Wene 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land  Deelstaat raam|23px Wene Koördinate  Stigting 1ste eeu n.C. Stadstatus 1212 Oppervlakte:    - Totaal 414,87 vk km Stadtgebiet – Statistiken  Hoogte bo seevlak 151–542 m Bevolking:    - Totaal (1 Januarie 2018) 1 888 776 Bevölkerung von Wien von 2008 bis 2018. Besoek op 5 Desember 2018  - Bevolkingsdigtheid 4 552,7/vk km  - Metropolitaanse gebied (2015) 2 680 667 Bevölkerung am 1. Januar nach Geschlecht und Altersgruppen Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat    - Tipe Oorgangsklimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 11,5 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie −1,4 / 19,9 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 600 mm Burgemeester Michael Ludwig (SPÖ) Amptelike webwerf wien.gv.at

Wene (Duits: Wien, [viːn], ; Oostenryks: Wean, [veɐ̯n]) is die hoofstad van Oostenryk en vorm tegelykertyd een van die nege federale deelstate (Bundesland Wien) van dié land. Met 'n bevolking van ongeveer 1,89 miljoen is Wene die grootste stad en die kulturele en politieke spilpunt van die Alperepubliek. Dit is na Berlyn en nog voor Hamburg die naasgrootste Duitssprekende stad in Europa.

duimnael|links|'n Standbeeld van die godin Athene voor die parlementsgebou Die stad is geleë aan weerskante van die Donau, 40 km van die Oostenryks-Slowaakse grens en 50 km van die Slowaakse hoofstad Bratislava af. Wene, wat ondanks sy periferiese ligging in die ooste van Oostenryk tot dié land se belangrikste politieke, ekonomiese, wetenskaplike en kulturele sentrum ontwikkel het, word as enklawe – en as een van Oostenryk se nege deelstate – volledig omring deur die deelstaat Neder-Oostenryk. Dit is die setel van Oostenryk se seremoniële staatshoof, die federale president (Bundespräsident), die federale regering (Bundesregierung), verskeie administratiewe federale liggame en die regering van Wene wat 'n dubbele politieke funksie uitoefen as munisipale en deelstaatregering. So fungeer die Weense burgemeester gelyktydig as eerste minister van die deelstaat Wene (Landeshauptmann).

Wene is een van die mees bekende stede in Europa en neem 'n prominente plek in die geskiedenis van die Westerse beskawing, wêreldkultuur en -geskiedenis in. Die historiese stadskern is deur Unesco in 2001 as wêrelderfenisgebied gelys. Maar selfs Wene se tradisionele koffiehuiskultuur word deur Unesco as immateriële wêrelderfenis erken.

In sy lang geskiedenis, wat oor meer as 2000 jaar strek, het Wene feitlik alle kenmerkende historiese fases van 'n Europese metropool deurloop, van 'n beskeie begin as Keltiese en Romeinse nedersetting tot sy huidige status as wêreldstad. Die langste fase was dié van keiserlike hoofstad en regeringsetel, 'n funksie wat Wene tussen 1558 en 1918 vervul het – tot 1806 as setel van die Heilige Romeinse Ryk en vervolgens as hoofstad van die Keiserryk Oostenryk-Hongarye, 'n veelvolkestaat wat ná die woelinge van die Eerste Wêreldoorlog verbreek het. Wene se status is daarna afgeskaal tot dié van 'n kleiner, landgebonde en merendeels Duitssprekende Republiek Oostenryk.

Vanaf 1938 is Oostenryk sewe jaar lank by Adolf Hitler se Groot-Duitse Ryk ingesluit. Hitler, 'n boorling van Braunau am Inn in Oostenryk wat jare lank in Wene gewoon het, het besondere guns aan die stad betoon deur die inlywing van omliggende nedersettings. Hierdie Groß-Wien ("Groot Wene"), soos dit – analoog met Groß-Berlin – bekend gestaan het, is deur die geallieerde moondhede, wat Oostenryk in vier besettingsones verdeel het, weer ontbind en sy oorspronklike grense herstel. Anders as die res van die land is Wene in vier sones verdeel – die binnestad of Innere Stadt is tot internasionale sone verklaar. Met die ondertekening van die Oostenrykse Staatsverdrag in 1955 is die geallieerde besetting beëindig en Wene se status as hoofstad van 'n soewereine Republiek Oostenryk herstel.

Al is Wene deur die verwoestinge van die Tweede Wêreldoorlog geraak (meer as sestig persent van alle skade deur bomaanvalle en ander oorlogshandelinge in Oostenryk is in die hoofstad aangeteken), het 'n ambisieuse heropbouprogram verseker dat Wene in sy ou glorie kon herrys. Vandag is dit een van min groot Wes-Europese metropole waarvan die historiese middestad grotendeels bewaar gebly het – met al sy uitsigte wat oor die eeue deur generasies van stadsbeplanners en tuinargitekte ontwerp is. So word die stadskern se kimlyn steeds oorheers deur die torings van die Sint Stefanuskatedraal en het die stadskarakter in sy geheel – in vergelyking met die tydperk voor 1914 – nie merkbaar verander nie.

Terwyl 'n verskeidenheid moderne bouprojekte sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog verwesenlik is, het ook talle voorbeelde van Romeins-Duitse boukuns en argitektuur uit die Oostenryks-Hongaarse Keisertyd bewaar gebly. Leidende Jugendstil-kunstenaars en -boumeesters soos Klimt en Schiele het eweneens hul spore gelaat. Meer as eenhonderd museums (met eersterangse, maar soms ook baie eksentriese versamelings) en die veelsydige kulturele lewe, wat een van sy hoogtepunte gedurende die balseisoen in Januarie en Februarie bereik, en sy reputasie as die "Wêreldhoofstad van musiek", Heide Marie Karin Geiss en Dieter Luippold: Baedeker Reiseführer Wien. 19de uitgawe. Ostfildern: Verlag Karl Baedeker 2016, bl. 4 wat deur beroemde klassieke komponiste soos Ludwig van Beethoven, Wolfgang Amadeus Mozart, Gustav Mahler, Johann Strauss en Arnold Schönberg gevestig is, maak van Wene 'n eersterangse internasionale toeristebestemming wat jaarliks meer as elf miljoen besoekers lok.

Wene was, vanweë sy ligging in 'n grensgebied tussen Wes- en Oos-Europa, steeds blootgestel aan 'n verskeidenheid kulturele invloede, maar ook 'n trekpleister vir honderdduisende migrante uit afgeleë Alpevalleie, die Boheemse platteland, die vlaktes van Galisië of die donker woude van Transsilvanië wat hier 'n heenkome probeer vind het. Johannes Sachslehner: Wien. Eine Geschichte der Stadt. Voorwoord. Wien • Klagenfurt • Graz: Styria Books/Pichler Verlag 2012. Eerste digitale uitgawe 2015 deur Zeilenwert Danksy ongekende groei het Wene se bevolking in 1910 die twee-miljoen-kerf oorskry. Later, gedurende en ná die Groot Oorlog, wat in 1914 uitgebreek het, het vlugtelinge en ander ontworteldes na die Donaumetropool gestroom.

Die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE), die Verenigde Nasies se Industriële Ontwikkelingsorganisasie (UNIDO), die Organisasie van Petroleum Uitvoerende Lande (Opul), die Internasionale Atoomenergie-Agentskap (IAEA), sowel as ander VN-kantore en verskeie internasionale instellings en maatskappye is gevestig in Wene.

Geografie duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Wene duimnael|links|Die snelweg A 23, met die hoofkwartier van t-mobile Oostenryk in die agtergrond Wene is as stadstaat met 'n oppervlak van 414,87 vierkante kilometer die kleinste deelstaat van Oostenryk. Dit is ook die enigste wat nie aan 'n ander Europese land grens nie. Slegs sowat die helfte van Wene se oppervlak is bebou. Die res is natuur- of landbougebiede. Die gemiddelde hoogte bo seevlak styg van 151 m in die Lobau tot 542 m by die bergpiek Hermannskogel.

Danksy sy ligging teen die noordelike rand van die Weense Bekken; by die kruispunt van belangrike handelsroetes wat hier in wes-oostelike en noord-suidelike rigting loop; by die kruispunt van die voetheuwels van twee magtige Sentraal- en Suidoos-Europese bergreekse, die Alpe en Karpate, en die Pannoniese Bekken, maar veral aan die Donau, een van die belangrikste Europese waterweë, het Wene oor die eeue gegroei tot een van die belangrikste en grootste metropole van Sentraal-Europa. Aangesien die Donau in die Weense Bekken breër en vlakker word en in talle kleiner rivierarms vertak, met talle klein eilande daartussen, kon dit hier maklik oorgesteek word. Die historiese stad het net suid van die Donau ontwikkel, maar die huidige stadsgebied is aan weerskante van die rivier geleë.

Ná die val van die Ystergordyn smee Oostenryk steeds nouer bande ten opsigte van handel en vervoer met sy Oos-Europese buurlande. Die afstand tussen Wene en die Slowaakse hoofstad Bratislava is net 60 km – dit is die kortste afstand tussen twee hoofstede in heel Europa.

Die Wienerwald ("Weense Woud") strek met sy berge en woude in die noordweste, weste en suidweste van Wene tot by die stadsgebied. Die Donau vloei hier deur die Weense Poort, 'n nou kloof tussen die Leopolds- en Kahlenberg, die stad binne. Die Weense Woud is ook die brongebied van kleiner riviere soos die Wenerivier. Terraslandskappe soos die Wienerberg en Laaer Berg, wat in die Ystydperk ontstaan het, sluit in die weste by die berglandskap aan. Hierdie streek is 'n belangrike wynbougebied.

Die ooste van Wene word gekenmerk deur die oop vlaktes van die Marchfeld, wat as boerderygebiede dien. Die groen riviereilande van die Donauauen, wat in die suid-ooste langs die Donau strek, is tot nasionale park verklaar.

Klimaat duimnael|Austria Center Vienna in die aandskemer duimnael|Dagaansig: Moderne boukuns buite die historiese middestad Wene word deur 'n Sentraal-Europese oorgangsklimaat of gematigde vastelandse klimaat met oseaniese invloede uit die weste en kontinentale invloede uit die ooste gekenmerk. Temperature en reënval is dus dikwels wisselvallig. In die algemeen kry Wene relatief min reënval – die jaarlikse gemiddelde neerslae is omtrent 600 mm. In die westelike stadsdele word 'n gemiddeld van 741,5 mm se neerslae aangeteken, in die oostelike slegs 514,5 mm.

In vergelyking met die ander Oostenrykse deelstate is die winters baie gematig. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 11,4 °C in die stadsgebied en 10,2 °C in die omgewing. Daar is jaarliks sowat 60 warm somerdae en 70 dae met temperature benede vriespunt. Die hoogste temperatuur, wat ooit gemeet is (39,5 °C), is op 8 Augustus 2013 in Wene se middestad aangeteken. Jaarliks word 'n gemiddeld van 1 980 sonskynure aangeteken. Johannes Sachslehner: Wien. Geschichte einer Stadt. Wien • Graz • Klagenfurt: Pichler Verlag in der Verlagsgruppe Styria 2016, bl. 13

Geskiedenis Antieke tydperk Keltiese wortels Een van die argeologiese spanne van die Wiener Stadtarchäologie het tydens opgrawings in die Rasumofskygasse in die 3de Weense Distrik in 2015 vir die eerste keer oorblyfsels van 'n laat-Keltiese nedersetting in die huidige stadsgebied ontdek. Munte en gietvorms, wat hier opgegrawe is, dui daarop dat die nedersetting deur 'n Keltiese elite bewoon is wat reeds handelsbetrekkinge met die Romeinse Ryk gehandhaaf het. Moontlik het dit ook al die naam Vindobona gedra wat later deur die nuwe maghebbers oorgeneem is.

Romeinse oorsprong duimnael|Die gerekonstrueerde stadsuitleg van Vindobona in die Romeinse Museum te Wene Net soos baie ander stede in Europa het Wene sy oorsprong in 'n antieke Romeinse nedersetting. In die 1ste eeu n.C. het die Romeine 'n militêre kamp, Vindobona, gevestig om die noordelike grens van hul ryk te beskerm. Dié kamp was naby die Donau in die hart van die moderne Weense middestad geleë. Die verloop van sy oorspronklike verdedigingsmure is ook vandag nog maklik herkenbaar in dele van die middestad se straatuitleg. 'n Romeinse legioenkamp met enkele duisend soldate – hul getal word in Vindobona op sowat 6 000 beraam – het, soos elders in Europa, bygedra tot die ekonomiese ontwikkeling van die omgewing, veral omrede Romeinse militêre personeel ook administratiewe take verrig het en in vredestye as ambagsmanne werksaam was. Vanaf die 3de eeu het net buite die militêre kamp 'n burgerlike nedersetting ontstaan wat in die huidige 3de Distrik van Wene geleë was.