’n Boerka is ’n kleed wat vroue in sommige Islamitiese tradisies dra wat hul liggaam in die openbaar bedek. Die term kom oorspronklik van die Arabiese woord برقع, burquʻ of burqaʻ.

Die sluiergedeelte vir die gesig is gewoonlik ’n reghoekige, halfdeursigtige stuk lap met die boonste deel vas aan ’n deel van die kopserp sodat die sluier oor die gesig hang. Dit kan opgelig word wanneer die vrou dit wil doen. In ander style is die nikaab van die sluier aan een kant vas en bedek dit die gesig net onder die oë sodat die oë sigbaar is.

In Islamitiese geskrifte

duimnael|links|180px|’n Litograaf uit 1842 deur James Rattray toon ’n militante Persiese vrou in Afganistan met ’n boerka agter haar.

Baie Moslems glo die tradisies oor die lewe van Mohammed, of die hadit, vereis dat beide mans en vroue in die openbaar fatsoenlik optree en aantrek. Dié vereiste word egter op baie verskillende manier vertolk deur Moslem-geleerdes en .

In ’n vers in die Koran word gesê:

Nog ’n vers in die Koran lui:

’n Fatwa (Islamitiese regsopinie) deur Muhammed Salih Al-Munajjid, ’n salafis (lid van ’n ultrakonserwatiewe Soennitiese beweging) en die stigter van die webtuiste IslamQA.info, wat in Saoedi-Arabië verbied is omdat hy nie by magte is om fatwa te gee nie, sê:

Die regte manier soos die getuienis aangedui, is dat die vrou se gesig 'awrah (’n intieme deel) is wat bedek moet word. Dit is die mees aanloklike deel van haar liggaam, want mense kyk meestal na die gesig, sodat die gesig die grootste 'awrah van ’n vrou is.

Die fatwa stel dit ook duidelik wanneer dit verbode is om die sluier te dra: In die Soenna is daar baie ahaadeeth, soos: Die Profeet het gesê: "Die vrou in ihram word verbied om haar gesig te versluier (’n nikaab te dra) of om die boerka te dra." Dit dui daarop dat wanneer vroue nie in ihram is nie, hulle hul gesigte bedek het.

Namoes In die Moslemwêreld is die verbod op die sien van die vrou se gesig na aan die begrip namoes.Werner Schiffauer, Die Gewalt der Ehre. Erklärungen zu einem deutsch-türkischen Sexualkonflikt. ("The Force of the Honour"), Suhrkamp: Frankfurt am Main, 1983. .Dilek Cindoglu, "Virginity tests and artificial virginity in modern Turkish medicine", ble. 215–228, in Women and sexuality in Muslim societies, P. Ýlkkaracan (Ed.), Women for Women's Human Rights, Istanboel, 2000. Namoes is ’n etiese kategorie, ’n sedelikheid van ’n Midde-Oosterse Moslemse patriargale aard. Dit is ’n sterk geslagspesifieke kategorie wat die verhoudings in ’n gesin beskryf in terme van eer, aandag, respek/respektabelheid en fatsoenlikheid. Die term word dikwels vertaal as "eer".

Die kleed is omstrede en word in verskillende dele van die wêreld op verskillende maniere beskou – óf positief óf negatief.

Sien ook Nikaab Hidjab

Verwysings

Eksterne skakels "Burqa ban: What it means for the West" – TCN News "The absence of evidence for banning burqas" – The Guardian "Beautiful Burqas" – Life

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Arabiese woorde Kategorie:Islamitiese kleredrag