Saint-Tropez 280px Kaart Wapen 180px|center 90px|center Vlag 90px|center Land Région (gewes) 20px Provence-Alpes-Côte d'Azur Département 20px Var Koördinate Stigting Oppervlakte: - Totaal 11,18 vk km Hoogte bo seevlak 0-115 m Bevolking: - Totaal (2009) 4 903 - Bevolkingsdigtheid 439/vk km - Metropolitaanse gebied 8 159 Tydsone UTC +1 - Somertyd UTC +2 Burgemeester Jean-Pierre Tuveri Amptelike webwerf saint-tropez.fr
Saint-Tropez is 'n klein hawestad in die département Var (Frankryk) met sowat 5 000 inwoners. Die dorp lê aan die Côte d'Azur (Bloukus) en aan die voet van die Massif des Maures (Maures-gebergte). Saint-Tropez is sedert die vyftigerjare 'n gewilde vakansieoord met jaarliks sowat vyf miljoen toeriste en is 'n bekende kunstenaarskolonie.
Bo-oor die stad lê die sitadel uit die jaar 1592 (Frans: "La Citadelle"), wat as uitkykplek dien en 'n museum vir seevaart en die plaaslike geskiedenis huisves.
Geskiedenis duimnael|links|upright|Die kerk van Saint-Tropez Volgens 'n ou legende is die naam van die stad afgelei van die Romeinse martelaar Tropes. Ná sy onthoofding word sy lyk in 'n boot gegooi, wat later in die golf van Saint-Tropez vergaan.
Sedert die twintigerjare is die stad 'n ontmoetingsplek vir Frankryk se modebedryf, en ná die Tweede Wêreldoorlog kom bekende Franse eksistensialiste hier bymekaar.
Danksy die rolprentster Brigitte Bardot raak Saint-Tropez vanaf die vyftigerjare van die vorige eeu as 'n vakansieoord van die welgesteldes gewild.
Eksterne skakels
Plesierbote
Charterworld St Tropez Media
Radio NRJ Saint-Tropez met video's en nuusberigte
Kategorie:Munisipaliteite in Provence-Alpes-Côte d'Azur Kategorie:Nedersettings in Provence-Alpes-Côte d'Azur Kategorie:Nedersettings langs die Middellandse See