Gottfried ook Gotefrid, Gotefred, of Gottfried (Latyns: Gotfridus of Cotefredus; * ?; † 709) was tot 709 'n Alamanniese Hertog uit die Agilolfinger-familie. Hy was die vader van die hertoë Lantfrid en Theudebald.

Volgens 'n dokument uit die jaar 700 het Gotfrid, op 'n versoek van die priester Magulfus in Cannstatt, die dorp Biberburg aan die klooster van die Heilige St Gallus geskenk.

Tydens sy lewe verdedig Gottfried die outonomie van sy hertogdom teen die mag van die Frankiese konings.

Na Gottfried se dood in 709, het albei sy seuns, Lantfrid en Theudebald, saam aanspraak gemaak op die hertogampt.

Afstammelinge Gottfried was getroud met 'n dogter van die Beierse Hertog Theodo II.; kinders van die egpaar was: Lantfrid Theudebald Odilo; † 8 Januarie 748, Hertog van Beiere Huoching, (* om 675; † 744), familielid Regarde ∞ Hildebrand (Hildeprand) Hertog van Spoleto Liutfrid

Literatuur Dieter Geuenich: Geschichte der Alemannen. 2. überarbeitete Auflage. Kohlhammer, Stuttgart 2005, . Dieter Geuenich: Gotefrid (Godafrid, Cotefred). In: Reallexikon der Germanischen Altertumskunde (RGA). 2. Auflage. Band 12, Walter de Gruyter, Berlin/New York 1998, , S. 401–402.

Kategorie:Agilolfinger Kategorie:Alemanne Kategorie:Geboortes in 640 Kategorie:Hertoë Kategorie:Mense in die 8ste eeu Kategorie:Sterftes in 709