Die Tuha'a Pae, of Austraaleilande (Frans: Îles Australes of Archipel des Australes), is die mees suidelike groep eilande van Frans-Polinesië, ’n oorsese gebied van Frankryk in die Stille Oseaan. Geografies bestaan hulle uit twee aparte argipels, Tupua'i (Îles Tubuaï) in die noordweste en die Basseilande (Îles basses) in die suidooste. Eersgenoemde bestaan uit Îles Maria, Rimatara, Rūrutu, Tupua'i en Ra'ivāvae; en laasgenoemde uit die hoofeiland, Rapa Iti, en die kleiner Marotiri. Die bewoners van die eilande is bekend vir hul weefwerk.

Die eilande Maria en Marotiri is nie geskik vir onderhoubare bewoning nie. Verskeie van die eilande het onbewoonde eilandjies of rotse aan hul kus.

Die Austraaleilande het ’n bevolking van sowat 6 300 op byna 150 km2. Die hoofstad is Tupua'i, maar die grootste stad is Rūrutu met ’n bevolking van 2 322.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste Munisipaliteite, met kaarte 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Argipels Kategorie:Eilande van Frans-Polinesië