Alfred Métraux (5 November 1902 – 11 April 1963) was ’n Switserse antropoloog, etnoloog en menseregteleier.
Hy het belangrike inligting gepubliseer oor Suid-Amerika se Indiane, die voedoeïsme van Haïti en die antieke samelewings van Paaseiland. Hy het onder meer deelgeneem aan die opstel van die Verenigde Nasies se Verklaring oor Menseregte. Sy boeke sluit in Voodoo, The History of the Incas en Easter Island.
Métraux het selfmoord gepleeg deur ’n oordosis kalmeermiddels te neem.Alfred Métraux by KronoBaseSteven R. Fischer - Rongorongo: The Easter Island Script : History, Traditions, Texts
Verwysings
Kategorie:Switserse wetenskaplikes Kategorie:Paaseiland Kategorie:Geboortes in 1902 Kategorie:Sterftes in 1963