Eddie Domingo is ’n Afrikaanse skrywer.

Lewe en werk Hy is een van die eerste bruin mense wat ’n roman in Afrikaans publiseer. In “Okkies op die breë pad”Antonissen, Rob “Standpunte” Nuwe reeks 17 en 18, Mei-Desember 1957 poog hy om die bruin jeug te waarsku teen die euwels van die stad wat hulle karakter en lewe losruk van die ankers wat hulle gebind het aan die omgewing waar hulle tuis en gelukkig was. Hierin kom van die vroegste voorbeelde van Kaapse dialoog in ons letterkunde voor. Sy kortverhaal “Die kerkklok” word opgeneem in die versamelbundel “Kom saam” (later heruitgegee onder die titel “Geseënd is julle”) onder redaksie van S.J. Malan en W.H. Vos.

Publikasies JaarPublikasies1955Okkies op die breë pad

Bronnelys

Boeke Dekker, G.: “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis”. Nasou Beperk. Kaapstad. Elfde druk. 1970 Kannemeyer, J.C.: “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2”. Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg. Eerste uitgawe. Eerste druk. 1983 Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004”. Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe. 2005 Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. “Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde”. Afrikaanse Pers-Boekhandel. Tweede hersiene uitgawe. 1963 Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel”. Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg. Derde hersiene uitgawe. 1969 Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I”. J.L. van Schaik-Uitgewers. Pretoria. Eerste uitgawe. 1998

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers