regs|upright=2|duimnael|Die planete en dwergplanete van die Sonnestelsel. Die groottes is volgens skaal, maar nie die relatiewe afstand van die Son af nie.
Die Sonnestelsel bestaan uit die Son en die ander hemelliggame wat deur swaartekrag daaraan gebind is en daarom wentel. Die hemelliggame in ons sonnestelsel bestaan uit die agt planete, hulle 166 bekende mane, vyf dwergplanete en biljoene ander klein liggame. Hierdie klein liggame, of klein sonnestelselvoorwerpe (KSV's), sluit asteroïdes, ysige Kuiper-gordelvoorwerpe, komete, meteoroïdes en interplanetêre stof in. Die Aarde is die derde planeet van die Sonnestelsel.
Die gekarteerde streke van die Sonnestelsel is die Son, vier aardse binnenste planete, die asteroïdegordel, vier buitenste planete (die reuseplanete), die Kuiper-gordel en die verstrooide skyf. Die teoretiese Oort-wolk bestaan moontlik op 'n afstand ongeveer duisend maal verder as die gekarteerde streke.
Die vloei van plasma vanaf die Son (deur die sonwind) deurdring die Sonnestelsel. Dit skep 'n stellêre windbel in die interstellêre medium, genaamd die helio- of sonsfeer, wat tot in die middel van die verstrooide skyf strek.
Die planete in die Sonnestelsel (in volgorde van hulle afstand van die Son) is: Mercurius Venus Aarde Mars Jupiter Saturnus Uranus Neptunus
Met die ingang van 2009 is vyf kleiner voorwerpe as dwergplanete geklassifiseer. Ceres is in die asteroïdegordel en vier ander wentel om die Son agter Neptunus: Pluto (voorheen as die negende planeet geklassifiseer), Haumea, Makemake en Eris.
Ses van die planete en drie van die dwergplanete word deur natuurlike satelliete omwentel. Daar word gewoonlik na hierdie satelliete as "mane" verwys, soos die Aarde se eie maan. Al die buitenste planete word deur planetêre ringe van stof en ander partikels omring. Sedert 2016 is daar aanwysings dat daar moontlik nog 'n Planeet Nege bestaan in 'n baie groot wentelbaan.
Ontdekking en verkenning Vir duisende jare het die mensdom (met 'n paar merkwaardige uitsonderings) nie die bestaan van die Sonnestelsel erken nie. Hulle het geglo dat die Aarde 'n stilstaande voorwerp in die middel van die heelal is en dat ons planeet heeltemal anders is as die goddelike of hemelse voorwerpe wat deur die lug beweeg. Alhoewel beide die Indiese wiskundige en sterrekundige Aryabhata (476 – 550) en die Griekse filosoof Aristarchos van Samos (310 v.C. – ongeveer 230 v.C.) gespekuleer het dat die Són moontlik die middelpunt vorm, was Nicolaas Copernicus die eerste persoon wat 'n wiskundige stelselmodel met die Son as middelpunt ontwerp het en ook sterrekundige voorspellings gebaseer op die model kon maak. Sy 17de-eeuse opvolgers, Galileo Galilei, Johannes Kepler en Isaac Newton, het 'n begrip van fisika ontwikkel wat gelei het tot die aanvaarding dat die Aarde om die Son wentel en dat die planete deur dieselfde fisiese wette as die Aarde beheer word. Meer onlangs het dit gelei tot die ondersoek van aardrykskundige verskynsels soos berge en kraters en ander seisoenale meteorologiese verskynsels soos wolke, stofstorms en yskappe op ander planete.
Struktuur duimnael|Die relatiewe massas van die planete in die Sonnestelsel. Jupiter en Saturnus domineer die stelsel met 71% en 21% van die totaal, respektiewelik. Mars en Mercurius het saam minder as 0,1% en is nie sigbaar op hierdie skaal nie. duimnael|400px|Die wentelbane van die liggame in die Sonnestelsel, volgens skaal (kloksgewys van bo links).
Die hoofkomponent van die Sonnestelsel is die Son, 'n hoofreeksster wat 99,86% van die stelsel se bekende massa besit en dit met sy swaartekrag domineer. Jupiter en Saturnus, die twee grootste liggame wat om die Son wentel, besit saam meer as 90% van die res van die stelsel se massa.
Die meeste groot voorwerpe wat om die Son wentel, lê naby die Aarde se wentelvlak (bekend as die sonnebaan). Die planete is baie naby aan die sonnebaan, terwyl komete en Kuiper-gordelvoorwerpe meer afwyk en gewoonlik nie in dieselfde vlak beweeg nie.
Al die planete en meeste ander voorwerpe wentel ook saam met die Son se wenteling (anti-kloksgewys, soos gesien van bo die Son se noordpool). Daar is wel uitsonderings, soos Halley se Komeet.
Kepler se wette van planetêre beweging beskryf die wentelbane van voorwerpe wat om die Son wentel. Volgens Kepler se wette beweeg elke voorwerp langs 'n ellips, met die Son by een van die brandpunte. Voorwerpe nader aan die Son het korter jare. Met 'n elliptiese wentelbaan wissel die afstand tussen die voorwerp en die Son gedurende die loop van die jaar. Die naaste verbygangspunt aan die Son word die perihelium of sonsafstand genoem, terwyl die verste verbygangspunt die aphelium genoem word. Elke liggaam beweeg op sy vinnigste tydens sy perihelium en op sy stadigste tydens sy aphelium. Die wentelbane van die planete is ellipties, dog byna sirkelvormig. In teenstelling hiermee is baie komete, asteroïdes en die Kuiper-gordelvoorwerpe se wentelbane hoogs ellipties.
Siende dat daar sulke uitgestrekte afstande tussen die hemelliggame in ons sonnestelsel is, word hulle dikwels afgebeeld as of hulle almal dieselfde afstand van mekaar is. Die werklikheid is egter heeltemal anders (met 'n paar uitsonderings): hoe verder 'n voorwerp vanaf die Son is, hoe verder is hy ook vanaf die voorwerp voor hom. Byvoorbeeld: Venus is ongeveer 0,33 astronomiese eenhede (AE)Sterrekundinges meet afstande in die Sonnestelsel gewoonlik in astronomiese eenhede (AE). Een AE is ongeveer gelyk aan die gemiddelde afstand tussen die Aarde en die Son, of 149 598 000 km. Pluto is rofweg 38 AE vanaf die son, terwyl Jupiter op ongeveer 5,2 AE geleë is. Een ligjaar is gelyk aan 63 240 AE. verder weg as Mercurius, terwyl Saturnus 4,3 AE ver van Jupiter is en Neptunus 10,5 AE vanaf Uranus is. Daar is al pogings aangewend om die verband tussen hierdie wentelafstande te bepaal (sien die Wet van Titius-Bode), maar geen van die gestelde teorieë is al aanvaar nie.
Meeste van die planete in die Sonnestelsel besit hulle eie sekondêre stelsels. Baie van hulle word ook weer deur planetêre voorwerpe omwentel: natuurlike satelliete (of mane). Sommige van hierdie natuurlike satelliete is groter as planete (maar nie groter as die planeet waarom dit wentel nie). Die meeste van die grootste natuurlike satelliete het 'n sinchroniese rotasie, waar een kant van die satelliet permanent na die planeet gedraai is (soos ook die geval met die Aarde se maan is). Die vier grootste planete besit ook planetêre ringe: dun ringe, saamgestel uit klein partikels wat in ooreenstemming om die planete wentel.
Terminologie Die Sonnestelsel word soms in verskeie streke gedeel. Die binnenste Sonnestelsel sluit die vier aardse planete en die hoof asteroïdegordel in. Die buitenste Sonnestelsel begin na die asteroïdes en sluit die vier reuseplanete in. Met die ontdekking van die Kuiper-gordel word die vêrste dele van die Sonnestelsel as 'n aparte streek beskou, wat bestaan uit die voorwerpe ná Neptunus.
Die voorwerpe wat om die Son wentel word in drie klasse geklassifiseer: planete, dwergplanete en klein sonnestelselvoorwerpe (KSV's). 'n Planeet is enige liggaam wat om die Son wentel wat genoeg massa het om homself deur middel van sy eie swaartekrag in 'n sferiese vorm te vorm en alle kleiner voorwerpe in die onmiddellike ruimte om hom opgesweep of weggeruim het. Volgens hierdie definisie het die Sonnestelsel agt planete: Mercurius, Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus. Voor Pluto sy status as planeet verloor het, is kinders die volgorde van die planete geleer met die eselsbruggie "Meneer Van As, My Jas Sal U Nie Pas. Pluto het sy status as planeet verloor siende dat hy nie die Kuiper-gordelvoorwerpe in sy wentelbaan uit die weg geruim het nie. 'n Dwergplaneet is 'n hemelliggaam wat om die Son wentel, massief genoeg is om deur sy eie swaartekrag 'n sferiese vorm aan te neem, nie die klein voorwerpe in sy omliggende area weggeruim het nie en ook nie 'n satelliet is nie. Volgens hierdie definisie het die Sonnestelsel vyf dwergplanete: Ceres, Pluto, Haumea, Makemake en Eris. Ander voorwerpe wat in die toekoms as dwergplanete geklassifiseer mag word is Sedna, Orcus en Quaoar. Dwergplanete wat verder as Neptunus om die Son wentel staan bekend as plutoïedes. Die oorblywende voorwerpe wat om die Son wentel word klein sonnestelselliggame genoem.
400px|duimnael|links|Die streke of sones van die Sonnestelsel: die binnenste Sonneselsel, die asteroïdegordel, die reuseplanete en die Kuipergordel. Die groottes en wentelbane is nie volgens skaal nie. Planetêre wetenskaplikes gebruik die terms "gas", "ys" en "rots" of "steen" om die verskillende klasse stowwe wat in die Sonnestelsel gevind word te klassifiseer. "Rots" beskryf verbindings met 'n hoë smeltpunt (meer as rofweg 500 K), soos silikaat. Rotsagtige stowwe is algemeen in die binnenste Sonnestelsel: die aardse planete en asteroïdes bestaan uit rotsagtige stowwe. Gasse is stowwe met 'n lae smeltpunt, soos atomiese waterstof, helium en edelgasse: hulle domineer die middelste streek en beide Jupiter en Saturnus bestaan hoofsaaklik uit sulke gasse. Ys, soos die ys van water, metaan, ammoniak en koolstofdioksied, het smeltpunte van tot 'n paar honderd Kelvin. Die meerderheid satelliete van die reuseplanete bestaan uit ysige stowwe, sowel as die talle klein voorwerpe wat agter Neptunus se wentelbaan lê en die oorgrote meerderheid van Uranus en Neptunus se samestellings (daar word ook soms na hulle verwys as die "ysreuse").
Die Son
duimnael|180px|links|Die son, soos gesien in die x-straalstreek van die elektromagnetiese spektrum. duimnael|250px|Die Hertzsprung-Russell-diagram meet die helderheid van 'n ster teen sy kleurindeks. Die hoofreeks is hier sigbaar as 'n prominente diagonale band wat van die hoek bo links tot in die hoek onder regs strek.
Die Son is die Sonnestelsel se ster en verreweg die stelsel se belangrikste komponent. Die Son se groot massa verskaf aan hom 'n binnenste digtheid wat hoog genoeg is om kernfusie te verduur; dit stel enorme hoeveelhede energie vry, wat meestal na die buitenste ruim gestraal word as elektromagnetiese straling, soos sigbare lig.
Die Son word geklassifiseer as 'n taamlik groot geeldwerg, maar die naam is misleidend: in vergelyking met die ander sterre in ons sterrestelsel is die Son groter en helder. Sterre word volgens die Hertzsprung-Russell-diagram geklassifiseer, 'n grafiek wat die helderheid van sterre teen hulle oppervlaktemperatuur karteer. Warmer sterre is oor die algemeen helderder. Sterre wat hierdie patroon volg word beskryf as "hoofreeks"-sterre: ons son lê in die middel van hierdie hoofreeks. Dit is egter skaars dat sterre warmer en helder as die Son is, terwyl dowwer en koeler sterre algemeen is.
Daar word geglo dat die Son se posisie in die hoofreeks beteken dat dit in "die bloei van sy lewe" is, siende dat dit nog nie sy waterstofvoorraad vir kernfusie opgebruik het nie. Die Son word algaande helderder; vroeër in sy geskiedenis was hy 75% so helder as vandag.
Die Son is 'n derde generasie of populasie I-ster; dit beteken dat dit in die latere stadiums van die heelal se evolusie gebore is en 'n groter "metaal"inhoud as populasie II en die teoretiese populasie III-sterre het. Die term "metaal" verwys hier na elemente wat swaarder is as waterstof en helium. Elemente wat swaarder as waterstof en helium is, is vervoer in die kerns van antieke, ontploffende sterre, so die eerste generasie sterre moes sterf voor die heelal met hierdie atome verryk kon word. Die oudste sterre bevat min metale, terwyl nuwer sterre altyd meer bevat. Daar word gereken dat die hoë metaalinhoud beslissend was in die ontwikkeling van 'n planetêre stelsel saam met die Son, siende dat planete gevorm word uit die aanwas van metale.
Interplanetêre materie links|duimnael|Die heliosferiese neutrale vlak.