Die Groot Moskee is die grootste en amptelike moskee in Koeweit. Die oppervlakte is 45 000 m2, waarvan die gebou self 20 000 m2 beslaan.
Oorsig Bouwerk aan die moskee het in 1979 begin en is in 1986 voltooi. Die moskee se minaret, in die noordwestelike hoek, is in ’n Andalusiese styl.
Die moskee se koepel is 26 m in deursnee en 43 m hoog, en is versier met die Asma al-hosna, die 99 name van God. Die hoofgebedsaal is 72 m breed en het kiaatdeure en 144 vensters. Daar is plek vir tot 10 000 mans in die gebedsaal en tot 950 vroue in ’n aparte saal. Daar is ook ’n biblioteek van 350 m2 met Islamitiese verwysingsboeke en dokumente.
Galery
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Koeweit Koeweit