Henry Jack Cloete is ’n Afrikaanse joernalis, musikant en skrywer.
Lewe en werk Hy is in 1984 in die Boland gebore. Saam met Wilken Calitz, self ’n skrywer, is hy lid van die satiriese musiekduo Die Skynmaagde. Hy vertolk ook ’n rol in die rolprent “Skoonheid”. As verslaggewer en inhoudsvervaardiger doen hy diens by talle mediapublikasies.
Skryfwerk Sy debuutroman is “Draalnoot vir ’n janfiskaal”,Grobler, Riaan “Rapport” 19 Oktober 2014 waar die janfiskaal van die titel in sekere kringe beter bekend is as die laksman, terwyl die draalnoot onder andere die stadige tempo van die dodemars suggereer.Hambidge, Joan Woorde wat weeg: http://joanhambidge.blogspot.co.za/2014/08/henry-jack-cloete-draalnoot-vir-n.html Die onderliggende tema van geweld en dood word dus reeds hier aangedui. Daniël Roberts van Muizenberg skep die webwerf Fermata.com, waarop gebruikers na ander se selfmoordvideo’s kan kyk en hul eie kan oplaai.Koen, Dewald “Beeld” 15 September 2014 Die term fermata verwys na ’n noot wat langer aanhou as die normale aanwysing, met implikasie dat die selfmoord van mense wat deelneem aan die program langer duur as normaalweg.Lüneberg, Liezel Lowvelder: http://lowvelder.co.za/232922/boek-opinie-draalnoot-vir-n-janfiskaal-deur-henry-jack-cloete/ Hierdie webwerf word dan wêreldwyd gewild en baie omstrede. Daniël besluit om op ’n televisiekletsprogram daaroor te praat, wat lei tot ’n reeks verstommende gebeure wat sy lewe en dié van vyf ander karakters onherroeplik verander. Hierna moet Daniël vlug van diegene wat wil wraak neem omdat hulle geliefdes op die webwerf verloor het en ook van sy fanatieke ondersteuners, terwyl die lewensverhale van ander karakters met syne ineengevleg word. Ten spyte van die morbiede tema slaag die skrywer daarin om met humor die gegewe te verlig en word ’n sterk spanningslyn regdeur gehandhaaf. Onderliggend aan die begrip van die verhaal is die rol wat tegnologie en sosiale media in die hedendaagse samelewing speel, veral in die mens se lewenslange soeke na erkenning. Baie van die deelnemers aan die webwerf pleeg selfmoord om so erkenning te verkry. Die boek spreek egter kritiek uit teen die voyeuristiese samelewing en is nie ’n verheerliking van selfmoord nie. “Draalnoot vir ’n janfiskaal” is in 2015 op die kortlys vir die toekenning van die Universiteit van Johannesburg debuutprys.
Publikasies JaarPublikasies2014Draalnoot vir ’n janfiskaal
Bronnelys
Tydskrifte en koerante Cloete, Henry “Kopskote” Beeld 28 Julie 2014 Stehle, Rudolf “Die vreugde van onverwagte skryfontdekkings” “Beeld” 9 September 2014
Internet Facebook: https://www.facebook.com/henryjackcloete/ Henry Jack Cloete: http://www.henryjackcloete.co.za/ Imdb: http://www.imdb.com/name/nm6325259/ LitNet: http://www.litnet.co.za/author/henry-jack-cloete/ NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/Authors/8503
Resensies
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Geboortes in 1984