raam|80px Die Canon EOS 20D is 'n 8.2-megapieksel semi-professionele digitale enkellensreflekskamera, aangekondig op 19 Augustus 2004 teen 'n aanbevole kleinhandelprys van VS$1,499. Dit is die opvolger van die EOS 10D, en is opgevolg deur die EOS 30D in Augustus 2006. Dit aanvaar EF en EF-S lense en maak gebruik van 'n APS-C grootte beeldsensor.

Verbeterings Die 20D beskik oor 'n nuwe sensor en 'n groter megapiekseltelling (8,2 megapieksels in plaas van 6,3) en behou die Canon 1.6x krimpfaktor. Die 20D ondersteun USB 2.0. Die 20D het 'n groter buffer en kan meer raampies per sekonde skiet. Dit maak ook gebruik van die E-TTL II flitsmetingstelsel en het 'n DIGIC II-beeldverwerker.

Resolusie Die Canon EOS 20D het verskeie resolusieverstellings: Groot/Fyn (3504 x 2336 JPEG Fyn) Groot/Normale (3504 x 2336 JPEG Normale) Medium/Fyn (2544 x 1696 JPEG Fyn) Medium/Normale (2544 x 1696 JPEG Normale) Klein/Fyn - 1728 1152 x JPEG Fyn Klein/Normale (1728 1152 x JPEG Normale) RAW + Groot/Fyn (3504 RAW + 3504 JPEG Fyn) RAW + Groot/Normale (3504 RAW + 3504 JPEG Normale) RAW + Medium/Fyn (3504 RAW + 2544 JPEG Fyn) RAW + Medium / Normale (3504 RAW + 2544 JPEG Normale) RAW + Klein/Fyn (3504 RAW + 1152 JPEG Fyn) RAW + Klein/Normale - (3504 RAW + 1152 JPEG Normale) RAW (3504 x 2336 RAW)

Funksies Die 20D is die eerste Canon prosumer kamera wat die EF-S lenspassing gebruik; die eerste Canon EOS kamera om die passing te gebuik was die 300D (die Digital Rebel in Noord-Amerika).

In April 2012 het Canon aangekondig dat die EOS 60Da  die opvolger van die EOS 20Da sal wees.

Firmware Die nuutste "firmware" wat beskikbaar is vir die 20D (en hopelik die laaste een) is 'n weergawe 2.0.3, beskikbaar gestel op 23 Augustus 2005, wat die kommunikasiebetroubaarheid met 'n paar VGL-kaarte verbeter, asook ander klein veranderinge.

Verwysings

Kategorie:Canon-kameras