Hayao Miyazaki (宮崎 駿 Miyazaki Hayao, gebore op 5 Januarie 1941Feldman, Steven (24 Junie 1994). "Hayao Miyazaki Biography) is 'n Japanse rolprentrentregisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer, animeerder, outeur en manga-kunstenaar. In 'n loopbaan wat oor vyf dekades strek, het Miyazaki internasionale roem verdien as 'n meesterlike storieverteller en as vervaardiger van anime-vollengte-rolprente, saam met Isao Takahata, medestigter van Studio Ghibli, 'n rolprent- en animasieateljee.

Miyazaki is in Bunkiō, Tokio, gebore en het sy animasieloopbaan in 1963 begin toe hy by Toei Animasie aangesluit het. Daarna het Miyazaki as 'n tussenraam-kunstenaar vir Gulliver's Travels Beyond the Moon gewerk, waar hy idees voorgestel het wat eindelik die fliek se einde geword het. Hy het aangehou om in verskillende rolle in die animasiebedryf te werk totdat hy sy eerste vollengte fliek, Lupin III: The Castle of Cagliostro, geregisseer het, wat in 1979 uitgereik is. Na die sukses van sy volgende fliek, Nausicaä of the Valley of the Wind (1984), het hy Studio Ghibli saam met ander begin, waar hy aangehou het om baie rolprente te vervaardig. Hoewel Miyazaki se flieks reeds lank kommersiële en kritiese sukses in Japan behaal het, was hy grootliks onbekend in die Weste totdat Miramax Films in 1997 Princess Mononoke uitgereik het. Princess Mononoke was vir 'n rukkie die fliek in Japan wat die meeste verdien het, totdat dit deur 'n ander 1997-fliek, Titanic, verbygegaan is. Dit was die eerste geanimeerde fliek om Rolprent van die Jaar by die Japanse Academy-toekennings te wen. Miyazaki se volgende fliek, Spirited Away (2001), het as Rolprent van die Jaar by die Japanse Academy-toekennings gewen, en was die eerste anime-fliek wat 'n Amerikaanse Academy-toekenning gewen het.

Miyazaki se flieks bevat dikwels herhalende temas soos die mensdom se verhouding met die natuur en tegnologie, en hoe moeilik dit is om 'n pasifistiese etiek te behou. Sy rolprente se protagoniste is dikwels sterk meisies of jong vroue.Napier, Susan J. (2001). Hoewel twee van sy flieks, The Castle of Cagliostro en Castle in the Sky, tradisionele skurke bevat, het ander flieks soos Nausicaä en Princess Mononoke moraal meerduidige antagoniste met ook goeie eienskappe. Hy was die medeskrywer van die fliek The Secret World of Arrietty, wat in Julie 2010 in Japan en in Februarie 2012 in die VSA uitgereik is; asook van From Up on Poppy Hill, wat in Julie 2011 in Japan en in Maart 2013 in die VSA uitgereik is. Miyazaki se jongste fliek, The Wind Rises, is op 20 Julie 2013 uitgereik en is in Februarie 2014 internasionaal vertoon."Disney to Release the Wind Rises in N. America". Die fliek het aan hom sy derde Amerikaanse Academy-toekenning-benoeming besorg, en sy eerste Golden Globe-benoeming. Miyazaki het op 1 September 2013 aangekondig dat The Wind Rises sy laaste vollengte rolprent sal wees."Japan's Miyazaki to retire after 11 feature films"."Hayao Miyazaki Retires From Making Feature Films". In November 2014 is aan Miyazaki 'n ere-Academy-toekenning"Miyazaki is second Japanese to receive honorary Oscar". toegeken vir sy invloed op animasie en die rolprentkuns. Hy is die tweede Japanse rolprentmaker wat dié toekenning gewen het naas Akira Kurosawa in 1990. In 2002 het die Amerikaanse fliekkritikus Roger Ebert te kenne gegee dat Miyazaki dalk die beste animasie-rolprentmaker in die geskiedenis is, en het die diepte en kunstigheid van sy rolprente geprys.Ebert, Roger (12 September 2002).

Vroeë lewe Miyazaki is in die dorpie Akebono-cho in Bunkiō, Tokio, gebore, die tweede van vier seuns aan wie Katsuji Miyazaki geboorte geskenk het.Feldman, Steven (24 Junie 1994). "Hayao Miyazaki Biography"Hayao Miyazaki Biography Revision 2 (6/24/94)". Sy pa was direkteur van Miyazaki Airplane, wat rigtingsroere vir A6M Zero-vegvliegtuie tydens die Tweede Wêreldoorlog gemaak het.McCarthy, Helen (1999). Gedurende die oorlog, toe Miyazaki net drie jaar was, het die familie na Utsunomiya gevlug en later na Kanuma in die Tochigi Prefecture waar die Miyazaki-vliegtuigfabriek gesetel was. Miyazaki het al gesê sy familie was welaf en kon gemaklik gedurende die oorlog leef vanweë sy pa en oom se winsgewende werk in die oorlogbedryf, maar hy het ook daarop gewys dat die nagtelike brandbomaanvalle op Utsunomiya toe hy maar vier en 'n half jaar oud was, 'n blywende indruk op hom gelaat hom. Tydens 'n lesing op 22 Mei 1988 by die fliekfees in Nagoya het hy weer vertel hoe sy familie haastig die aftog uit die brandende dorp geblaas het, sonder om 'n geleentheid aan te bied vir ander mense wat vervoer nodig gehad het, en hy onthou hoe die brande die naglug verkleur het toe hy terugkyk na die stad toe hulle op 'n veilige afstand was.Miyazaki, Hayao (22 Mei 1988).

In 1947 het Miyazaki met skool begin by die Utsunomiya City-laerskool, waar hy die eerste, tweede en derde graad voltooi het voordat sy gesin teruggetrek het na Suginami-ku, waar hy graad vier by die Omiya-laerskool voltooi het. Vir graad vyf het hy na die nuwe Eifuku-laerskool gegaan.  Nadat Miyazaki klaar was met laerskool, is hy na die Omiya-middelskool. In hierdie tyd het Miyazaki se ma aan spinale tuberkulose gely en was bedlêend van 1947 tot 1955. Sy het die eerste paar jaar meestal in die hospitaal deurgebring, maar was uiteindelik in staat om tuis versorg te word. Vandat hy klein was wou Miyazaki 'n mangaskrywer word. Hy het die geïllustreerde stories in seunstydskrifte gelees en erken die invloed van skeppende kunstenaars in die medium, soos Tetsuji Fukushima (福島鉄次), Soji Yamakawa en Osamu Tezuka. Dit was weens Tezuka se invloed dat Miyazaki later heelwat van sy vroeëre werk vernietig het, omdat hy geglo het dit was "onvanpas" om Tezuka se styl na te boots omdat dit sy eie ontwikkeling as kunstenaar belemmer het.

Nadat Miyazaki klaar was met die Omiya-middelskool is hy na die Toyotama-hoërskool. In sy derde jaar is Miyazaki se belangstelling geprikkel deur The Tale of the White Serpent. Hy het "verlief geraak" op die fliek se heldin en dit het 'n diep indruk op hom gemaak. Soos Helen McCarthy dit stel: "Hy het besef om sukses te behaal as 'n mangaskrywer deur dit wat in die mode was na te doen, was gekkigheid, en het besluit om getrou te wees aan sy ware gevoel, selfs al beteken dit dat hy dwaas lyk." Sy belangstelling het werklik posgevat teen die tyd dat hy hoërskool begin het. Hy was vasbeslote om een of ander soort kunstenaar te word. Sy belangstelling was grootliks in anime en manga toe die twee in daardie tyd begin opgang maak het. Om 'n animeerder met 'n onafhanklike styl te word, moes Miyazaki leer om die menslike figuur te teken.Feldman, Steven (24 Junie 1994). "Hayao Miyazaki Biography Nadat hy klaar was met Toyotama, het Miyazaki Gakushuin-universiteit bygewoon en was 'n lid van die universiteit se "Kinderletterkunde-navorsingklub", die "naaste ding aan 'n strokiesprentklub in daardie dae". Miyazaki het in 1963 by Gakushuin gegradueer met grade in politieke wetenskap en ekonomie.Feldman, Steven (24 Junie 1994). "Hayao Miyazaki Biography

Animasieloopbaan

Vroeë loopbaan en Toei Animasie In April 1963 het Miyazaki 'n werk gekry by Toei Animasie, waar hy as 'n tussenraamkunstenaar gewerk het aan die bioskooprolprent Watchdog Bow Wow en die TV-anime Wolf Boy Ken. Kort nadat hy daar aangekom het, was hy 'n leier in 'n arbeidstwis, en het in 1964 hoofsekretaris geword van Toei se vakbond. Hy het die eerste keer erkenning gekry toe hy in 1965 as 'n tussenraamkunstenaar op die Toei-produksie Gulliver's Travels Beyond the Moon gewerk het. Vir hom was die oorspronklike einde van die draaiboek onbevredigend en hy het sy eie voorgestel, wat die einde geword het wat in die voltooide fliek gebruik is.

In 1968 het Miyazaki 'n belangrike rol gespeel as hoofanimeerder, konsepkunstenaar en toneelontwerper in Hols: Prince of the Sun, 'n mylpaal- geanimeerder rolprent. Deur die medewerkingproses wat vir die projek aanvaar is, kon hy sy idee en werk bydra aan sy mentor, die animasieregisseur Yasuo Ōtsuka, wie se vindingryke benadering tot animasie 'n geweldige uitwerking op Miyazaki se werk gehad het. Die fliek is deur Isao Takahata geregisseer, met wie hy die res van sy loopbaan saamgewerk het. In Kimio Yabuki se Puss in Boots (1969) het Miyazaki weer belangrike animasie verskaf, asook ontwerpe, beelddraaiboeke (storyboards) en storie-idees vir belangrike tonele in die fliek, waaronder die jaagtoneel-hoogtepunt. Hy het ook die manga geïllustreer, as 'n promosie-koppelproduk vir hierdie produksie van Puss in Boots. In die 1970's het Toei Animasie nog twee opvolgflieks van die Puss in Boots van hierdie fliek gemaak, en die karakter het uiteindelik die gelukbringer van die ateljee geword, maar Miyazaki was nie by enige van die opvolge betrokke nie. Kort daarna het Miyazaki tonele in die draaiboek vir Flying Phantom Ship voorgestel, waarin militêre tenks in Tokio se middestad ingery kom en massahisterie veroorsaak, en is in diens geneem om die beelddraaiboek vir hierdie tonele te skep en dit te animeer. In 1971 het Miyazaki 'n deurslaggewende rol gespeel om die struktuur, karakters en ontwerpe vir Hiroshi Ikeda se verwerking van Animal Treasure Island te ontwikkel, asook in die verwerking van Ali Baba and the Forty Thieves deur Hiroshi Shidara. Miyazaki het ook gehelp met die beelddraaiboek en belangrikste animasie van die vernaamste tonele in albei rolprente en het 'n reklamemanga vir Animal Treasure Island gemaak.

In Augustus 1971 het Miyazaki Toei vir A Pro verlaat, waar hy die mederegisseur was van 14 episodes van die eerste Lupin III-reeks saam met Isao Takahata. In daardie jaar het die twee ook met die voorproduksie van 'n Pippi Longstocking-reeks en het omvattende beelddraaiboeke daarvoor geteken. Nadat hy egter na Swede gereis het om navorsing vir die fliek te doen en die skrywer, Astrid Lindgren, te ontmoet, is toestemming geweier om die projek te voltooi en dit is gevolglik gekanselleer. In 1972 en 1973 het Miyazaki twee Panda! Go, Panda!-kortflieks uitgedink, geskryf, ontwerp en geanimeer, wat deur Takahata geregisseer is.

Nadat hulle in 1974 na Zuiyo Eizo getrek het, het hy as 'n animeerder aan die World Masterpiece Theater saam met Takahata gewerk, wat die verwerking ingesluit het van die eerste deel van Johanna Spyri se Heidi-roman in die geanimeerde televisiereeks Heidi, Girl of the Alps. Die maatskappy het in 1975 sy naam verander na Nippon Animasie. Miyazaki was ook die regisseur van die televisiereeks Future Boy Conan (1978), 'n verwerking van die kinderroman The Incredible Tide deur Alexander Key. Die hoofantagonis is die leier van die stadstaat Industria wat probeer om verlore tegnologie te laat herleef. Die reeks het ook verder uitgewei op die karakters en gebeurtenisse in die boek, en is 'n vroeë voorbeeld van die karakterisering wat regdeur Miyazaki se latere werk voorkom: 'n meisie wat in voeling is met die natuur, 'n krygsvrou wat onheilspellend lyk, maar wat nie 'n antagonis is nie, en 'n seun wat lyk of hy vir die meisie bestem is. Die reeks spog ook met verbeeldingryke lugvaartuigontwerpe.

Deurbraakflieks en Spirited Away