Die Marquesaseilande (Frans: Îles Marquises of Archipel des Marquises; Marquesaans: Te Henua (K)enana (noorde) of Te Fenua `Enata (suide), wat albei "Die Land van die Mens" beteken) is ’n groep vulkaniese eilande in Frans-Polinesië, ’n oorsese kollektief van Frankryk in die suidelike Stille Oseaan. Die hoogste punt is die piek van die berg Oave op die eiland Ua Pu – 1 230 m bo die seevlak.
Volgens navorsing in 2010 is die eilande vinnig in twee vlae gekoloniseer deur inheemse bewoners van Wes-Polinesië. Dit het in ~1025-1120 n.C. begin en gelei tot die ontwikkeling van ’n "merkwaardig eenvormige kultuur, menslike biologie en taal".Janet M. Wilmshurst, Terry L. Hunt, Carl P. Lipo en Atholl J. Anderson. "High-precision radiocarbon dating shows recent and rapid initial human colonization of East Polynesia", PNAS, vol. 108 no. 5, doi: 10.1073/pnas.1015876108, URL besoek op 26 Oktober 2015
In die 21ste eeu vorm die Marquesaseilande een van die vyf administratiewe afdelings van Frans-Polinesië. Die hoofstad is Taiohae op die eiland Nuku Hiva. Volgens die 2012-sensus was daar 9 264 bewoners op die eilande. Die Marquesaseilande is in 2024 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Geografie thumb|links|280px|Basaltiese rotsformasies in Hatihe'u op Nuku Hiva. Marquesas is een van die mees afgeleë eilandgroepe in die wêreld. Dit lê sowat 1 370 km noordoos van Tahiti en 4 800 km suidwes van Mexiko (die naaste kontinentale landmassa). Dit is vermoedelik gevorm deur opwellende kolomme magma, bekend as die Marquesas- warm kol. Die eilande in die groep val natuurlik in twee geografiese afdelings. Een is die noordelike groep, bestaande uit Eiao, Hatutu (Hatutaa), Motu One en die eilande om die groot eiland Nuku Hiva: Motu Iti, Ua Pou, Motu Oa en Ua Huka. Die ander val in die suidelike groep: Fatu Uku, Tahuata, Moho Tani (Motane), Terihi, Fatu Hiva en Motu Nao, wat om die hoofeiland, Hiva Oa, lê.
Die eilande is een van die grootste groepe in Frans-Polinesië. Saam is hulle 1 049 km2 groot. Een van die eilande, Nuku Hiva, is die grootste eiland in die hele gebied naas Tahiti. Met die uitsondering van Motu One, het al die Marquesaseilande 'n vulkaniese oorsprong.
Hoewel Polinesië gewoonlik verbind word met foto's van welige tropiese plantegroei, en die Marquesas in die trope lê, is die eilande taamlik droog. Dis omdat hulle die eerste voorwerpe in die pad van die oostewinde is wat uit die (atmosferies) droë Humboldtstroom ontstaan. Dit onderwerp die Marquesas dikwels aan droogtetoestande. Net die eilande wat die hoogste in die wolke reik (gewoonlik hoër as 750 m bo die seevlak) het betroubare tydperke van reën. Tydperke van 'n watergebrek maak dat sekere dele van die argipel soms moeilik lewe onderhou. Ua Huka-eiland, met 'n maksimum hoogte van 857 m bo die seevlak, het 'n geskiedenis van lae bewonervlakke en Eiao-eiland is soms onbewoon.
Eilande van die Marquesas
Noordelike Marquesas Eiao Hatutu Motu Iti Motu Oa Motu One Nuku Hiva Ua Huka en 8. Ua Pou
Suidelike Marquesas Fatu Hiva Fatu Huku Hiva Oa Moho Tani Motu Nao Tahuata Terihi
Seeberge Daar is ook 'n paar seeberge (ondersese berge), hoofsaaklik in die noordelike streek. Van hulle is: Clarkbank Hinakurabank Lawsonbank Bank Jean Goguel
duimnael|240px|links|’n Kaart van die Marquesas. thumb|links|240px|'n Broodvrugteboom op Fatu-Hiva. Geologie Die meeste Marquesaseilande is van vulkaniese oorsprong en is geskep deur die Marquesas- warm kol onder die Pasifiese plaat. Die Marquesaseilande is geleë op 'n ondersese vulkaniese plato met dieselfde naam. Die plato, nes die eilande, is vermoedelik minder as 5 miljoen jaar oud.The "lost Inca Plateau": cause of flat subduction beneath Peru? , 1999
Na raming wissel die Marquesaseilande van 1,3 miljoen jaar oud (Fatu Hiva) tot 6 miljoen jaar oud (Eiao). Almal buiten Motu One is vulkaniese eilande. Motu One is 'n lae eiland wat bestaan uit 'n klein sandbank op 'n koraalrif, die enigste atol in die Marquesaseilande. Anders as die meeste Frans Polinesiese eilande word die ander Marquesaseilande nie deur beskermende riwwe omring nie. By dié eilande word koraal net in baaie en ander beskermende gebiede aangetref. Die Suidekwitoriale Stroom slaan ongenadig teen dié eilande. Dié krag het seegrotte uitgekalwe wat oral aan hulle kuste voorkom. Hoewel die eilande valleie het wat in klein baaie uitloop, is hulle ongewoon vir hulle bergriwwe wat skielik aan die rand van die see in kranse eindig.
Klimaat thumb|210px|Die Hakauiwaterval op Nuku Hiva. Temperature in die Marquesas is deur die jaar stabiel. Reënval verskil baie: Dit reën meer in die noordelike en oostelike, bowindse streke en berge, met 'n gemiddelde van 2 500 mm per jaar, en baie minder in die westelike, onderwindse dele. Die gemiddelde jaarlikse reënval in die "woestynstreek" van Nuku Hiva is net 510 mm. Droogtes kom dikwels voor en duur soms tot jare; dit lyk of dit verband hou met die El Niño-verskynsel.Addison, David J. "Traditional Agriculture of the Marquesas Islands (French Polynesia)" Rapa Nui Journal 21.2 (2007): 111–27.
Geskiedenis thumb|220px|'n Hooftooisel uit die 19de eeu, moontlik van die eiland Ua Pou (Brooklynmuseum).
Die eerste aangetekende setlaars van die Marquesas was Polinesiërs van Wes-Polinesië. Volgens vroeëre koolstofgedateerde bewyse het hulle voor 100 n.C. gearriveer. 'n Ander raming was omstreeks 600 n.C., maar onlangse, onafhanklike studies dui op 'n onlangser aankoms. 'n Studie van 2010 stel voor die eerste kolonisasie van Oos-Polinesië het heelwat later, en in 'n korter tydperk, in twee vlae geskied: Die eerste een was 'n migrasie na die Geselskapseilande tussen omstreeks 1025 en 1120 (vier eeue later as wat voorheen geglo is); die tweede vlaag, tussen 70 en 265 jaar later, was 'n verspreiding van migrante na die Marquesaseilande tussen omstreeks 1190 en 1290.
Historiese kultuur Die rykdom van die natuurlike hulpbronne op die eilande het histories ’n groot bevolking onderhou. Die inwoners het tradisioneel ’n bestaan gevoer deur hengel, die versameling van skulpvis, die jag van voëls en tuinmaak. Hulle het sterk staatgemaak op broodvrug, maar het minstens 32 ander ingevoerde gewasse verbou. Harde bewyse van beduidende voor-Europese handel tussen argipels is gevind in basalt van die Marquesaanse steengroefeiland Eiao. Dit is bekend dat dit via seilkano’s oor afstande van meer as 2 500 km versprei is om bylkoppe aan Mo'orea (Geselskapseilande), Mangareva (Gambiereilande), Tubuai (Austraaleilande), Rarotonga (Cookeilande) en Tabuaeran (Noordelike Lyneilande) te voorsien.
Europese kontak thumb|220px|links|Die hoofbedekking, seremoniële klere, kentekens en wapen van 'n tradisionele Marquesaanse krygsheer.
Die eerste Europeërs wat moontlik die Marquesaseilande bereik het, was die bemanningslede aan boord van die San Lesmes, ’n Spaanse vaartuig wat in Junie 1526 in ’n storm verdwyn het; dit was deel van ’n ekspedisie onder leiding van García Jofre de Loaísa. Die Spaanse ontdekkingsreisiger Álvaro de Mendaña het hulle byna 70 jaar later, op 21 Julie 1595, bereik. Hy het die eilande genoem na sy beskermheer, García Hurtado de Mendoza, 5de Markies van Cañete, wat van 1590 tot 1596 as onderkoning van Peru gedien het. Mendaña het eers Fatu Hiva en daarna Tahuata besoek voordat hy na die Salomonseilande gereis het. Sy ekspedisie het die vier suidelikste Marquesaseilande gekarteer as "Magdalena" (Fatu Hiva), "Dominica" (Hiva Oa), "San Pedro" (Moho Tani) en "Santa Cristina" (Tahuata).Sharp, Andrew, The Discovery of the Pacific Islands, Oxford 1960 p. 51
In die laat 18de eeu het Europese ontdekkingsreisigers geraam dat die bevolking tussen 80 000 en 100 000 was. Europeërs en Amerikaners was beïndruk met hoe maklik die lewe op die eilande gelyk het, aangesien dit ’n ryk habitat en omgewing gehad het. In 1791 het die Amerikaanse maritieme pelshandelaar Joseph Ingraham die noordelike Marquesaseilande vir die eerste keer besoek terwyl hy bevel gevoer het oor die brik Hope. Hy het hulle die "Washingtoneilande" genoem. Van 1797 tot 1799 het William Pascoe Crook die eerste Protestantse sendeling geword wat in die Marquesaseilande gewoon het.
In 1813 het kommodoor David Porter die eiland Nuku Hiva vir die Verenigde State opgeëis, maar die Amerikaanse Kongres het dié aanspraak nooit bekragtig nie. Vir ’n kort tydperk het die eilande sandelhout uitgevoer, maar die hulpbron was binne vier jaar uitgeput.
Die eilande was ’n gewilde aandoenplek vir walvisvaarderskepe in die Seiltydperk. Die eerste aangetekende besoek was dié van die Hope in April 1791.Langdon, Robert (1984), Where the whalers went: An index to the Pacific ports and islands visited by American whalers (and some other ships) in the 19th century, Canberra, Pacific Manuscripts Bureau, p.168 & 171. Die laaste bekende besoeker van dié soort was die Amerikaanse walvisvaarder Alaska in Februarie 1907.Langdon, p.175
thumb|240px|Bewoners van die Marquesas demonstreer 'n tradisionele dans, 1909. In 1842 het Frankryk ’n suksesvolle militêre operasie uitgevoer ter ondersteuning van die inheemse hoofman Iotete se aanspraak dat hy koning van die hele eiland Tahuata was. Die Franse regering het daarna die hele eilandgroep opgeëis en ’n nedersetting op Nuku Hiva gevestig. Dié nedersetting is in 1857 laat vaar, maar Frankryk het in 1870 weer beheer oor die groep gevestig. Later is die Marquesaseilande by Frans-Polinesië ingelyf.
Die inheemse bevolking van die Marquesaseilande het hoë sterftesyfers gehad weens siektes wat deur Westerse ontdekkingsreisigers gebring is, soos pokke en masels, omdat geen van hulle enige immuniteit daarteen gehad het nie. Die bevolking het van meer as 78 000 in die 18de eeu gekrimp tot sowat 20 000 teen die middel van die 19de eeu, en tot net meer as 4 000 teen die begin van die 20ste eeu, met ’n rekordlaagtepunt van 2 255 in 1926. Daarna het die bevolking weer begin toeneem en 8 548 bereik teen die tyd van die sensus van November 2002 en 9 346 teen die tyd van die sensus van Augustus 2017.
Regering en politiek Die Marquesaseilande vorm een van die vyf administratiewe afdelings van Frans-Polinesië. Frans en Tahitiaans is die amptelike tale van die regering. Die hoofstad van die administratiewe onderafdeling van die Marquesaseilande is die nedersetting Taioha'e op die eiland Nuku Hiva.
Die yl bevolkte Marquesaseilande is 1 371 km van Tahiti af geleë. Met 183 645 inwoners (volgens die 2012-sensus) is Tahiti die digs bevolkte eiland van Frans-Polinesië en huisves dit 68,5% van die totale bevolking van die gebied.Chart of the Island Otaheite, by Lieut. J. Cook 1769 . National Maritime Museum. nmm.ac.uk
Inwoners van die Marquesaseilande het hulle lank vererg oor Tahiti se oorheersing en gekla oor verwaarlosing deur politici wat in Tahiti gesetel is. Leiers het voorgestel dat ’n direkte verhouding met die metropool, die regering in Parys, eerder ontwikkel word as om van Papeete afhanklik te wees.Polémique à Tahiti: les Marquises veulent se rapprocher de Paris , Rue 89, 23 December 2007 Namate die gevoel in Tahiti in die 21ste eeu vir onafhanklikheid van Frankryk gegroei het, het verskeie prominente Marquesaanse politieke leiers in 2007 die idee geopper dat die Marquesaseilande van Frans-Polinesië sou afskei, maar steeds binne die Franse Republiek sou bly. Dit het omstredenheid in Tahiti ontketen, waar Tahitileiers ten gunste van onafhanklikheid die Franse sentrale regering daarvan beskuldig het dat hulle die afskeiding van die Marquesaseilande van Frans-Polinesië aanmoedig.
Demografie Historiese bevolking 1799 1853 1863 1872 1883 1892 1902 1911 1921 1926 1931 1936 50 000 tot100 000 11 900 8 650 6 045 5 576 4 445 3 963 3 116 2 300 2 255 2 283 2 400 1946 1956 1962 1971 1977 1983 1988 1996 2002 2007 2012 2017 2 976 4 165 4 838 5 593 5 419 6 548 7 358 8 064 8 548 8 632 9 264 9 346 Ramings uit die verlede en amptelike syfers uit vorge sensusse.
Migrasie