Jan Hettema (27 Oktober 1933 – 29 Junie 2016) was 'n Suid-Afrikaanse sportman. Hy was 'n suksesvolle tydrenjaer en het die Suid-Afrikaanse nasionale tydrenkampioenskap vyf keer gewen. Hy het ook deelgeneem aan fietsry by die Olimpiese Somerspele van 1956.
Hettema is op 29 Junie 2016 gedurende 'n gewapende roof op sy kleinhoewe in Tweedrag naby Boschkop, Pretoria vermoor. Sy dogter is Helena Hettema 'n Suid-Afrikaanse aktrise, sangeres en liedjieskrywer.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse renjaers Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Nederland Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Sterftes in 2016