duimnael|regs|Die simbool wat wyd gebruik word om 'n veganvriendelike produk aan te dui.

Veganisme is die uitsluiting van die gebruik van diereprodukte, veral in die dieet, en 'n gepaardgaande filosofie wat die kommoditeitstatus van diere verwerp.For veganism and animals as commodities: 'n Volgeling van óf die dieet of die filosofie is bekend as 'n veganis (uitgespreek VEE-gən).

Onderskeid word soms getref tussen die verskillende kategorieë van veganisme. Dieetveganiste (soms word na hul verwys as streng vegetariërs of volgelinge van 'n plant-gebaseerde dieet) vermy die verbruik van diereprodukte, nie net vleis nie maar ook eiers, suiwelprodukte, en ander dierlike stowwe. Dieetveganiste is dikwels meer gefokus op die gesondheidsaspekte van onverwerkte voedsel en verbruik, as sodanig, heuning of dra klere wat diereprodukte insluit (byvoorbeeld leer of wol). Die term etiese veganis is dikwels van toepassing op diegene wat nie net 'n vegetariese dieet volg nie, maar die filosofie na ander gebiede van hul lewens uitbrei en hul verset teen die gebruik van diereprodukte vir enige doel. 'n Ander term is omgewingsveganis wat verwys na die vermyding van dierlike produkte op die veronderstelling dat die oes van diere of industriële boerdery van diere die omgewing beskadig en onvolhoubaar is.Michael Shapiro, "Sea Shepherd's Paul Watson: 'You don't watch whales die and hold signs and do nothing'", The Guardian, 21 September 2010.

Die term vegan is in 1944 geskep deur Donald Watson as mede-stigter van die "Vegan Society" in Engeland. Die aanvanklike betekenis was "nie-suiwel vegetariër" en later "the doctrine that man should live without exploiting animals".Donald Watson, Vegan News, No. 1, November 1944, p. 2; Leslie Cross, "Veganism Defined", The Vegetarian World Forum, 5(1), Spring 1951. Belangstelling het toegeneem in veganisme tydens die 2010's; vegan winkels is geopen, en veganistiese opsies is beskikbaar in meer supermarkte en restaurante in baie lande.

'n Veganistiese dieet is geneig om hoër te wees in voedselvesel, magnesium, foliensuur, vitamien C, vitamien E, yster en fito-chemikalieë. Dit is laer in energie, versadigde vet, cholesterol, langketting omega-3 vetsure, vitamien D, kalsium, sink en vitamien B12. 'n Goed-beplande veganistiese dieet kan die risiko verlaag ten opsigte van sommige chroniese siektetoestande, insluitend hartsiektes,Note: several sources use the word vegetarian to refer to a vegan or entirely plant-based diet: en dit word as geskik aanvaar vir alle fases van die lewensiklus deur die American Academy of Nutrition and Dietetics, die Australian National Health and Medical Research Council, en ook Dietitians of Canada."Position of the American Dietetic Association: vegetarian diets", Journal of the American Dietetic Association, 109(7), July 2009, pp. 1266–1282: "It is the position of the American Dietetic Association that appropriately planned vegetarian diets, including total vegetarian or vegan diets, are healthful, nutritionally adequate, and may provide health benefits in the prevention and treatment of certain diseases. Aangesien onbesmette plantvoedsel nie vitamien B12 voorsien nie (dit word geproduseer deur mikro-organismes soos bakterieë), is navorsers dit eens dat veganiste kos moet eet wat met vitamien B12 verryk is of dat hul 'n aanvulling moet gebruik.Roman Pawlak, et al. (Nutrition Reviews, 2013): "The main finding of this review is that vegetarians develop B12 depletion or deficiency regardless of demographic characteristics, place of residency, age, or type of vegetarian diet. Vegetarians should thus take preventive measures to ensure adequate intake of this vitamin, including regular consumption of supplements containing B12

In die hoofstroom (2010's) alt=chart|duimnael|Belangstelling in veganisme in die 2010's word weerspieël in die toenemende webblad besigtiging  vir die onderwerp op Wikipedia.Meat Atlas , Heinrich Böll Foundation, Friends of the Earth Europe, 2014, p. 57; Mona Chalabi, "Meat atlas shows Latin America has become a soybean empire", The Guardian, 9 January 2014. Die veganistiese dieet het meer hoofstroom geword in die 2010's. Kettingrestaurante merk veganiese items op hul spyskaarte en supermarkte verbeter hul verskeidenheid van veganiesverwerkte voedsel.Rynn Berry, "Veganism," The Oxford Companion to American Food and Drink, Oxford University Press, 2007, pp. 604–605. Die globale nagemaakte vleismark het toegeneem met 18 persent tussen 2005 en 2010,Kate Burt, "Is this the end of meat?" en in die VSA met agt persent tussen 2012 en 2015 tot $553 miljoen per jaar.Allie Shah, "Nation's first vegan butcher shop to open in Minneapolis Jan. 23" , Star Tribune, 8 January 2016. In die Verenigde Koninkryk het die plantmelkmark met 155 persent gestyg in twee jaar – van 36 miljoen liter in 2011 tot 92 miljoen liter in 2013.Nadia Khomami, "From Beyoncé to the Baftas, vegan culture gets star status", The Guardian, 8 February 2015. Die Europese Parlement omskryf die betekenis van veganies vir voedseletikette in 2010, en dit is van krag sedert 2015."European Parliament legislative resolution of 16 June 2010", European Parliament: "The term 'vegan' shall not be applied to foods that are, or are made from or with the aid of, animals or animal products, including products from living animals."Meat Atlas , Heinrich Böll Foundation, Friends of the Earth Europe, 2014, p. 57; Mona Chalabi, "Meat atlas shows Latin America has become a soybean empire", The Guardian, 9 January 2014.

Dierlike produkte

Vermyding alt=photograph|duimnael|Die nagemaakte vleisafdeling in Veganz, 'n vegan supermark in Berlyn Vegans eet nie rooivleis, vark, pluimvee, wildsvleis of vis, eiers, suiwelprodukte of enige ander dierprodukte nie, byvoorbeeld gelatien. Dieetveganiste mag dierlike produkte in klere (soos leer, wol en sy) en toiletware gebruik.Francione and Garner 2010, p. 257. Etiese veganiste verwerp die kommodifisering van diere.Francione and Garner 2010, p. 62. Die British Vegan Society sal 'n produk slegs sertifiseer as daar geen diere betrokke is sover as wat dit prakties moontlik is nie, insluitend die toetsing van diere."Criteria for Vegan food", "Trademark Standards" , Vegan Society; "What is Vegan?"

Die filosoof Gary Steiner argumenteer dat dit nie moontlik is om geheel en al vegan te wees nie, omdat dierlike gebruik en produkte onlosmaaklik deel is van die menslike samelewing.Gary Steiner, Animals and the Limits of Postmodernism, Columbia University Press, 2013, pp. 127–128. Dierlike produkte se algemene gebruik sluit in albumien, allantoïen, byewas, bloed, kaseïen, gelatien, keratien, melksuur, retinol en wei. Sommige van hierdie is chemiese verbindings wat verkry kan word van dierprodukte, van plante of van petrochemikalieë. Allantoïen, melksuur en retinol byvoorbeeld, kan veganies wees. Hierdie produkte en hul oorsprong is nie altyd ingesluit in die lys van bestanddele nie."Animal ingredients and products", Vegan Peace; David L. Meeker (ed.

Etiese veganiste sal nie kledingstukke koop wat van dierlike oorsprong is nie of skoonheidsmiddels gebruik wat dierlike produkte bevat nie. Hulle vermy sekere entstowwe soos die griepentstof omdat dit in hoendereiers gekweek word."Flublok Seasonal Influenza (Flu) Vaccine", Centers for Disease Control and Prevention. Sommige vegan klere, veral alternatiewe vir leer, word gemaak van petroleum-gebaseerde produkte, wat lei tot kritiek as gevolg van die omgewingskade wat aangerig word tydens petroproduksie.Stepaniak 2000, pp. 20, 115–118, 154 (p. 116 for environmental damage and petroleum-based products).

Sommige vegetariërs argumenteer dat die beperkings van 'n veganistiese lewenstyl onprakties is en dat 'n vegetariese leefstyl 'n beter mikpunt is.

Eiers, suiwelprodukte, heuning en sy Die vernaamste verskil tussen 'n veganistiese en vegetariese dieet is dat veganiste eiers en suiwelprodukte uitsluit. Etiese veganiste gaan van die veronderstelling uit dat die produksie van hierdie produkte lyding van diere en voortydige dood veroorsaak. In eierproduksie word die meeste manlike kuikens doodgemaak omdat hulle nie eiers lê nie.S. Aerts, et al., "Culling of day-old chicks: opening the debates of Moria?" in Kate Millar, Pru Hobson West, Brigitte Nerlich (eds. Om melk te verkry uit melkbeeste, word koeie dragtig gemaak om laktasie te veroorsaak; hulle word swanger en lakterend gehou vir drie tot sewe jaar, waarna hul geslag word. Vroulike kalwers word geskei van hul moeders binne 24 uur na geboorte en met melkvervanger gevoed om die koei se melk vir menslike verbruik te behou. Manlike kalwers word geslag by geboorte, gestuur vir kalfsvleisproduksie of grootgemaak vir beesvleis.Lori Gruen, Ethics and Animals, Cambridge University Press, 2011, pp. 85–86; Erik Marcus, Veganism: The New Ethics of Eating, McBooks Press, 2000, pp. 128–129.

Vegangroepe verskil oor insekprodukte en sommige groepe beskou heuning, sy en ander insekprodukte nie as geskik vir veganiese gebruik nie.Daniel Engber, "The Great Vegan Honey Debate: Is honey the dairy of the insect world?""Honey: Ain't so sweet for the bees" , Vegan Society, accessed 16 December 2012; "What is Vegan?"  "Is honey vegan?" Agave nektar is 'n gewilde veganiese alternatief vir heuning.Chloe Coscarelli, Chloe's Kitchen, Simon and Schuster, 2012, p. 9.

Veganistiese dieet

Veganistiese voedselgroepe Sedert 1991 het die Physicians Committee for Responsible Medicine (PCRM) 'n geen-cholesterol, lae-vet vegetariese dieet aanbeveel wat gebaseer is op wat hulle noem die "Nuwe Vier Voedselgroepe": vrugte, peulplante, graan en groente. Peulgewasse sluit ertjies, bone, lensies en grondboontjies in."The New Four Food Groups" , Physicians Committee for Responsible Medicine, accessed 16 January 2013.

Die Nuwe Vier voedselgroepe is geskep as 'n alternatief vir die Vier Voedselgroepe – vleis, melk, groente en vrugte, grane en brood – aanbeveel deur die Verenigde State se Departement van Landbou (USDA) vanaf 1956 tot 1992.Marian Burros, "Eating Well; Rethink 4 Food Groups, Doctors Tell U.S.", The New York Times, 10 April 1991. In 1992 het die USDA dit vervang met die voedselpiramide en in 2011 met MyPlate, wat in ooreenstemming is met 'n vegandieet. In die Verenigde Koninkryk beveel die National Health Service die Eatwell Plate aan."The eatwell plate" , National Health Service; "The vegan diet" , National Health Service.

Gesondheidsvoordele Veganisme blyk voordele in te hou vir gesondheid, insluitend 'n verlaagde risiko van tipe 2-diabetes, hoë bloeddruk, vetsug en hartsiektes.Note: several sources use the word vegetarian to refer to a vegan or entirely plant-based diet: Daar is bewyse dat 'n vegetariese dieet massaverlies steun en meer effektief is as 'n vegetariese of nie-vegetariese dieet, veral oor die korttermyn.Ru-Yi Huang, et al., "Vegetarian Diets and Weight Reduction: a Meta-Analysis of Randomized Controlled Trials", Journal of General Internal Medicine, 3390, 3 July 2015. Studies deur Adventists het voorgestel dat veganiste 'n verlaagde risiko kan hê vir die meeste kankers, maar wel 'n groter risiko vir urienwegkanker.Lap Tai Le, Joan Sabaté, "Beyond Meatless, the Health Effects of Vegan Diets: Findings from the Adventist Cohorts", Nutrients, 6(6), June 2014, pp. 2131–2147.

Volgens die dieetkundige, Winston Craig, in die American Journal of Clinical Nutrition 2009,  is veganiste geneig om maerder te wees met laer cholesterol en laer bloeddruk. Faktore wat verband hou met 'n streng vegetariese dieet wat beskou kan word as kanker-beskermend, sluit in 'n verhoogde inname van vrugte en groente; afwesigheid van vleis; bronne van veganproteïen, insluitend sojaproteïen; en 'n tipies laer liggaamsmassa-indeks (BMI).