Volgens hadit-tradisie is daar 99 name vir God in Islam, bekend as ʾasmāʾu- llāhi l-ḥusnā (أسماء الله الحسنى) of "Skone Name" (أسماء الحسنى, asmāʾu-l-ḥusnā).Abdullah Saeed, The Qur'an: An Introduction, bl. 63. Londen: Routledge, 2008.

Volgens die 9de-eeuse hadit-versamelings is die tradisie dat daar 99 name is, sahih (betroubaar), terwyl die tradisie van die werklike lys name, waarvan daar verskeie weergawes is, gharib (onbetroubaar) is. Die meeste name kom uit die Koran, maar sommige uit hadit. Die lyste wissel omdat daar in totaal meer as 99 name is om van te kies.

Die name van God kan volgens die volgende eienskappe gegroepeer word: wat met sy goddelikheid te doen het; te doen met sy liefde en barmhartigheid; te doen met sy grootheid en eer; te doen met sy kennis; eienskappe van sy skepping; eienskappe van sy mag.

Al 113 hoofstukke van die Koran buiten een begin met "In die naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige". Hier volg een lys van die name:

No. Transkripsie Arabies Afrikaans 1 Allah الله God 2 Ar-Rahman الرحمن die Barmhartigste 3 Ar-Rahim الرحيم die Genadigste 4 Al-Malik الملك die Koning 5 Al-Quddus القدوس die Heilige 6 As-Salaam السلام die Vrede 7 Al-Mu`min المؤمن die Gelowige 8 Al-Muhaymin المهيمن die Bewaarder 9 Al-`Aziz العزيز die Magtige 10 Al-Jabbar الجبار die Kragtige 11 Al-Mutakabbir المتكبر die Besitter van Alle Grootheid 12 Al-Khaliq الخالق die Skepper 13 Al-Baari` البارئ die Ontwikkelaar 14 Al-Mushawwir المصور die Vormgewer 15 Al-Ghaffaar الغفار die Oneindige Vergewer van die Sonde 16 Al-Qahhaar القهار die Onderwerper 17 Al-Wahhaab الوهاب die Gewer 18 Ar-Razzaaq الرزاق die Skenker van Onderhoud 19 Al-Fattaah الفتاح die Gewer van Oorwinning 20 Al-`Alim العليم die Alwetende 21 Al-Qaabid القابض die Sametrekker 22 Al-Baasit الباسط die Verruimer 23 Al-Khaafid الخافض die Vernederaar 24 Ar-Raafi` الرافع die Verheffer 25 Al-Mu`izz المعز die Skenker van Eer 26 Al-Mudzil المذل die Onteerder 27 As-Sami` السميع die Alhorende 28 Al-Basir البصير die Alsiende 29 Al-Hakam الحكم die Regter 30 Al-`Adl العدل die Regverdige 31 Al-Latif اللطيف die Subtiele 32 Al-Chabir الخبير die Bewuste 33 Al-Halim الحليم die Verdraagsame 34 Al-`Azim العظيم die Grote 35 Al-Ghafur الغفور die Vergewensgesinde 36 As-Shakur الشكور die Waarderende 37 Al-`Ali العلى die Allerhoogste 38 Al-Kabir الكبير die Grote 39 Al-Hafiz الحفيظ die Bewaarder 40 Al-Muqit المقيت die Onderhouer 41 Al-Hasib الحسيب die Opsteller van Rekenskap 42 Al-Jalil الجليل die Verhewene 43 Al-Karim الكريم die Edelmoedige 44 Ar-Raqib الرقيب die Waaksame 45 Al-Mujib المجيب die Verhoorder 46 Al-Wasi` الواسع die Alomvattende 47 Al-Hakim الحكيم die Wyse 48 Al-Wadud الودود die Liefhebber 49 Al-Majid المجيد die Luisterryke 50 Al-Baa`is الباعث die Opwekker van die Dooies 51 As-Shahid الشهيد die Getuie 52 Al-Haqq الحق die Waarheid 53 Al-Wakil الوكيل die Gevolmagtigde 54 Al-Qawiy القوى die Sterke 55 Al-Matin المتين die Standvastige 56 Al-Waliy الولى die Beskermende Vriend 57 Al-Hamid الحميد die Prysenswaardige 58 Al-Muhsi المحصى die Optekenaar 59 Al-Mubdi` المبدئ die Voortbrenger 60 Al-Mu`id المعيد die Hersteller 61 Al-Muhyi المحيى die Lewensgewer 62 Al-Mumit المميت die Lewensontnemer 63 Al-Hayy الحي die Ewiglewende 64 Al-Qayyum القيوم die Selfbestaande 65 Al-Wajid الواجد die Vinder 66 Al-Majid الماجد die Roemryke 67 Al-Wahid الواحد die Unieke 68 As-Samad الصمد die Onafhanklike 69 Al-Qadir القادر die Magtige 70 Al-Muqtadir المقتدر die Oorheerser 71 Al-Muqaddim المقدم die Bevorderaar 72 Al-Mu`akhir المؤخر die Vertrager 73 Al-Awwal الأول die Eerste 74 Al-Akhir الأخر die Laaste 75 Az-Zahir الظاهر die Openlike 76 Al-Batin الباطن die Verborgene 77 Al-Wali الوالي die Regeerder 78 Al-Muta`ali المتعالي die Mees Verhewene 79 Al-Barr البر die Regverdige 80 At Tawwaab التواب die Aanvaarder van Berou 81 Al-Muntaqim المنتقم die Vergelder 82 Al-Afuw العفو die Skenker van Vergifnis 83 Ar Ra`uf الرؤوف die Sagmoedige 84 Maliku-l-Mulk مالك الملك die Koning der Konings 85 Dzul-Jalaali-Wa`l-Ikraam ذو الجلال و الإكرام die Heer van Glorie en Eer 86 Al-Muqsit المقسط die Billike 87 Al-Djami` الجامع die Versamelaar 88 Al-Ghaniy الغنى die Selftoerykende 89 Al-Mughni المغنى die Verryker 90 Al-Mani المانع die Verhinderaar 91 Ad-Dhaar الضار die Bringer van Nood 92 An-Nafi النافع die Begunstiger 93 An-Nur النور die Lig 94 Al-Hadi الهادئ die Gids 95 Al-Badi البديع die Blywende 96 Al-Baqi الباقي die Ewige 97 Al-Warith الوارث die Erfgenaam 98 Ar-Rashid الرشيد die Gids na die Regte Pad 99 As-Shabur الصبور die Geduldige

Honderdste naam ’n Paar weergawes van Hadit suggereer die 100ste naam sal onthul word deur die Mahdi (die verlosser aan die einde van tye). Die Baha’i-geloof beweer Bab is die beloofde Mahdi en dat die 100ste naam onthul sal word as Bahá (Arabies: بهاء ), wat glorie en prag beteken. Bahá is ook bekend as die Grootste Naam.Lambden, Stephen (1993). The Word Bahá': Quintessence of the Greatest Name. Bahá'í Studies Review 3 (1).

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

Kategorie:Islam Kategorie:Godsdiensterminologie