Fe 27Co 28Ni 29Cu 30Zn 39Y 40Zr 41Nb 42Mo (43)Tc 44Ru 45Rh 46Pd 47Ag 48Cd 57Lasoms word Lutesium hier geplaas wat 4f145d1 het, pleks van 4f05d1 72Hf 73Ta 74W 75Re 76Os 77Ir 78Pt 79Au 80Hg 89Acsoms word Lawrensium hier geplaas wat 5f146d1 het, pleks van 5f06d1 (104)Rf (105)Db (106)Sg (107)Bh (108)Hs (109)Mt (110)Ds (111)Rg (112)Cn
Legenda =Oorgangsmetale
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Chemiese elemente