Die jaar 1836 was 'n skrikkeljaar en het volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin. Dit was die 36ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure Die Arc de Triomphe word voltooi nadat konstruksie in 1806 begin het. 1 Februarie – Pous Gregorius XVI stel Jean-Louis Lefebvre de Cheverus, aartsbiskop van Bordeaux en Gabriele della Genga Sermattei, aartsbiskop van Ferrara aan as kardinale. 21 April – Die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog kom tot 'n einde. 22 April – Texaanse Onafhanklikheidsoorlog: 'n dag ná die Slag van San Jacinto neem magte van Texas se generaal Sam Houston die Meksikaanse generaal Antonio Lopez de Santa Anna gevange. 15 Junie – Arkansas word die 25ste deelstaat van die Verenigde State. Julie – Die hele trekgroep van 51 van "Lang Hans" van Rensburg word in Mosambiek uitgemoor. 16 Oktober – Die Voortrekkers verslaan die Matabeles tydens die Slag van Vegkop. 28 Desember – Spanje erken Meksiko se onafhanklikheid.
Geboortes 14 Februarie – Alexander Daneel, eerste predikant van die NG gemeente Heidelberg, Kaap († 1899). 19 Februarie – Pulvermacher, eerste Afrikaanse digter († 1910). 21 Februarie – Léo Delibes, Franse komponis († 1891). 19 Junie – Ds. Gerrit Smits, predikant in die Nederduitsch Hervormde Kerk († 1894). 28 September – Thomas Crapper, Britse loodgieter en sakeman († 1910). 4 Oktober – Piet Cronjé, Suid-Afrikaanse kryger en Boeregeneraal († 1911). 10 November – Julius Vuylsteke, Vlaamse politikus en skrywer († 1903). 16 November – Kalãkaua, koning van Hawaii († 1891).
Sterftes 6 Maart – James Bowie, Amerikaanse pionier en jagter (* 1796) 10 Junie – André-Marie Ampère, Franse fisikus (* 1775). 28 Junie – James Madison, vierde President van die Verenigde State (* 1751). Juliemaand – Johannes Janse van Rensburg, Voortrekkerleier (* 1779). 5 September – Ferdinand Raimund, Oostenrykse akteur en dramaturg (* 1790). 14 September – Aaron Burr, Amerikaanse politikus en avonturier (* 1756). 16 November – Christiaan Hendrik Persoon, Suid-Afrikaanse swamkundige (* 1761).
Sien ook 1836 in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:19de eeu