Die jaar 1833 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 33ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure 15 April – Pous Gregorius XVI stel Lorenzo Girolamo Mattei, titulêr patriarg van Antiogië en Castruccio Castracane degli Antelminelli, sekretaris van Propaganda Fide aan as kardinale. 29 Julie – Pous Gregorius XVI stel Giacomo Monico, patriarg van Venesië en Filippo Giudice Caracciolo, Orat., aartsbiskop van Napels aan as kardinale. Karl Bodmer hou 'n verkenningstog op die Missouririvier. Stigting van die Universiteit van Zürich, Switserland
Geboortes Sampson Richard Stuttaford, 'n Suid-Afrikaanse afdelingswinkeleienaar († 1915). 26 Februarie – Charles Murray, NG Kerk predikant en vierde seun van ds. Andrew Murray sr. († 1904). 28 Februarie – Alfred von Schlieffen, Duitse generaal en militêre strateeg († 1913). 1 Maart – Johann Heinrich Ferdinand Parow, Duitse eiendomsmagnaat aan die Kaap († 1910). 31 Maart – Mary Abigail Dodge, Amerikaanse skrywer en essayis († 1896). 7 Mei – Johannes Brahms, Duitse komponis († 1897). 4 Junie – Lord Garnet Wolseley, 'n Britse Veldmaarskalk († 1913). 20 Augustus – Benjamin Harrison, die drie-en-twintigste President van die Verenigde State († 1901). 21 Oktober – Alfred Nobel, die Sweedse uitvinder van dinamiet en die skepper van die Nobelprys († 1896). 6 November – Jonas Lie, skrywer van Noorweë († 1908).
Sterftes 22 April – Richard Trevithick, 'n Engelse ontdekker, ingenieur en eerste persoon om 'n stoomlokomotief te bou (* 1771).
Gepubliseer 4 Oktober – Teologie: Quo Graviora, oor die pragmatiese konstitusie, deur Pous Gregorius XVI.
Sien ook 1833 in Suid-Afrika
Kategorie:19de eeu