Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Hakka (volk).

duimnael|links|Die woord Hak-kâ-fa/Hak-kâ-va ("Hakka-taal") geskryf in Tradisionele Chinese (links) en Vereenvoudigde Chinese (regs) karakters Hakka of Kejia (Vereenvoudigde Chinees: 客家话, Tradisionele Chinees: 客家話, pinyin: Kèjiāhuà, letterlik: "Hakka-taal") is 'n Sino-Tibettaanse taal of 'n dialek van Chinees wat in die Volksrepubliek China, die omstrede Republiek China op Taiwan, Singapoer en deur Chinese oorsese gemeenskappe in Indië, Indonesië, Japan, Maleisië, Mauritius, Singapoer, Suid-Afrika, Suriname, Thailand en Viëtnam gepraat word. Die taal het sowat 48,5 miljoen sprekers en is daarmee die sesde mees verspreide dialek van Chinees naas Mandaryns, Wu, Kantonees, Min en Xiang. Dit is die naaste verwant aan Gan en word veral in die Suidoos-Chinese provinsies Guangdong, Fujian en Jiangxi deur die Hakka-volk gepraat.

Hakka het 48 210 500 moedertaalsprekers, terwyl sowat 248 000 mense dit as 'n tweede taal praat. Soos die ander Chinese tale word Hakka met Chinese karakters geskryf, maar soms ook met 'n gemodifiseerde Latynse alfabet. In Desember 2017 het Hakka 'n amptelike taal van die Republiek China op Taiwan geword, saam met Chinees en Formosaanse tale.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Chinees Kategorie:Tale van Indië Kategorie:Tale van Indonesië Kategorie:Tale van Japan Kategorie:Tale van Maleisië Kategorie:Tale van Mauritius Kategorie:Tale van Singapoer Kategorie:Tale van Suid-Afrika Kategorie:Tale van Suriname Kategorie:Tale van Thailand Kategorie:Tale van Viëtnam