Nacional is 'n Uruguaanse sokkerklub van Montevideo. Die klub is een van die grootste in Suid-Amerika en in die wêreld. Die klubkleure is rooi, wit en blou en sy stadion is die Gran Parque Central, wat letterlik 'groot sentrale park' beteken. Nacional is gestig in 1899 deur die samesmelting van Uruguay Athletic Club van La Unión en Montevideo Football Club.

Hulle het al vyf en veertig keer die Uruguay-kampioenskap gewen. Die klub het ook een-en-twintig internasionale toernooie gewen (drie Libertadores Beker, drie Interkontinentale Beker, een Amerikaanse Recopa, twee Interamerikaanse Beker, en twaalf Rioplatense bekers). Die aartsvyand van Nacional is Club Atlético Peñarol. Wedstryde tussen die klubs staan bekend as El Clásico (Die Klassieke).

Erelys Uruguaanse Sokkerkampioen (49) 1902, 1903, 1912, 1915, 1916, 1917, 1919, 1920, 1922, 1923, 1924, 1933, 1934, 1939, 1940, 1941, 1942, 1943, 1946, 1947, 1950, 1952, 1955, 1956, 1957, 1963, 1966, 1969, 1970, 1971, 1972, 1977, 1980, 1983, 1992, 1998, 2000, 2001, 2002, 2005, 2005/06, 2008/09, 2010/11, 2011/12, 2014/15, 2016, 2019, 2020, 2022 Suid-Amerikaanse Kampioen (3) 1971, 1980, 1988. Wêreldkampioen (3) 1971, 1980, 1988. Inter-Amerikaanse Kampioen (2) 1972, 1989. Suid-Amerikaanse Recopa (1) 1989

Beroemde (eks-)sokkerspelers Álvaro Recoba Luis Suárez Atilio García Héctor Scarone Hugo de León Luis Artime

Eksterne skakels

Club Nacional de Football

Kategorie:Montevideo Kategorie:Sokker in Uruguay Kategorie:Sokkerklubs in Suid-Amerika