Die term outo-etnografie bestaan uit drie woorddele: outo (self), etno (kultuur) en grafie (proses) wat die tekstuele voorstelling van 'n individu se persoonlike ervaringe in sy/haar sosiale, politieke, ekonomiese en kulturele konteks verduidelik.Luitel, B.C. 2003. Narrative explorations of Nepali mathematics curriculum landscapes: An Epic Journey. Ongepubliseerde MS-verhandeling. Curtin: Curtin University of Technology. Outo-etnografie is eenders en terselfdertyd anders as etnografie, gebaseer op die proses, die kultuur en die self. Dit is navorsing weens die verhalende en verduidelikende aspekte, wat die konneksie tussen die persoonlike en die kulturele bied en blote selfnarratief oortref weens die analitiese en interpretatiewe aard daarvan.Chang, H. 2008. Autoethnography as method. Walnut Creek CA: Left Coast Press, INC.

'n Onderliggende bekommernis van navorsers in 'n opvoedkundige konteks is die vraag vir wie hierdie tesis waarde sou hê? Wie sou dit lees as die oorgrote meerderheid van sy lesers nie die woorde of konsepte verstaan nie, as gevolg van die trant waarin dit geskryf is? Elke ervaring bied die geleentheid vir die navorser om die navorsingsverhaal te vertel op so 'n wyse dat ander dit sal kan verstaan en gebruik. Elke leser lei die betekenis van hierdie tesis as teks af vanuit die verwysingsraamwerk, diskoersgemeenskap en kultuur, waaraan hy/sy behoort.

Hierdie artikel bespreek die gebruik van outo-etnografie as navorsing en verslag in opvoedkundige konteks. Dit bespreek tersaaklike terminologie, naamlik etnografie en outo-etnografie. Verder voer dit argumente aan hoekom outo-etnografie gebruik sou kon word, wat die kritiek teen hierdie wyse van navorsingsverslag is, wat die slaggate in so 'n soort navorsing is, en wat die voordele van outo-etnografie is. Uiteindelik bespreek dit ook die narratiewe benadering wat ten grondslag van hierdie vorm van navorsing lê.

Etnografie Etnografie – as 'n teoretiese oriëntasie en filosofiese paradigma binne die verwysingsraamwerk van antropologie – behels die nimmer-eindigende probeerslae om spesifieke gebeure, geleenthede en die verstaan daarvan in 'n voller, ryker en meer betekenisvolle konteks te plaas.Tedlock, 2000 in Denzin, N.K. & Lincoln, Y.S. (reds.). 2000. Handbook of qualitative research. London: Sage Publications. Etnografie behels die wýse waarop informasie of data in geskrewe woord of teks verander kan word. Hierdie aspek is vir navorsers van belang, want hierdeur kon persoonlike ervaringe gekoppel word aan 'n kennisarea, wat akademiese rekenskap aan 'n navorsingsverslag gee.

Etnografie maak staat op geleefde ervaringe, wat die lees van 'n verslag meer ontvanklik en leesbaar vir die meerderheid van die opgevoede publiek maak en navorsing gevolglik in 'n meer betekenisvolle konteks plaas. Hiervolgens word navorsers se eie navorsingstekste belangrike bronneArchetti, 1994:11-13; Rogers, 1997; Shryock, 1996, 1997; Terrio, 1998:27-28

Die navorser as etnograaf, net soos enige ander skrywer, het te make met bepaalde genres en style waaruit skryfwerk dus ontstaan.

Outo-etnografie Outo-etnografie (volgens EllisEllis, C. 2004. The Ethnographic I: A methodological novel about autoethnography. Walnut Creek CA: Altimira Press. en Ellis en BochnerEllis, C. & Bochner, A. 2000. Autoethnography, Personal Narrative, Reflexivity. In N. Denzin and Y. Lincoln (reds.), Handbook of Qualitative Research. Thousand Oaks, CA: Sage. 733-68.) soos wat dit gebruik word vir die afgelope twee dekades, sluit 'n wye reeks van skryfbenaderinge tot navorsing in, wat veral die persoonlike aspekte met die kulturele verbind. Ook volgens RichardsonRichardson, L. 2000(a). New writing practices in qualitative research. Sociology of Sport Journal 17:5-20.

Richardson, L. 2000(b). Writing: a method of inquiry. In N. Denzin and Y. Lincoln (reds.). Handbook of Qualitative Research. Thousand Oaks, CA: Sage. 516-29. is outo-etnografie uiters persoonlike en onthullende tekste waarin die skrywer die storie vertel van eie geleefde ervaringe wat verband hou met die persoonlike tot die kulturele.

Skryf was nog altyd 'n manier van weet, 'n manier om uit te vind oor die onderwerp van skrywe, maar ook oor die self. Outo-etnografiese skrywe vertoon die skryfproses, sowel as die skryfproduk as interverweef − op so 'n wyse dat dit mense se emosies en geleefde ervaringe uitlok om te verhoed dat hulle vervreem word van opregte verstaan van die proses. Die navorser se eie poging tot 'n geleefde verhaal plaas hom/haar in gesprek met sigself, maar ook in gesprek met die leser. Om in gesprek met die self te wees het beduidende waarde:

“In conversation with ourselves we expose our vulnerabilities, conflicts, choices, and values. We take measure of our uncertainties, our mixed emotions and the multiple layers of our experience. Our accounts seek to express the complexities and difficulties of coping and feeling resolved, showing how we changed over time as we struggled to make sense of our experience. Often our accounts of ourselves are unflattering and imperfect, but human and believable. The text is used, then, as an agent of self understanding and ethical discussion”.

In outo-etnografie navorsing binne opvoedkundige konteks staan die wyse waarop die teks as 'n literêre reis geskryf word voorop, terwyl die navorser as skrywer en opvoeder reflekteer oor eie praktyke en hoe hy/sy die toekoms daaruit uitsien.

Outo-etnografie “...involves setting a scene, telling a story, weaving intricate connections among life and art, experience and theory, evocation and explanation… and then letting go, hoping for readers who will bring the same careful attention to our words in the context of their own lives.”Jones, S.H. 2005. Autoethnography: Making the personal political. In Denzin and Lincoln (reds.). Handbook of Qualitative Research (3rd edition). 763-91.

Hoekom outo-etnografie? “…knowing if one can think differently than one thinks, and perceive differently that one sees, is absolutely necessary if one is to go on looking and reflecting at all.”Foucault, M. 1987. The use of pleasure: The history of sexuality Volume II. Hammondsworth: Penguin.Die self is 'n sosiale individu wat leer om ander te verstaan deur te reflekteer oor die self in sosiale interaksie met ander.Wall, S. 2006. An Autoethnography on Learning about Autoethnography. International Journal of Qualitative Methods 5(2):1-11. Elke individu leer hoe die wêreld gedefinieer word en hoe om hulself en hul verhoudinge met ander te herdefinieer deur refleksie van wat ander doen. Outo-etnografie laat ander se ervaringe toe om die moontlikheid van kritiese self-refleksie tot gevolg te hê.Sparkes, A. C. 2002. Autoethnography: Self indulgence or something more? In Bochner, A. P. & Ellis, C. (reds.). 2002. Ethnographically speaking. Autoethnography, literature, and aesthetics. New York: Rowman & Littlefield. 209-32. Goeie outo-etnografiese navorsing strek veel wyer as net die navorser se eie self (a) Reed-Danahay, D. E. 1997. Leaving home: Schooling stories and the ethnography of auto ethnography in rural France. Oxford: Oxford University Press.

(b) Reed-Danahay, D.E. 1997. Auto/Ethnography: Rewriting the self and the social. Oxford, UK: Berg.Crawford, L. 1996. Personal Ethnography. Communication Monographs 63(2):158 –68..

Hiervolgens is dit 'n werklikheid om te leer oor die algemeen deur te let op die spesifieke gebeure, insidente en ervaringe van 'n enkele navorser.Church, K. 1995. Forbidden narratives. Londen: Gordon and Breach Publishers. Outo-etnografiese skrywe gee aanleiding tot self-refleksie, aksie en verdere refleksie wat die self en die lewe kan verander.Smith, L. M. 1998. Biographical method. In Denzin, N. K. & Lincoln, Y. S. (reds.). Strategies of qualitative inquiry. Thousand Oaks: Sage Publications. So 'n studie kan die persoonlike met die kulturele kombineer en geleefde ervaringe met bestaande kennis verbind om navorsers op hierdie terrein toe te laat dat dit wat hulle hieruit geleer het, tot 'n nuwe kontekstuele verstaan van hulle eie persepsies en metodiek kon kom.

‘’n Outo-etnografiese teks het die potensiaal om lesers toe te laat om hul verbeelding te gebruik deurdat soortgelyke omstandighede of ervaringe hulle uitnooi om te identifiseer met hulle ervaringe en om te leer uit hulle gevolgtrekkinge. Dit is 'n pertinente wyse waarop navorser as skrywer sigself beter kan verstaan.

Outo-etnografiese metodologie verskaf ook die konseptuele bewuswording van die navorser se groeimomente wat hom/haar, sowel as die lesers, lei tot insigte rakende die implikasies, voorstelle en oplossings oor kreatiewe skryf wat bestaan.

As outo-etnograaf volg die navorser as opvoedkundige steeds 'n sistematiese navorsingsproses waar data ingesamel, geanaliseer en geïnterpreteer is.Clandinin, J.D. & Connelly, F.M. 2000. Narrative inquiry: Experience and story in qualitative research. San Francisco: Jossey-Bass. Dit is die soeke na verstaan van ander deur die self. Die self word 'n belangrike onderwerp om na te let en 'n baie spesifieke en bepaalde lens om deur te kyk na die konsep van verstaan.Chang, H. 2008. Autoethnography as method. Walnut Creek CA: Left Coast Press, INC. Die gebruik van persoonlike ervaringe as primêre data onderskei outo-etnografie in die veld van etnografiese studies, want hiervolgens word individuele stories geraam in die konteks van die groter storie en die groter konteks.Muncey, T. 2005. Doing autoethnography. International Journal of Qualitative Methods 4(1):1-12.

As poststrukturele navorsing daag die navorser met behulp van outo-etnografie eenrigtingdenke uit wat soek na verandering op dieselfde wyse waarop hy/sy as navorser pleit vir verandering in die gekose konteks.

Kritiek teen outo-etnografie “Expert knowledge is socially sanctioned in a way that commonsense or personal knowledge is not.”“How knowledge is produced and who produces it are important in how status is attributed to knowledge.”Outo-etnografiese navorsing kry sterk kritiek vanuit verskeie positivistiese, selfs kwalitatiewe akademiese navorsingskringe kan ontvang nie. Die meeste akademici is nie gereed om dit as navorsing te beskou nie.

DelamontDelamont, S. 2007. Arguments against Auto-Ethnography. Qualitative Researcher (4):2-4. stel dit duidelik dat outo-etnografiese navorsing lui is – letterlik lui, selfs intellektueel lui. Hiervolgens is haar kritiek dat dit nooit objektief kan wees nie. Dit kan nie voldoen aan etiese standaarde nie en is hoogs eksperimenteel van aard. Outo-etnografie fokus op the powerful and not the powerless en dit maak navorsers lui vir data-insameling. Die navorser is volgens Delamont ook nie interessant genoeg om oor te skryf in akademiese joernale, om oor te onderrig, of om enige vorm van aandag te verwag van ander nie.