Monkey Bay, of Lusumbwe, is ’n dorp in die Mangochi-distrik in die Suidelike Streek van Malawi. Dit is op die oewer van die Malawimeer geleë en het een van die land se belangrikste hawens. Die bevolking is sowat 14 591 (in 2008).
Ligging duimnael|320px|links|Die hoofstraat van Monkey Bay.
Monkey Bay is 206 km van die hoofstad, Lilongwe, en 253 km van die ekonomiese middelpunt, Blantyre. Die dorp is ’n toeristebestemming en baie mense doen daar aan op pad na Cape Maclear.
Die huise op die dorp is eenvoudig en van klei, en min huishoudings kan elektrisiteit bekostig, aangesien net die aansluitingskoste drie keer soveel as die gemiddelde maandelikse loon is.
Demografie Jaar Inwoners 1987 5 649 1998 8 793 2008 (raming) 14 591
Fasiliteite Daar is ’n supermark en ’n mark in Monkey Bay. Op 22 Februarie 2010 het die eerste bank sy deure hier geopen. Daar is ook verskeie gastehuise.
Busse loop van die dorp na Lilongwe en Blantyre en terug. Die naaste lughawe is by Ulongwe, 79 km van daar. Twee passasiersveerbote vaar elke week op die Malawimeer tussen Monkey Bay en Chilumba: die MV Ilala en Mtendere.
Die Nankhwala Katolieke Skool is op die dorp, asook ’n kleinerige hospitaal en ’n polisiekantoor. Dit is ook die hoofkwartier van die vloot met ’n bemanning van 220.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Nedersettings in Malawi