Anton Döckel is ’n Afrikaanse skrywer.
Lewe en werk Anton Döckel is ’n rekenaarkundige en -programmeerder van Kaapstad. Hy het deelgeneem aan die “Flinkdink”-reeks op televisie en was 'n lid van die Kaapse radiospan in die vasvraprogram “Klop die kampioene” oor die radio.
Skryfwerk “Om te wen” is ’n jeugverhaal oor ’n alleenkind se doel om homself met deelname aan ’n rekenaarspel te bewys. “Terug na Klein Paradys”Anoniem “Suidwester” 2 November 1990 is ’n bundel kortverhale waar ’n jong seun of jong man in meeste van die verhale as hoofkarakter optree.Anoniem “Tempo” 7 Februarie 1991 Die verhale handel telkens oor ’n wêreld wat die hoofkarakter uit die verlede onthou. In die titelverhaal word die verhalende element ondergeskik gestel aan die insig dat met die verloop van tyd en ervarings wat mens opdoen, daar onvermydelik ’n slang in elke paradys indring.Grové, A.P. “Beeld” 30 Julie 1990 Hierdie bundel is in 1991 op die kortlys vir die toekenning van die Ou Mutual-prys en word in 1990 genomineer vir die Rapportprys.Van Zyl, Ia “Tydskrif vir Letterkunde” “Jaargang 29 no. 3, Augustus 1991 Kortverhale van hom word deur Abraham H. de Vries in die versamelbundels “Steekbaard” en “Uit die kontreie vandaan” opgeneem.
Publikasies JaarPublikasies1987Om te wen1990Terug na Klein Paradys
Bronnelys
Boeke Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe. 2005.
Resensies
Kategorie:Afrikaanse skrywers