duimnael|Die Côte d'Azur duimnael|'n Kaart van die Côte d'Azur duimnael|Sonaanbidders aan die Côte d'Azur duimnael|Die promenade van Nice duimnael|Saint-Tropez

Die Franse Riviera of Côte d'Azur ("asuurblou kus") vorm die mees oostelike deel van die Mediterreense kus van Suid-Frankryk. Dit is ’n gesogte deel van die Mediterreense kus en sluit die stede Nice en Cannes in.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Die Franse Riviera strek van die stad Toulon in die weste tot by die Italiaanse grens in die ooste. Dit is 'n deel van die gewes (région) Provence-Alpes-Côte d'Azur en sluit die kuslyn van die départements Var en Alpes-Maritimes en die Vorstedom Monaco in. Naas Monaco is Cannes, Saint-Tropez, Menton, Antibes en Nice die mees bekende stede langs die kus.

Die kus het sy naam aan die asuurblou hemel te danke, en die gebied spog met meer as 300 sonskyndae per jaar.

Die Franse Riviera se agterland is bergagtig; die Alpe strek in die ooste tot by die kuslyn. 'n Ander bekende gebergte is die Massif des Maures. Die westelike deel van die kusgebied word deur rooi rotse gekenmerk.

Die Franse Riviera is een van die gewildste Franse vakansiebestemmings en lok ook baie buitelandse toeriste. 'n Groot aantal Europese bekendes en afgetredenes beskik oor villa's of woonstelle in die gebied.

Plekke Plekke aan die Franse Riviera, van wes na oos: Hyères Saint-Tropez Sainte Maxime Les Issambres Saint-Raphaël Cannes Juan-les-Pins Antibes Biot Sophia Antipolis Nice Villefranche-sur-Mer Saint-Jean-Cap-Ferrat Beaulieu-sur-Mer Monaco Monte Carlo Menton

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Landvorme van Frankryk Kategorie:Middellandse See