Die Toon van den Heeverprys vir Regswetenskap is ’n prys deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat driejaarliks vir ’n oorspronklike regskundige werk in Afrikaans, en/of vollengte artikels of ’n artikel van hoogstaande gehalte in Afrikaans wat in geakkrediteerde regstydskrifte verskyn het, en/of baanbrekende regsuitsprake in Afrikaans, toegeken word. Die Akademieraad het in 1966 besluit om die regswetenskap uit die vakgebiede van die Stalspryse vir Geesteswetenskappe te neem en ’n afsonderlike prys daarvoor in te stel.

Die prys is vernoem na Toon van den Heever, Afrikaanse digter, prosaïs en regsgeleerde.

Lys van wenners 1969 – Prof. H.S. Cilliers en prof. M.L. Benade (Maatskappyereg) 1972 – Prof. S.A. Strauss en adv. M.J. Strydom (Die Suid-Afrikaanse geneeskundige reg) 1975 – Prof. C.W.H. Schmidt (Die bewysreg) 1978 – Prof. J.D. van der Vyver (Die beskerming van Menseregte in Suid-Afrika) 1981 – Prof. C.G. van der Merwe (Sakereg) 1984 – Prof. F.R. Malan (Regswetenskap) 1987 – Prof. H.N. Pretorius (Burgerlike prosesreg in die landdroshowe) 1990 – Prof. Wouter de Vos (Verrykingsaanspreeklikheid in die SA reg) 1993 – Prof. J. Neethling (Deliktereg, onregmatige mededinging en persoonlikheidsreg) 1996 – Prof. C.R. Snyman (Strafreg) 2002 – Prof. J.C. Sonnekus (2de uitgawe van Die Estoppelleerstuk in die Suid-Afrikaanse reg) 2006 – Appèlregter J.J.F. Hefer (vir toonaangewende regsuitsprake in Afrikaans) 2014 – Prof. J.E. du Plessis en prof. G.F. Lubbe (’n Man van beginsel: die lewe en nalatenskap van J.C. de Wet) 2018 – Prof. Leonie Stander 2021 – Prof. Johan Scott

Bron Verwerk vanaf Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns - Akademiepryse sedert 1909

Verwysings

Kategorie:SA Akademie vir Wetenskap en Kuns