Verpleging is 'n beroep binne die gesondheidsorgsektor wat op die versorging van individue, gesinne en gemeenskappe fokus sodat hulle optimale gesondheid en lewenskwaliteit kan bekom, kan handhaaf of kan terugkry.

Verpleërs kan op grond van hulle benadering tot pasiëntesorg, opleiding en bestek van praktyk van ander gesondheidsorgverskaffers onderskei word.

Verpleegsters werk saam met dokters, terapeute, die pasiënt, die pasiënt se gesin en ander spanlede in die ontwikkeling van 'n versorgingsplan ten einde lewenskwaliteit te verbeter. Meer ervare susters, soos kliniese verpleegspesialiste en verpleegpraktisyns, kan gesondheidsprobleme diagnoseer en medikasie en ander terapieë voorskryf. Verpleegsters kan interafhanklik, byvoorbeeld saam met dokters, sowel as onafhanklik as verpleegdeskundiges werk.

duimnael|Beroepsnaam Verpleegster Beroepstipe Gesondheidsorgpraktisyn Aktiwiteitsektore Gesondheidsorg Beskrywing Sorg vir die algemene welsyn van pasiënte. Opleiding Kwalifikasies kragtens statutêre regulasies volgens die betrokke land se nasionale of provinsiale wetgewing

Geskiedenis

Tradisioneel Dit is die taak verpleeghistorici om bepaal of die sorg wat in die antieke tye aan siekes of beseerdes verskaf is, inderdaad verpleging was.O'Lynn, CE (2007). "History of men in nursing: a review". In O'Lynn, CE; Tranbarger, RE. Men in Nursing: History, Challenges, and Opportunities. New York: Springer Pub. pp. 6–8. . In die vyfde eeu v.C. verwys die Hippokratiese Versameling byvoorbeeld na die geskoolde sorg en observasie van pasiënte deur manlike "versorgers", wat moontlik vroeë verpleërs was.

Voor die grondvesting van moderne verpleging het lede van godsdienstige ordes soos nonne en monnike verplegingstipe sorg verskaf.Bloy, M. "Florence Nightingale (1820–1910)". The Victorian Web. Besoek op 24 November 2014. Voorbeelde bestaan onder andere in die Christelike,Ferngren, GB (2009). Medicine & health care in early Christianity. Baltimore: Johns Hopkins University Press. p. 121. . IslamitieseSachedina, Abdulaziz (2009). Islamic biomedical ethics: principles and application. Oxford: Oxford University Press. pp. 93–94. . en Boeddhistiesede Bary, WT, ed. (2011). The Buddhist tradition in India, China & Japan (Unabridged. ed.). New York: Vintage eBooks. pp. 35–36. . tradisies. Febe wat in Romeine 16 genoem word, is in baie bronne as "die eerste besoekende verpleegster" beskryf.Egenes, KJ (2009). "History of nursing". In Halstead, J; Roux, G. Issues and Trends in Nursing: Essential Knowledge for Today and Tomorrow. Sudbury, MA: Jones and Bartlett. p. 2. .Striepe, JM (1992). "Reclaiming the church's healing role". Journal of Christian Nursing 10 (1): 4–7. doi:10.1097/00005217-199310010-00002. . Hierdie tradisies het 'n groot invloed op die ontwikkeling van die etos van moderne verpleging gehad. Die godsdienstige wortels van moderne verpleging kan vandag nog in baie lande gesien word.

Gedurende die Hervorming van die 16e eeu het Protestantse hervormers die kloosters toegemaak. Die nonne wat voorheen as verpleegsters gedien het, het pensioen ontvang of is aangesê om te trou en tuis te bly.Leonard, AE (2008). "Female religious orders". In Hsia, RP. A Companion to the Reformation World (1st paperback ed.). Oxford: Blackwell Publishers. p. 244. . Die verpleegberoep het vir ongeveer 200 jaar 'n reuse terugslag beleef.Lundy, KS (2014). "A history of health care and nursing". In Masters, K. Role Development in Professional Nursing Practice (3rd ed.). Burlington, MA: Jones & Bartlett Learning. pp. 11–12. .

duimnael|Florence Nightingale was 'n invloedryke figuur in die ontwikkeling van moderne verpleging. Daar was nog nie verpleeguniforms toe sy gedurende die Krimoorlog diens gedoen het nie. Haar naam is vandag sinoniem met verpleging.

19de eeu Florence Nightingale was 'n invloedryke figuur in die ontwikkeling van moderne verpleging. Sy het gedurende die Krimoorlog die grondslag van professionele verpleging gelê.Winkel, W (2009). "Florence Nightingale". Epidemiology 20 (2): 311. doi:10.1097/EDE.0b013e3181935ad6. Haar Notes on Nursing het populêr geword, en met die stigting van die eerste verpleegskool wat aan 'n funksionerende hospitaal en mediese skool gekoppel was, het die Nightingale-verpleegmodel ná 1870 deur Europa en Noord-Amerika versprei.Quinn, Shawna M. "Agnes Warner and the Nursing Sisters of the Great War" (PDF). Goose Lane editions and the New Brunswick Military Heritage Project (2010) . Besoek op 29 November 2014.

Die formele gebruik van verpleegsters in die moderne militêre diens het in die tweede helfte van die negentiende eeu begin. Verpleegsters het in die Eerste Boere-oorlog, die Egiptiese Oorlog (1882) en die Soedannese Oorlog (1883) aktief diens gedoen.

20ste eeu Hospitaalopleiding het in die vroeë 1900's die lig gesien, en daar is groot klem op praktiese ervaring geplaas. Hospitale en dokters het vroue in verpleging as 'n bron van gratis of goedkoop arbeid beskou. Die uitbuiting van verpleegsters deur werkgewers, dokters en opleidingverskaffers was nie ongewoon nie.Chin, PL; Kramer, MK (2008). Integrated Theory and Knowledge Development in Nursing (7th ed.). St. Louis: Mosby Elsevier. pp. 33–34. .

Alhoewel baie verpleegsters in die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het, het die beroep gedurende die Tweede Wêreldoorlog 'n transformasie ondergaan. Britse verpleegsters van die Weermag se Verpleegdiens was deel van elke oorsese veldtog."QA World War Two Nursing". qaranc.co.uk. BEsoek op 31 Oktober 2011. Meer verpleegsters het vir diens in die Amerikaanse Weermag en Vloot as vir enige ander beroep aangemeld.D'Ann Campbell, Women at War with America: Private Lives in a Patriotic Era (1984) ch 2Philip A. Kalisch and Beatrice J. Kalisch, American Nursing: A History (4th ed. 2003) Ook die Nazi's het 40 000 verpleegsters gehad.

Die moderne era het die ontwikkeling van voorgraadse en nagraadse verpleegkursusse gesien. Saam met die toenemende erkenning van verpleging as 'n akademiese dissipline het daar 'n behoefte ontstaan om 'n teoretiese basis vir die praktyk te ontwikkel.Alligood, MR (2013). "Introduction to nursing theory". In Alligood, MR; Tomey, AM. Nursing Theorists and their Work (7th ed.). Maryland Heights, MO: Mosby/Elsevier. pp. 5–6. . duimnael|'n Werwingsplakkaat vir verpleegsters, 1943|links Gedurende die 19e en vroeë 20ste eeu is verpleging as 'n vroueberoep beskou, nes dit gewoonlik mans was wat dokters geword het. Met toenemende verwagtings van gelykheid in die werksplek gedurende die laat 20ste eeu het verpleging amptelik 'n geslagsneutrale beroep geword. In praktyk is daar egter in die vroeë 21e eeu steeds heelwat minder mansverpleërs in vergelyking met vrouedokters."Total Number of Professionally Active Nurses, by Gender". kff.org. Besoek op 2016-01-19."Distribution of Physicians by Gender". kff.org. Besoek op 2016-01-19.

Definisie Verpleegpraktyk wissel wat onderskeie spesialiteitsgebiede sowel as verskillende lande betref, maar die Internasionale Raad van Verpleegsters verskaf hierdie omvattende definisie:International Council of Nurses Verkry Augustus 2007

Verpleging omvat outonome en samewerkende versorging van individue van alle ouderdomme, families, groepe en gemeenskappe, siek of gesond en in alle situasies. Verpleging behels die bevordering van gesondheid, voorkoming van siektes en die versorging van siek, gestremde en sterwende persone. Voorspraak, bevordering van 'n veilige omgewing, navorsing, deelname aan die vorming van gesondheidsbeleide en betrokkenheid by pasiënt- en gesondheidstelselbestuur, en onderwys is ook belangrike rolle in verpleging.

As 'n beroep In die meeste lande word verpleegpraktyk deur wetgewing omskryf en beheer, en toetrede tot die beroep word op nasionale of provinsiale vlak gereguleer.

Die doel van die verpleeggemeenskap wêreldwyd is om gehaltesorg vir alle persone te verseker terwyl verpleegsters hul sertifikate, etiekkode, standaarde en bekwaamhede volhou en hulle opleiding voortsit.International Council of Nurses Verkry Augustus 2007 Daar bestaan verskeie opleidingsmoontlikhede vir persone wat hulle as professionele verpleërs wil laat kwalifiseer, en alhoewel opleiding wêreldwyd baie verskil, behels dit altyd die studie van verpleegpraktyk sowel as opleiding in kliniese vaardighede. Alle verpleegsters moet oor een of meer kwalifikasies beskik, afhangende van hulle bestek van praktyk en opleiding. duimnael|Tjeggiese verpleegstudente, 2006 Verpleegsters kan hulle persoonlike en professionele belange volg deur te enige tyd saam met enige groep mense in enige situasie te werk. Sommige verpleegsters voel hulle tuis in die meer tradisionele, algemene hospitaalopset. Ander opsies sluit in: Pediatrie, Neonataal, Kraam, Obstetrie, Ginekologie, Geriatrie, Ambulanswerk of Anestesiologie. Daar is baie ander opsies wat deur verpleegsters ondersoek kan word, afhangende van die kwalifikasie en opleiding wat vereis word.

Anders as wat algemeen aanvaar word, is verpleegsters nie werklik doktersassistente nie. Dit geld in sekere situasies, maar oor die algemeen sien ons dat verpleegsters hulle pasiënte onafhanklik versorg of ander verpleegsters bystaan."5 Myths about Registered Nurses – Ameritech College of Healthcare". Ameritech College of Healthcare. Verkry 2015-10-15. Verpleegsters werk amper sonder uitsondering op hulle eie of saam met ander verpleegsters. Verpleegsters sal dokters in die nood- of in trauma-eenheid bystaan waar hulp nodig is."Registered Nurse (RN) Career and Job Information". careerprofiles.info. Verkry 2015-10-15.

Geslagskwessies duimnael|'n Verpleër in die Amerikaanse Vloot versorg 'n kind.

Ondanks wette vir gelyke geleenthede is verpleging steeds 'n beroep wat deur vroue oorheers word."BM 2004;328:141–142 (17 January)" (PDF). Besoek op 2013-09-04. Die man-vrou verhouding in verpleging is ongeveer 1:19 in Kanada en die Verenigde State. Hierdie verhouding word wêreldwyd weerspieël. Interessant genoeg is daar uitsonderings in Franssprekende Afrikalande waar daar meer manlike as vroulike verpleërs is. In Europese lande soos Spanje, Portugal, Tsjeggo-Slowakye en Italië is meer as 20% verpleërs manlik. Alhoewel daar meer vroue in die beroep is, ontvang manlike verpleërs groter salarisse. Volgens 'n opname verdien manlike verpleërs gemiddeld $60 700 per jaar en hulle vroulike eweknieë $51 100 per jaar.

Teorie en proses Verpleegpraktyk is die verskaffing van verpleegsorg. Verpleegsters implementeer die verpleegsorgplan aan die hand van die verpleegproses. In breë trekke is die verpleegproses die metode waarvolgens behoeftes geassesseer en gediagnoseer word, uitkomste en intervensies beplan word, intervensies uitgevoer word en die uitkomste van die versorging geëvalueer word.

Bestek van aktiwiteite

Bystand met daaglikse leefaktiwiteite Bystand met daaglikse leefaktiwiteite word vereis wanneer 'n pasiënt se mobiliteit aangetas is, soos wanneer 'n bedlêende pasiënt in die bed omgedraai moet word. Op higiëniese vlak behels dit dikwels bedwasse en hulp met urinêre en stoelgangverwydering.

Medikasie Verpleegsters het oor die algemeen nie die gesag om medikasie voor te skryf nie, met enkele uitsonderings. Alle medikasie wat deur verpleegsters toegedien word, moet op 'n gelisensieerde praktisyn se voorskrifvorm aangeteken wees.

Pasiëntonderrig Die pasiënt se gesin word dikwels by die onderrig betrek. Effektiewe pasiëntonderrig lei tot minder komplikasies en hospitaalbesoeke.Taylor, C. R., Lillis, C., LeMone, P., Lynn, P. (2011) Fundamentals of nursing: The art and science of nursing care. Philadelphia: Lippincott Williams & Wilkins, page 468.

Vakgebiede Verpleging is die mees diverse gesondheidsorgberoep. Verpleegsters praktiseer in 'n wye verskeidenheid opsette en situasies, maar oor die algemeen word verpleging op grond van pasiënte se behoeftes gekategoriseer.

Die vernaamste afdelings is: gemeenskappe/publiek gesin/individu lewenslange sorg volwasse-gerontologie neonataal