Anita Chittenden is ’n Afrikaanse joernalis en skrywer.
Lewe en werk Anita Maria Chittenden is vroueredakteur by Hoofstad en later lid van die vroueredaksie van Landbouweekblad se Gautengse kantoor. Sy woon in Pretoria, is getroud en het een seun.
Skryfwerk In “O vet! Eva aan die woord”Cilliers, Cecile “Beeld”: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1993/07/19/8/11.html bundel sy veertig essays wat oorspronklik in ’n rubriek in Landbouweekblad verskyn het.Müller, Petra “Die Burger” 25 Mei 1993 Die essays dek ’n wye verskeidenheid onderwerpe van die alledaagse lewe, altoos van die vrou se kant gesien. Soos die titel aandui, duik die ewige stryd teen vet gereeld op. Die rubrieke word geïllustreer deur Cora Coetzee. Anita skryf ook “Trek reg aan” en “Pottebakkery vir beginners”.
Publikasies JaarPublikasies1975Trek reg aan1993O vet! Eva aan die woord
Bronnelys
Boeke Chittenden, Anita “O vet! Eva aan die woord” Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste druk 1993 Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999
Resensies
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste