duimnael|200px|’n Totempaal in Ottawa in Ontario, Kanada.
’n Totem (van die woord dodaem in die inheemse Noord-Amerikaanse taal Ojibwe) is ’n gees, heilige voorwerp of simbool wat as embleem dien van ’n groep mense soos ’n familie, clan, lyn of stam.
Hoewel die term uit Ojibwe kom, is die geloof in geeste en gode nie beperk tot die inheemse volke van die Amerikas nie; dit is algemeen in verskeie kulture wêreldwyd, soos dié van Afrika, Arabië, Asië, Australië en Europa. Mense in dié beskawings het egter ander name vir hul beskermingsgeeste en praat selde van "totems".
Totempale Hoofartikel: Totempaal Totempale van die Pasifiese Noordweste van Noord-Amerika is enorme heraldiese pale. Dit sluit baie ontwerpe in, soos baarde, voëls, paddas en verskeie bonatuurlike wesens wat as wapens van families of stamhoofde dien. Hulle vertel stories van dié mense en gedenk spesiale geleenthede.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Mitologiese wesens Kategorie:Religieuse wesens Kategorie:Religie Kategorie:Kultuur in die Amerikas