duimnael|Rolls-Royce Phantom Drophead Coupe Bijan
Bijan Pakzad (Engels: [biˌʒæn ˈpɑːkzɑːd]; Persies: بیژن پاکزاد, [biːʒæn pɑːkzɑːd], * 4 April 1940 in Teheran; † 16 April 2011 in Beverly Hills, Kalifornië), algemeen bekend as Bijan, was 'n Amerikaanse mode- en fyngeurontwerper van Iranse afkoms.
In sy befaamde luukse winkel The House of Bijan, 'n paleisagtige gebou in die Mediterreense styl op Rodeo Drive, Beverly Hills wat teen 'n koste van $12 miljoen opgerig is en sy deure op 27 Oktober 1976 as "die wêreld se duurste winkel" geopen het, het Bijan in die modebehoeftes van welvarendes en magtiges voorsien – maar altyd slegs per afspraak. Onder diegene, wat wél afsprake kon (en kan) maak, is staatshoofde, nyweraars, presidente en eerste ministers (soos Barack Obama en Tony Blair), konings en keisers gereken.
Bijan se modewinkel in Beverly Hills is in 2016 vir $122 miljoen aan die multinasionale Franse onderneming LVMH verkoop wat hom op luukse goedere toespits.Los Angeles Times, 26 Augustus 2016: Bijan property on Rodeo Drive sells for $19,000 a square foot. Besoek op 22 Mei 2018
Verwysings
Eksterne skakels Bijan Beverly Hills – Amptelike webtuiste
Kategorie:Modeontwerpers Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Sterftes in 2011 Kategorie:Geboortes in 1940