Die bleekband-stekelwang (Scolopsis ghanam) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee, die Persiese Golf en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Paleband spinecheek.
Identifikasie Die vis word tot 20 cm lank. Die vis se lyf is silwer-grys met verskeie swart of donker bruin kolle op die kante. Daar is ook afwissellende wit en swart strepe bokant die sylyn wat tot op die kop strek. Die vinne is blougrys. Die vis leef in vlak areas naby koraalriwwe in water wat 1 tot 20 m diep is. Hulle is alleenlopers maar kom ook in pare voor. Die vis vreet wurms en klein bodemongewerweldes.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronnelys The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakels Scolopsis ghanam by Fishbase.
Kategorie:Beenvisse