Tupai, ook bekend as Motu Iti, is ’n laagliggende atol in die Benedewindse Eilande van die Geselskapseilande in Frans-Polinesië, ’n Franse oorsese gebied in die Stille Oseaan. Dit is 19 km noord van Bora Bora en is net 11 km2 groot.

duimnael|250px|links|Ligging in die Geselskapseilande.

Die breë koraalrif, met ’n feitlik aaneenlopende string klein eilandjies, omsluit ’n vlak en sanderige strandmeer. Tupai het geen heeltydse inwoners buiten werkers in die klapperplantasies nie.

Daar is ’n privaat vliegveld op Tupai. Dit is in 2001 ingewy en die gebruik daarvan word beperk.

Administrasie Tupai behoort administratief tot die munisipaliteit Bora Bora.

Eksterne skakels www.oceandots.com 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geselskapseilande Kategorie:Onbewoonde eilande Kategorie:Atolle