duimnael|180px|Die Indiese aktrise Shriya Saran in ’n moderne doepatta wat om die nek gedrapeer is.
’n Doepatta (Hindi: दुपट्टा, Pandjabi: ਦੁਪੱਟਾ/ਚੁੰਨੀ, دوپٹا, Oerdoe: دوپٹا) is ’n lang, veeldoelige serp wat baie Suid-Asiatiese vroue dra en gewoonlik by die res van die kleredrag pas. Dit was oorspronklik ’n simbool van fatsoenlikheid.
Gebruik Die doepatta word in verskeie streke van Suid-Asië gedra. Hoewel dit steeds ’n simbool van fatsoenlikheid is, dra baie vroue dit vandag bloot as ’n dekoratiewe bykomstigheid. Daar is geen vaste manier hoe dit gedra moet word nie, en namate tyd verloop en die mode verander, wissel die styl van die doepatta.
Dit word gewoonlik oor albei skouers en om die kop gedra. Dit kan egter ook soos ’n mantel om die hele bolyf gedrapeer word. Soms word dit gedra met die middelste deel op die bors en die punte oor die skouers. In moderne tye word die doepatta dikwels oor die een skouer of net oor die arms gedrapeer. ’n Kort doepatta, wat meer soos ’n serp lyk, kan ook gedra word.
Wanneer vroue op die Indiese subkontinent ’n moskee, kerk of ander godsdiensgebou binnegaan, bedek hulle gewoonlik hul kop met die doepatta.
Verwysings
Eksterne skakels "Indian Dupatta From Behind the Veil," ’n artikel oor die doepatta
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Arabiese wêreld Kategorie:Arabiese woorde Kategorie:Islamitiese kleredrag