Die Derde Liga (tot 2016 Topklasse geheet) is die vierde vlak in die Nederlandse sokkerkompetisies en is semiprofessioneel.

Die Derde Liga is opgedeel in twee aparte kompetisies: die Saterdag Derde Liga (vir spelers wat vanweë hulle geloofsoortuigings nie op Sondag mag speel nie). die Sondag Derde Liga.

Die kampioene speel in Mei 'n dubbel-eindstryd vir die algehele amateurkampioenskap. Die kampioen skuif op na die Tweede Liga. Die nommers 14, 15 en 16 relegeer na die Hoofdklasse. In 2020 en 2021 is as gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie geen kampioen gekroon nie.

Klubs in die Saterdag Derde Liga 2021–22 ACV Ajax Amateurs Barendrecht DOVO DVS '33 Excelsior '31 GOES Harkemase Boys HSV Hoek Lisse ODIN '59 Sparta Nijkerk Sportlust '46 SteDoCo Staphorst Ter Leede VVOG VVSB

Klubs in die Sondag Topklasse 2021–22 ADO '20 Blauw Geel '38 DEM Dongen EVV Gemert Groene Ster USV Hercules Hollandia Hoogland HSC '21 JOS Watergraafsmeer OFC Oss '20 Quick Den Haag UNA Unitas Westlandia

Wenners Die wenners van beide Derde Liga ('Topklasse' tot 2016). Die wenner van die eindstryd tussen die Saterdag- en Sondagwenner is vetgedruk. SeisoenWenner SaterdagDorpWenner SondagDorpTellingInfo 2011 IJsselmeervogels Spakenburg FC Oss Oss 2-0 & 2-0 FC Oss het na die Eerste Liga gepromoveer, omdat IJsselmeervogels nie wou promoveer nie. 2012 SV Spakenburg Spakenburg Achilles '29 Groesbeek 0-3 & 0-2 Daar is nie 'n span wat wou promoveer nie, dus het beide spanne in die Topklasse geblyf. 2013 vv Katwijk Katwijk Achilles '29 Groesbeek 0-0 & 3-0 Achilles '29 het na die Eerste Liga gepromoveer, vv Katwijk wou nie promoveer nie. 2014 SV Spakenburg Spakenburg AFC Amsterdam 4-1 & 2-3 2015 Kozakken Boys Werkendam FC Lienden Lienden 0-1 & 0-2 2016 Excelsior Maassluis Maassluis FC Lienden Lienden 2-0 & 2-3 2017 IJsselmeervogels Bunschoten ASV De Dijk Amsterdam 2018 SV Spakenburg Spakenburg Vitesse Arnhem Arnhem 2019 VV Noordwijk Noordwijk FC Volendam Volendam 2020 geen – geen – 2021 geen – geen – 2022 FC Lisse Lisse OFC Oostzaan

Kategorie:Nederlandse sokkerligas