Johannes de Wet (1794-1875) was ’n vroeë Kaapse regsgeleerde, historikus en politikus, wat vir ’n ruk dien as president van die eerste Kaapse Wetgewende Vergadering. Hy is die vader van Marie Koopmans-De Wet, wie se huis in Strandstraat, Kaapstad ’n nasionale gedenkwaardigheid en museum is. As historikus skryf hy ’n geskiedenis van die Nederduits Hervormde Kerk in die Kaap.

Lewe en werk Johannes De Wet is op 7 September 1794 in Kaapstad gebore as seun van Hendrik Justinus de Wet en Margaretha Jacoba Smuts.Geni-webwerf: http://www.ancestry.com/genealogy/records/johannes-de-wet_16032314 Hy studeer vanaf 1817 in die regte in Nederland en kwalifiseer aan die Universiteit van Leiden,Wikiwand- webwerf: http://www.wikiwand.com/af/Marie_Koopmans-de_Wet waarna hy hom in 1823 as advokaat in Kaapstad vestig.Lewensbesonderhede soos in Elizabeth Conradie se “Hollandse skrywers in Suid-Afrika (Deel 1) (1652–1875)” Op verskeie geleenthede wys hy ’n aanstelling as regter van die hand, hoofsaaklik omdat hy gekant was teen die doodstraf.SA History webwerf: http://www.sahistory.org.za/dated-event/early-cape-lawyer-johannes-de-wet-born Later wend hy hom ook tot die politiek en is lid en selfs vir ’n kort ruk president van die eerste Kaapse Wetgewende Vergadering. As politikus is hy hewig gekant teen die Britse regering se planne om die Kaap as ’n strafkolonie te gebruik. Sy politieke doelwitte is verder om vryheid van die pers te waarborg en om demokratiese beginsels op alle vlakke van die regering te vestig. In hierdie verband bied hy dan ook teenkanting teen die outokratiese lord Charles Somerset. Hy dien ook in die komitee wat ondersoek instel na die stigting van die South African College in Kaapstad, wat later die Universiteit van Kaapstad word. Hy is op 15 April 1833 getroud met Adriana Dorothea Horak (1787–1868) en die egpaar het twee dogters, Maria Margaretha (Marie) en Margaretha.Genealogie Online: https://www.genealogieonline.nl/en/family-tree-wilferd-duckitt/I6000000011446685243.php Marie is in 1864 getroud met Johan Christoffel Koopmans en sy word dan die bekende mevrou Marie Koopmans-De Wet, wie se agtiende-eeuse huis in Strandstraat in Kaapstad ’n nasionale gedenkwaardigheid en monument is.Iziko Museums of South Africa: http://www.iziko.org.za/static/page/history-of-koopmans-de-wet-house Johannes het self in hierdie huis groot geword. Hy is op 15 Junie 1875 in Kaapstad oorlede.Genealogie Online: https://www.genealogieonline.nl/en/family-tree-wilferd-duckitt/I6000000011446685243.php. Die SA History webwerf meld ’n sterfdatum van 7 September 1875 sonder vermelding van hulle bron. Dit is egter die enigste bron wat hierdie alternatiewe sterfdatum bevat.

Skryfwerk Na sy studies en terugkeer na Suid-Afrika doen hy navorsing vir sy nagelate manuskrip oor “Beknopte Geschiedenis van de Nederduitsch Hervormde Kerk aan de Kaap de Goede Hoop, sedert de stichting der volksplanting in 1652 tot 1804”

Bronnelys

Boeke Conradie, Elizabeth “Hollandse skrywers in Suid-Afrika (Deel I) (1652–1875)” J.H. de Bussy, Pretoria, 1934

Internet Cape Town History: http://capetownhistory.com/?page_id=119 Genealogie Online: https://www.genealogieonline.nl/en/family-tree-wilferd-duckitt/I6000000011446685243.php Geni: http://www.ancestry.com/genealogy/records/johannes-de-wet_16032314 Geni: https://www.geni.com/people/Johannes-de-Wet/6000000011446685243 Iziko Museums of South Africa: http://www.iziko.org.za/static/page/history-of-koopmans-de-wet-house Kapp, P Noordwes-Universiteit: https://dspace.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/5265/TD_7(2)_2011_159-166.pdf?sequence=1 SA History: http://www.sahistory.org.za/dated-event/early-cape-lawyer-johannes-de-wet-born Wikiwand Marie Koopmans-de Wet: http://www.wikiwand.com/af/Marie_Koopmans-de_Wet

Ander verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1794 Kategorie:Sterftes in 1875