Die dikbekstreepkoppie (Nesospiza wilkinsi) is 'n standvoël wat leef en nesmaak op Inaccessible-eiland en Nightingale-eiland. Dit word ook die Wilkinsstreepkoppie genoem en in Engels die Wilkins' Bunting.

Identifikasie Die voël word tot 16 cm lank en leef saam met die Inaccessible-streepkoppie waarmee dit maklik verwar kan word. Die dikbekstreepkoppie het 'n bonkiger voorkoms en 'n dik massiewe snawel wat hom toelaat om harde Phylica-neute te kraak. Hulle leef meestal in die Phylica-struike en boomvaringsone.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Newman se Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Gedenkuitgawe 2010.

Verwysings

Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies