Len Anthony is een van Derick Jacobs se vele skuilname.

Derick Jacobs (*31 Desember 1944, Upington -) is ’n Afrikaanse skrywer wat onder sy eie naam, en verskeie skuilname ontspanningslektuur skryf. Jacobs se skuilname (behalwe Len Anthony) sluit in: Stefan Radlof, Rena de Kock, Henriette Fouché, Susan Maree.http://www.esaach.org.za/index.php?title=Jacobs,_Derick

Biografie Derick Jacobs is op 31 Desember 1944 op Upington gebore. Hy word groot op Windhoek in die ou Suidwes-Afrika (vandag Namibië).

Na skool werk hy in die mediabedryf, onder meer as nuuskrywer by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK).

Hy is getroud met die skrywer Christene-Ray Knox wat self boeke en verskeie kortverhale en vervolgverhale vir tydskrifte geskryf het.

Publikasies as Len Anthony JaarTitel van publikasie1972Onder blink sterre1973Blink soos diamante

Skaduwee oor La Bohéme1975Blink soos druppels dou

Sending noord na moord1976Skat van die Namib

Platform 151978Die sluiper1979Huis teen die berghang

Terwyl branders ruis (Len Anthony en Dewald Brink)

Die jagter (Len Anthony en Willie van Rensburg)

Alles net vir Monica (Len Anthony en Dewald Brink)1980Soveel blink beloftes (herdruk van “Onder blink sterre”)

Vrees het ’n weerklank1981Die mooiste droom (herdruk van Skaduwee oor La Bohéme)

Die ure agter ons1983Ver lê die môre1988Nag van die duiwel

Sien ook Derick Jacobs

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1944