Bolivië (Aymara: Wuliwya Suyu; Guaraní: Tetã Volívia; Quechua: Bulibya Mamallaqta; Spaans: Bolivia; genoem na Simón Bolívar), amptelik die Plurinasionale Staat Bolivië (Aymara: Wuliwya Suyu; Guaraní: Tetã Blúrinasionál Volívia; Quechua: Buliwya Achka Nasyun Mama Llaqta; Spaans: Estado Plurinacional de Bolivia), is 'n landingeslote land in Suid-Amerika. Bolivië beslaan 'n oppervlakte van 1 098 581 km² en het in 2024 'n bevolking van 12 311 974 gehad. Bolivië is landgebonde en word begrens deur Brasilië in die noorde en ooste, Paraguay en Argentinië in die suide, asook Chili en Peru in die weste. Die hoofstad is Sucre (regterlik), die regeringsetel is La Paz (administratief) en die grootste stad is Santa Cruz.
duimnael|links|Manuel Rivera-Ortiz: Widow Of The Mines, Potosí, Bolivië (2004) duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Bolivië duimnael|links|Kaart van Bolivië Die Andesgebergte strek van noord na suid deur die weste van die land. Die land het ook ’n hooglandplato (Altiplano), heuwels en laagliggende vlaktes in die Amasonekom. Die gebied was eens deel van die Inkaryk en is in die 16de eeu deur die Spanjaarde verower. In 1825 het Bolivië onafhanklik geword.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Dit is ’n ontwikkelende land met heelwat minerale, veral tin, en is bekend vir sy kulturele diversiteit.
Verwysings
Bronnelys Algemeen
Eksterne skakels
Kategorie:Voormalige Spaanse kolonies