Mangochi is ’n dorp in die Suidelike Streek van Malawi. Dit is naby die suidpunt van die Malawimeer geleë en is voorheen Fort Johnston genoem. In 2008 het dit ’n inwonertal van 51 429 gehad.
Geskiedenis duimnael|180px|links|Die kloktoring in Mangochi wat ter ere van koningin Victoria opgerig is.
Mangochi is in die 1890's deur die koloniale administrateur sir Harry Johnston op die wesoewer van die Shirerivier gestig as ’n verdedigingspos van die Sentraal-Afrikaanse Federasie. Hierna was Fort Johnston, soos dit toe bekend was, ’n belangrike slawemark en administratiewe sentrum.
Die dorp is 470 m bo die seespieël en lê tussen die meer en die Shirerivier, sowat 190 km noordoos van Blantyre, Malawi se ekonomiese sentrum.
Beskrywing links|duimnael|240px|Die Bakili Muluzi-brug oor die Shirerivier.
Mangochi is as ’n landbousentrum gevestig wat die verbouing van tabak, katoen en grondboontjies insluit. Rys en mielies word aan die oewers van die meer verbou en vissery is ook ’n baie belangrike bedryf.
Op die dorp is ’n paar winkels, ’n poskantoor, banke en die Malawimeer-museum. ’n Kloktoring wat van die vroeë 20ste eeu dateer, is opgerig ter ere van koningin Victoria.
Mangochi is net weg van die M3-pad geleë. Alle busse van Monkey Bay na Blantyre stop op die dorp. Minibusse loop na Liwonde, Zomba en Blantyre. Die Bakili Muluzi-brug loop by die dorp oor die rivier.
Demografie Jaar Inwoners 1987 14 758 1998 27 055 2008 51 429
Die taal Yao, veral die Mangochi-dialek, word hoofsaaklik gepraat. Daar is ook ’n Swahili-nedersetting.Baldauf, p. 91
Toerisme Mangochi word deur Lonely Planet beskryf as ’n dorp met ’n "effense Swahili-gevoel", met palmbome, Arabies-tipe mense en kokosneute wat op straat verkoop word. Daar is verskeie gastehuise en lodges vir toeriste. By die Nkopola Lodge aan die meer kan ’n mens swem, visvang en seil.
Verwysings
Eksterne skakels MSN-kaart MSN-kaart 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Nedersettings in Malawi