Dit is moontlik om – deur middel van 'n objektiewe wetenskaplike studie van stereotipes in die letterkunde, genaamd Imagologie – deur middel van literêre tekste gekonfronteer te word met eie stereotipes en te groei tot 'n bewustheid van die relatiwiteit daarvan.Kruger, E. 2002. Imagologie en die bestudering van literêre stereotipes in die onderrig van Afrikaans as Addisionele taal. Literator, 23(3):197-219.
DegenaarDegenaar, J.J. 1990. Intertekstualiteit. In: MALAN, C. & JOOSTE, G.A. Onder andere. Die Afrikaanse letterkunde en kulturele kontekste. ALV Publikasiereeks 4. Pretoria: UNISA. maak die opmerking dat die letterkundige self-referensialiteit moet beoefen, metodologiese verantwoording moet doen en bewus moet wees van die konteks waarin, en die waardes waarmee sy haar vak beoefen. Die keuse van die Imagologie as teoretiese raamwerk hou verband daarmee dat enige opvoeder wat betrokke is in die onderrig van letterkunde in 'n multikulturele Suid-Afrika, kennis behoort te neem van die konteks waar leerders individuele verskille met hulle saamdra. As gevolg van die persoonlike, sosiale en kulturele verskille, kom interkulturele konflik in taalklaskamers voor en dit kan ontlont word deur die betrokkenheid en afstand wat 'n studie van stereotipes kan bied. Die Imagologie as studie van beelde (“images”) bied 'n bruikbare raamwerk vir die ondersoek van nasionale en kulturele waardes, juis omdat dit stereotipes in die literatuur bestudeer, en spesifiek konsentreer op die literêre verwoording van nasionale en kulturele identiteit.
In hierdie artikel word gefokus op die gevoelens wat die Self en die Ander in By fakkellig (Karel Schoeman) teenoor mekaar het, hoe dit kognitief verwerk word en ideologies geïnterpreteer word. Daarmee saam word ook aandag gegee aan die interpersoonlike implikasies van hierdie waarnemings en die ruimte van die Ander, sowel as die stereotipes wat ter sprake is tydens die reis van die Self na die Ander en die mate waarin interkulturele kontak met die Ander bydra tot die vorming en vestiging van die identiteit van die Self.
In By fakkellig (1965) deur Karel SchoemanSchoeman, K. 1966. By fakkellig. Kaapstad: Human & Rousseau. is dit moontlik om aan die hand van 'n imagologiese analise te konsentreer op die relatiwiteit van kulture aan die hand van ooreenkomste en verskille en kan gekyk word hoe die sienings van die Self en die Ander die gevolg is van historiese gebeure. Deur te let op die volgende aanhalings kan beklemtoon word dat By fakkellig 'n roman is waarin dit gaan om die hoofkarakter wat sy bestemming bereik en in die proses kom by insig van die Self en die Ander met wie hy in kontak is: "Elke wese is goed juis omdat dit bestaan en in soverre dit bestaan om die doel te verwesenlik wat in hom skuil, en deur hierdie verwesenliking word hy volmaak".Schoeman, K. 1968. Van 'n verre eiland. 'n Tweede Ierse dagboek. Kaapstad: Human & Rousseau. "Om onsself te ken moet ons al die gestaltes ken wat in ons aanwesig is” (Van Wyk Louw, aangehaal deur Gillomee, referaat gelewer tydens die ALV-kongres, Oktober 2000). "Die sin van die lewe word gevind in die geheel, in doelrealisering, in lewensbesef” (Hans Ester, referaat gelewer tydens die ALV-kongres, Oktober 2000). Imagologie Leerssen bespreek in terme van ruimte- en tydbeelding twee suster-genres wat deur die Imagologie bestudeer word. Eerstens is die "romance" 'n soort verhaal waar daar genoeg avontuur en spanning is om die belangstelling van die leser te behou. Dit handel gewoonlik oor herkenbare karakters waarmee die leser kan identifiseer, meestal omdat hulle stereotipies uitgebeeld word. Teenoor die "romance" staan die "novel", wat realistieser is, met meer aandag vir die sosiale of psigologiese omstandighede waarin die karakters verkeer. Laastenoemde genre is meer ernstig, besadig, respektabel, soms met "een kritische … noot, maar soms ook wat saai". Verder is 'n tipiese novelle een waar die hoofkarakter 'n persoon is van potensiële voortreflikheid wat in Ierland aankom, en hier vind die leser 'n tipiese beskrywing van die hoofkarakter David in By fakkellig (Karel Schoeman): he … possesses every qualification for a rich and interesting life, yet nothing noteworthy has ever happened to him, and he is full of spleen until … he is dragged into a whirl of undreamt-of adventures, his former habits, prejudices and ways of thinking suddenly give way to an all-absorbing passion, which irresistibly hurries him towards bliss or destruction, as the case may be. Indien By fakkellig binne 'n literêre genre geplaas word,is daar verskeie redes waarom hierdie roman as 'n kombinasie van "romance" en "novel" gesien kan word (vergelyk Leerssen se beskrywing van Anglo-Ierse letterkunde.Leerssen, J. 1990. Verbeelding en wereldbeeld: over exotische avonturenverhalen en Europese cultuurnormen. Forum der Letteren 31:161-174. Leerssen noem en bespreek verskeie voorbeelde van eksotisistiese "romances", en By fakkellig kan in hierdie genre geplaas beskou word.
Dit is ook moontlik om Schoeman se verhaal te sien as voorbeeld van "novel", as gekyk word na Leerssen se bespreking van Scott, Morgan en Maturin se Anglo-Ierse verhale wat afspeel teen 'n romantiese agtergrond binne die meer aardse en historiese konteks van die novelle. Genoemde outeurs maak gebruik van "the technique of deliberate oscillations between, and juxtaposition of, the two Irelands".Leerssen, J. 1991. Fiction poetics and cultural stereotype: local colour in Scott, Morgan, and Maturin. The Modern Language Review, 86(2):273-84. Ook JoosteJooste, G.A. 1999. Karel Schoeman (1939-). In: Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Pretoria: J.L. van Schaik. verwys na die hoofkarakter se begeerte om hom van die plaaslike werklikheid los te maak, met 'n ietwat romantiese drang om 'n elders op te soek.
Met die oog op die imagologiese bestudering van By fakkellig wat handel oor 'n ontmoeting tussen 'n jong Engelsman en die Iere in Ierland rondom 1798, kan daar gekyk word na die wyse waarop die Self (die Engelse) en die Ander (die Iere) oor die algemeen in Anglo-Ierse literêre tekste uitgebeeld is. Stereotipes van Iere deur die Engelse in die Anglo-Ierse literatuur is volgens Leerssen dat hulle barbare is, "halve wilden die dringend onder Engels bestuur gesteld dienden te worden omdat ze niet beschaafd genoeg waren om aan hun eigen beestachtigheid te worden overgelaten".
Analise van stereotipes en interkulturele konflik in By fakkellig (Karel Schoeman)
Agtergrond In 1966 verskyn Karel Schoeman se roman, By fakkellig, en verskeie resensies toon aan hoe die roman gebaseer is op die geskiedenis van die Ierse rebellie in 1798. JansenJansen, E. 1977. By Fakkellig. Blokboek 24. Pretoria: Academica. motiveer waarom dit as 'n historiese roman gelees kan word, maar SteenbergSteenberg, D.H. 1977. Engagement en By fakkellig. In: Steenberg, D.H. Rondom Sestig. Perspektiewe op die nuwe Afrikaanse prosa. Kaapstad: HAUM. verskil van Jansen, en meen dat dit slegs die raamwerk van die romangebeure is wat direk histories waar is en dus 'n besondere geloofwaardigheid en egtheid kry.
Om By fakkellig te plaas binne Schoeman se oeuvre, maak sowel Steenberg as DeudneyDeudney, E. 1979. Betrokkenheid as literêre perspektief. Ongepubliseerde D. Litt.-verhandeling. Johannesburg: RAU. 'n studie van die roman se sosio-politieke betrokkenheid. Alhoewel die roman vir etlike jare voorgeskryf was vir matriek Eerste Taalleerders, is dit nie eintlik in terme van stereotipes bestudeer nie. Meestal is gefokus op die hoofkarakter se buitestaanderskarakter en ander strukturele elemente.
'n Aspek wat uitstaan in terme van literêre beelding is die presentasie van die hoofkarakter (David) se identiteit as deel van die Engelse, wat groei namate hy betrokke raak by die Iere se alteriteit. David ontdek sy Self hoe meer hy deel word van die Ander en deelneem aan hulle bestaan. Ook betekenisvol is die mate waarin David se stereotipes van die Ander minder word soos wat hy hulle as mense begin sien en ervaar en nie meer as net deel van 'n anonieme onbekende horde nie. Dit lyk dus ook gepas om die roman binne imagologiese kader te plaas, behalwe dat dit as deel van "engagement" literatuur gesien kan word (vgl. Brink, 1973).
Schoeman is bekend daarvoor dat hy sekere temas verweef in sy letterkundige werke. Hierdie temas kan ook onderskei word in By fakkellig, naamlik die hoofkarakter se vreemdeling- en reisigerskap, onvermoë om hom met sy werklikheid te versoen, pessimistiese ondergangsvisie, (vgl. Steenberg se bespreking van eksistensialisme in hierdie roman), waarneming van Afrika vanuit 'n hoofsaaklik Europese afstand (in hierdie geval deur skuinsverwysing), onoplosbare tweespalt tussen liefde vir die eie en verwerping daarvan. Motiewe wat duidelik onderskei kan word, is die belewing van lig en donker (dikwels om silhoeët en helderheid van insig of visie uit te beeld), asook die gang van die seisoene as deel van die hoofkarakter se groei en insig.
Intertekstualiteit Twee van By fakkellig se implisiete intertekste – Schoeman se twee Ierse dagboeke – bevestig dat dié roman geskik is vir imagologiese ontleding, omdat die karakters binne 'n geskiedkundige gegewe geplaas word. Steenberg gebruik Berig uit die vreemde (1966) om die historisiteit van enkele figure in die roman uit te lig.
Dit is veral in Van 'n verre eiland (1968), wat gepubliseer is ná die verskyning van By fakkellig, waar die leser intertekstuele verwysings vind om te bevestig dat die skrywer se verblyf in Ierland hom bewus gemaak het van die land se geskiedenis en die ooreenkomste met Suid-Afrika. Die vervalle Donore-landgoed word beskryf en die vergelyking met Suid-Afrika word eksplisiet getref as Schoeman die betekenis van die naam verskaf:dieselfde onreg … daardie huis (by implikasie: Suid-Afrika) sou ons ook Dún Odhar kan noem … Dún Uabhair … en dit sal ook 'n puin word … die trotse fort of vesting (Dún Uabhair); die gevalle engele word clann uabhair genoem, die kinders van die hoogmoed. Of miskien was dit oorspronklik Dún Odhar, die goue vesting (p.85).Ander eksplisiete intertekste wat deur die karakters in die roman self gelees en bespreek word, is die geskrifte wat ontstaan het rondom die Franse Rewolusie, geskryf deur Rousseau (Discours, Contrat SocialSchoeman, K. 1965. Veldslag: Twee novelles. Kaapstad: Human en Rousseau.), Voltaire, Montesqieu en Diderot. Ook die Bybel word dikwels aangehaal en bespreek.
Beelding van ruimte en tyd Volgens die imagologiese raamwerk ondergaan die Self dikwels 'n reis na die Ander, wat 'n mengsel van estetiese verwagtings en konkrete ervarings is.Syndram, K.U. 1991. The aesthetics of alterity: Literature and the imagological approach. In: Leerssen, J.Th. en M. Spiering, M. 1991. National identity – symbol and representation. Amsterdam: Rodopi. Dikwels vind 'n reis plaas waardeur die karakter beweeg tot persoonlike volwassenheid en geluk – iets wat plaasvind as gevolg van die ontmoeting van die Self met die Ander.Leerssen, J. en K.U. Syndram. 1992. Europa Provincia Mundi. Amsterdam: Rodopi.