Die grammatika van die Gotiese taal is waarskynlik die oudste bekende grammatika van 'n Germaanse taal en daarby ook die enigste grammatika uit die Oos-Germaanse taalvertakking. Dit is hoofsaaklik uit die Wulfilabybel afgelei. Weens sy vroeë oorsprong is die Gotiese grammatika van besondere belang, aangesien hy duidelik veel nader aan Oergermaans op klank- en vormleer staan as al die ander Oudgermaanse tale.
Die Gotiese naamwoorde Die Gotiese naamwoorde (nomen ) word volgens naamval (kasus) en getal (numerus) verbuig.
Taaltipologie Goties is 'n morfologiese Nominatief-Akkusatieftaal.
Fleksie Goties is 'n sintetiese taal; die verskillende funksies van die werkwoorde word uitgedruk deur die uitgange aan te las en soms deur die klinker van die stam te verander, bv. -siggw- teenoor -suggw- vir "sing". Omdat ook die 'ek', 'jy', 'hy/sy/dit' deur uitgange uitgedruk word, kan die werkwoord gebruik word sonder om ik "ek", þu "jy", ens. by te voeg, bv. siggwa: ek sing ; siggwis: jy sing; siggwand: "hulle sing".
Dit val op dat Goties nie dieselfde analitiese karakter as Afrikaans het nie; 'n werkwoord kan daarom 44 verskillende vorme hê om verskillende tydsvorme, die lydende vorm (passief), wense en moontlikhede (optatief) en die dader uit te druk: Conradie, C.J. 1986. Taalgeskiedenis. Pretoria: Academica, bl. 34
sōkidedeima gesoekhetmagons ons mag gesoek het
Naamwoordverbuiging Daar is 4 tot 6 woordbounaamvalle (morfologiese kasus). Baie keer word die verdwynende vokatief en reste van die wertuignaamval (instrumentalis) buite rekening gelaat.
Nominatief Die nominatief is die naamval wat die meeste in die Gotiese taal gebruik word. Die onderwerp word in die nominatief geskryf en kom byna in elke volsin voor. Dit kan slegs naas 'n werkwoord staan wat in persoon (bv. 1ste, 2de, 3de persoon) en getal (numerus) verbuig is (die persoonsvorm). Die nominatief is 'n naamval wat verder die onderwerp as die draer van die handeling aandui (in 'n bedrywende/aktiewe sin) of die onderwerp as die lydende van die handeling (in 'n lydende/passiewe sin).
Voorbeeldsinne Sa hunds ni beitiþ ( hierdie/die hond byt nie; vergelyk dieser/der Hund beißt nicht). þai wulfos beitand ( hierdie/die wolwe byt; vergelyk diese/die Wölfe beißen). Sa þiudans gibiþ máiþm ( hierdie/die koning gee ('n) geskenk; vergelyk dieser/der König gibt (eine) Gabe). Sa mats gibada (( die vleis word gegee; vergelyk das Fleisch wird gegeben).
Genitief Die genitief word gewoonlik gebruik om die besit of 'n nabye verwantskap tussen naamwoorde aan te dui. In Goties tree (soos in Duits) verskeie agtervoegsels op wat die genitief aandui. Dit hang alles af van die verbuigingsklas, die woordgeslag (manlik, vroulik en onsydig) en die getal (numerus):
Þiudanis barna ( kinders van ('n) koning; vergelyk Kinder (eines) Königs).
Þiudane barna ( kinders (van) konings; vergelyk Kinder (von) Königen).
Þis þiudanis barna ( kinders van hierdie/die koning; vergelyk Kinder dieses/des Königs).
Þize þiudane barna ( kinders van hierdie/die konings; vergelyk Kinder dieser/der Könige).
Þo barna þis þiudanis ( Die kinders van hierdie/die koning; vergelyk Die Kinder dieses/des Königs).
Þo barna þize þiudane ( Die kinders van hierdie/die konings; vergelyk Die Kinder dieser/der Könige).
Datief Die datief word gebruik om 'n indirekte voorwerp te benoem, byvoorbeeld:
Sa þiudans gaf þamma barna maiþm. ( Die koning het (aan) die kinders 'n geskenk gegee; vergelyk Der König gab den Kindern eine Gabe.) Þai þiudanos gebun þaim skalkam silubr. ( Die konings het (aan) die dienaars silwer gegee; vergelyk Die Könige gaben den Dienern Silber.)
Baie keer kan die datief gebruik word om by bepaalde werkwoorde 'n direkte voorwerp te benoem; dit sluit die werkwoorde tekan "aanraak" en waírpan "werp, gooi" in.
Sa skalks taítok þamma barna. ( Die dienaar het die kind aangeraak; vergelyk Der Diener berührte das Kind.) Þata barn warp þamma stáina. ( Die kind het die klip (steen) gegooi; vergelyk Das Kind warf den Stein.)
Die datief word meestal saam met voorsetsels gebruik. Enkele voorsetsels wat die datief vereis is:
af (vanaf, sedert) *afar (ná) *ana (aan, op, vir) *at (aan, by, om) *bi (aan, by, na mate, om, weens) du (om, vir) faura (voor (tydelik)) fram (vanaf, sedert, van...af) in (in, op (tydelik), op, by, vir) miþ (met) *uf (op) *ufar (oor, anderkant) us (van, sedert, vanaf, van...af)
Die voorsetsels wat met 'n sterretjie gemerk is, kan ook vir die akkusatief gebruik word.
Akkusatief In die Gotiese taal belig die akkusatief die semantiese rol, wat nie aktief handel nie, maar wat iets of iemand "beweeg" of "laat beweeg".
Þai Gumans saíhvand þans ƕaito stainans. ( Die mans sien die wit klippe (stene); vergelyk Die Männer sehen die weißen Steine.) Þai Barna ni saihvand þana giba. ( Die kinders sien nie die geskenk nie; vergelyk Die Kinder sehen das Geschenk nicht.) sa skalks ni swariþ Aiþans. ( Die dienaar het geen eed gesweer nie / Die dienaar het nie 'n eed gesweer nie; vergelyk Der Diener schwört keine (eig. nie) Eide.)
Werktuignaamval Die werktuignaamval (instrumentalis) het slegs in oorblyfsels en vaste voorvoegsels behoue gebly. Dus het hierdie morfologiese naamval vroeër verdwyn, net soos in die meeste ander Oudgermaanse tale (soos in Oudhoogduits het hy min of meer behoue gebly). Kyk byvoorbeeld na þe[h] "daarmee, met hierdie"; he? "met wie"; ni þeei "nie omdat…" / "nie dat".Wulfila.be: In die Luthervertaling by al twee verse is dit "nicht, daß"; Ook kan geredeneer word: "nicht...als"
Vokatief In teenstelling met die ander Germaanse tale het die vokatief in Goties behoue gebly. Dit is onduidelik of die ou vokatief in Duits wel vandag nog bestaan en/of dit maar net heeltemal met die nominatief saamval. In Goties het die vokatief sowel in die enkelvoud as in die meervoud heeltemal behoue gebly, hoewel die meervoudsvokatief egter selde gebruik word. Sy uitgange stem baie maal ooreen met dié van die nominatief en akkusatief. Die vokatief beskik egter oor geen lidwoord nie; as lidwoord kan daar na die "o" van die vokatief gekyk word, wat meestal weggelaat word. Byvoorbeeld: Oh Sunu ("O, seun"; vergelyk "O Sohn").
Woordgeslagte Goties het drie geslagte wat egter geen natuurlike geslagte is nie; dit wil sê, die stelsel stem nouliks ooreen met die Duitse een: Vroulik bv. So Giba ( die gawe, die geskenk ; vergelyk die Gabe/Geschenk). Manlik bv. Sa Stains ( die steen, die klip ; vergelyk der Stein). Onsydig bv. þata Triu ( die hout ; vergelyk das Holz).
Getal In hierdie afdeling word daar tussen twee kategorieë onderskei: Enkelvoud. Meervoud. By uitsondering bestaan daar die tweevoud (dualis, bv. ons twee, ons al twee, ons beide ; julle twee, julle al twee, julle beide) wat in die werkwoordvervoegings behoue gebly het, maar nie by die naamwoorde nie.
Persoonlike voornaamwoorde Die verbuigings van die persoonlike naamwoorde in Goties sien soos volg daar uit:
Getal Persoon Woordgeslag Nominatief Akkusatief Genitief Datief Enkelvoud 1ste ik mik meina mis 2de þu þik þeina þus 3de Manlik is ina ize imma Vroulik si ija izos izái Onsydig ita ita is imma Tweevoud 1ste wit ugkis ugkara ugkis 2de jit igqis igqara ugkis Meervoud 1ste weis uns unsara uns 2de jus izwis izwara izwis 3de Manlik eis ins ize im Vroulik ijos ijos izo im Onsydig ija ija ize im
Let wel: Gewoonlik word die persoonlike voornaamwoord in Goties slegs by nadruk as 'n afsonderlike woord uitgedruk (net soos in Sanskrit, Grieks en Latyn), anders is dit in die werkswoordsvorm opgesluit. Goties verteenwoordig hier 'n ouer stadium as die ander Oudgermaanse tale.Van der Merwe, H.J.J.M. 1965. Goties: kommentaar en annotasies. Pretoria: Unisa, p. 41
Wat merkwaardig is van hierdie Gotiese voornaamwoorde is hul argaïese voorkoms – dit verbind baie elemente van die Latynse voornaamwoorde (byvoorbeeld die 3de persoons meervoud) en Wes-Germaanse voornaamwoorde: Aan die een kant die tweevoud van Oudengels, Aan die ander kant veral die 1ste persoons enkelvoud (*k>*ch) van Oudhoogduits.
Die Gotiese persoonlike voornaamwoorde was daarom van besondere taalhistoriese belang: So dien hulle byvoorbeeld in die 19de eeu as beginpunt by die rekonstruksie van 'n Indogermaanse oertaal.
Betreklike voornaamwoorde In Goties is daar nog geen egte betreklike voornaamwoorde nie. Betreklike bysinne word deur 'n kombinasie van aanwysende voornaamwoorde / lidwoord (sa, so, þata) en die onbuigbare rededeel (partikel) "ei" ingelei. In die meeste gevalle is die woord wat ontstaan eenvoudig (simpel): sa+ei = saei "..., wat";Wulfila.be: saei word gebruik om "wat" aan te dui þáim+ei = þáimei "...aan diegene wat".Wulfila.be: In die Luthervertaling stem þáimei baie ooreen met welchen
In enkele gevalle bring "Sandhi" verandering mee, waar die elemente byeenkom (waar twee woorde of woordvorme saamtrek en grammaties noodwendig klankverandering meebring). Daar is twee soorte sandhi in samehang met hierdie voornaamwoorde:
Die wegval van die a in die begin van baie woorde Oorgang na 'n stemhebbende medeklinker: die afsluit-s word 'n z
Manlik Onsydig Vroulik Enkelvoud Meervoud Enkelvoud Meervoud Enkelvoud Meervoud Nominatief Saei þaiei þatei þoei Soei þozei Genitief þizei þizei þizei þizei þizozei þizoei Datief þammei þaimei þammei þaimei þizaiei þizomei Akkusatief þanei þanzei þatei þoei þoei þozei
Vraende voornaamwoorde Hulle is in Goties nog redelik sterk uitgebou (by die enkelvoud). Die Oudhoogduits besit 'n soortgelyke grammatikale konstruksie (dit word in die ontwikkeling tot die Nieuhoogduits weliswaar aansienlik verminder).
By nadere ondersoek toon die vraende voornaamwoorde van die onsydige naamwoorde 'n onreëlmatigheid: dit is nie ƕata, soos wat verwag word nie, maar ƕa; vergelyk hiermee die voornaamwoord ita en die lidwoord þata.
Enkelvoud Manlik Onsydig Vroulik Nominatief ƕas ƕa ƕō Akkusatief ƕana ƕa ƕō Genitief ƕis ƕis *ƕizos Datief ƕamma ƕamma ƕizai
by die meervoud is daar slegs een voornaamwoord bekend: ƕanzuh. Voorbeeld: ƕanzuh: insandida ins twans ƕanzuh (Hy het hulle weggestuur/weg van twee en twee)
Besitlike voornaamwoorde Die besitlike voornaamwoorde is besitlike byvoeglike naamwoorde. Hulle word veel meer gebruik as die Genitief by die persoonlike voornaamwoorde in die 1ste en 2de persoon.
Hulle volg gewoonlik op die naamwoorde,
waarop hulle betrekking het, en stem hiermee met die woordgeslag, getal en naamval ooreen. Dit is:
meins: myne; mein
þeins: joune; dein
ugkar: ons s'n (tweevoud); unser (Dual)
igqar: julle s'n (tweevoud); euer (Dual) (vergelyk egter Beiers enker 'julle s'n')
unsar: ons s'n (meervoud); unser (Plural)
izwar: julle s'n (meervoud); euer (Plural)
Hierdie byvoeglike naamwoorde word nooit swak verbuig nie. By ugkar, igqar, unsar en izwar ontbreek die -s aan die einde van die Enkelvoud-Manlik-Nominatief. Verder kan mens nooit die -ata in die nominatief en akkusatief onsydig by hierdie vier byvoeglike naamwoorde in die meervoud koppel nie (bv. unsarata, igqarata, ens.). Die onsydige vorm is in hierdie geval met die Enkelvoud-Manlik-Nominatief identies, sonder uitgang. In ander gevalle word die byvoeglike naamwoorde presies soos elke ander sterk byvoeglike naamwoord verbuig: skalksos meinái "my dienaar" / "meiner Diener", in razn þeinamma "in jou huis" / "in deinem Hause", ens.
By hierdie byvoeglike naamwoorde kan ook sein toegevoeg word. Hierdie byvoeglike naamwoord is selde, hoewel dit geen nominatief het nie, slegs akkusatief, genitief en datief. Sein beteken "syne, hulle" (3de persoons enkelvoud + meervoud) sonder onderskeid van woordgeslag of getal. Dit kan egter net gebruik word om na die onderwerp van die sin te verwys. 'n Mens kan vergelyk tussen:
Sa manna sahv hund seinana. ( Die man het sy (eie) hond gesien. ; Der Mann sah seinen (eigenen) Hund).