duimnael|links|160px|Bora Bora, Tahaa en Raiatea vanuit die ruimte gesien.

duimnael|270px|Ligging in die Geselskapseilande.

Tahaa is ’n atol in die Benedewindse Eilande van die Geselskapseilande in Frans-Polinesië, ’n Franse oorsese gebied in die Stille Oseaan.

Beskrywing Die eiland en die naburige Raiatea word deur dieselfde koraalrif omring en hulle was dalk op ’n tyd een eiland. Tahaa het 5 000 bewoners wat in ’n gebied van 90,2 km2 woon, en het ’n maksimum hoogte van 590 m bo die seevlak.

Tahaa en sy klein eilandjies kan van Raiatea af per boot en vlerkprou bereik word. Ná die kort vaart word reisigers afgelaai op ’n eilandstrand met ’n klein strandmeer en in die verte ’n uitsig op Bora Bora. Dié dele van die Geselskapseilande is minder ontwikkel.

Administrasie Tahaa en die omringende eilandjies is administratief ’n munisipaliteit van die Benedewindse Eilande. Dit bestaan uit: Faaaha Haamene Hipu Iripau Niua Ruutia Tapuamu Vaitoare

Die administratiewe sentrum is Patio.

Vanieljevervaardiging Op die eiland word 70-80% van alle Frans-Polinesiese vanielje vervaardig. Dit is vanweë die sterk reuk van vanielje ook bekend as Vanielje-eiland. Verder is hier pêrels van besonder hoë gehalte.

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geselskapseilande Kategorie:Atolle