Die artikel handel oor die wetenskaplike ouderdom van die Aarde. Sien ook Geskiedenis van die Aarde. duimnael|250px|Die Aarde, soos op 7 Desember 1972 waargeneem deur die Apollo 17-wenteltuig

Die ouderdom van die Aarde is 4.54 ± 0.05 miljard jaar Hierdie ouderdom is gebaseer op radiometriese datering verkry van meteoroïde. Die ouderdom word ondersteun deur radiometriese ouderdomme van die oudste bekende monsters op aarde en die maan.

Met die ontwikkeling van radiometriese datering in die vroeër 20ste eeu, het metings van lood in uraanryke minerale uitgewys dat van die gesteentes se ouderdomme meer as 'n miljard (109) jaar kon wees. Vir die uittreksel, kyk: Die oudste minerale wat tot op hede geanaliseer is, is klein sirkoon-kristalle vanaf Jack Hills in Wes-Australië met 'n ouderdom van ten minste 4 404 miljard jaar. Wanneer die massa en ligsterkte van die Son teenoor ander sterre vergelyk word, blyk dit dat die Sonnestelsel nie veel ouer as die gesteentes kan wees nie. Kalsium-aluminiumryke insluitsels, wat die oudste vaste samestellende deel in meteoroïdes is, is ongeveer 4 567 miljard jaar oud. Hierdie ouderdom kan geneem word vir die ouderdom van ons sonnestelsel asook die boonste limiet van die Aarde se ouderdom.

Die hipotese is dat die ontstaan van die Aarde plaasgevind het net na die vorming van die kalsium-aluminiumryke insluitsels in meteoroïdes. Die presiese ouderdom van die aarde is nog onbekend, omdat die verloop van tyd vir die ontstaan van die aarde volgens die akkresieteorie moeilik is om te bepaal. Die akkresiemodelle lewer waardes van 'n paar miljoen tot omtrent 'n 100 miljoen jaar. Die presiese ouderdom van die oudste gesteentes op aarde wat dagsoom is ook moeilik bepaalbaar, siende dit uit verskillende mineraalsamestellings van verskillende ouderdomme bestaan.

Verwysings

Bibliografie

Bronnelys Baadsgaard, H.; Lerbekmo, J.F.; Wijbrans, J.R., 1993. Multimethod radiometric age for a bentonite near the top of the Baculites reesidei Zone of southwestern Saskatchewan (Campanian-Maastrichtian stage boundary?). Canadian Journal of Earth Sciences, v.30, p.769–775. Baadsgaard, H. en Lerbekmo, J.F., 1988. A radiometric age for the Cretaceous-Tertiary boundary based on K-Ar, Rb-Sr, and U-Pb ages of bentonites from Alberta, Saskatchewan, and Montana. Canadian Journal of Earth Sciences, v.25, p. 1088–1097. Eberth, D.A. en Braman, D., 1990. Stratigraphy, sedimentology, and vertebrate paleontology of the Judith River Formation (Campanian) near Muddy Lake, west-central Saskatchewan. Bulletin of Canadian Petroleum Geology, v.38, no.4, p. 387–406. Goodwin, M.B. en Deino, A.L., 1989. The first radiometric ages from the Judith River Formation (Upper Cretaceous), Hill County, Montana. Canadian Journal of Earth Sciences, v.26, p. 1384–1391. Gradstein, F. M.; Agterberg, F.P.; Ogg, J.G.; Hardenbol, J.; van Veen, P.; Thierry, J. and Zehui Huang., 1995. A Triassic, Jurassic and Cretaceous time scale. IN: Bergren, W. A. ; Kent, D.V.; Aubry, M-P. and Hardenbol, J. (eds.), Geochronology, Time Scales, and Global Stratigraphic Correlation. Society of Economic Paleontologists and Mineralogists, Special Publication No. 54, p. 95–126. Harland, W.B., Cox, A.V.; Llewellyn, P.G.; Pickton, C.A.G.; Smith, A.G.; and Walters, R., 1982. A Geologic Time Scale: 1982 uitgawe. Cambridge University Press: Cambridge, 131p. Harland, W.B.; Armstrong, R.L.; Cox, A.V.; Craig, L.E.; Smith, A.G.; Smith, D.G., 1990. A Geologic Time Scale, 1989 uitgawe. Cambridge University Press: Cambridge, p. 1–263. Harper, C.W., Jr., 1980. Relative age inference in paleontology. Lethaia, v. 13, p. 239–248. Obradovich, J.D., 1993. A Cretaceous time scale. IN: Caldwell, W.G.E. and Kauffman, E.G. (eds.). Evolution of the Western Interior Basin. Geological Association of Canada, Special Paper 39, p. 379–396. Palmer, Allison R. (samesteller), 1983. The Decade of North American Geology 1983 Geologic Time Scale. Geology, v. 11, p. 503–504. 12 September 2004. Powell, James Lawrence, 2001, Mysteries of Terra Firma: the Age and Evolution of the Earth, Simon & Schuster,

Eksterne skakels TalkOrigins.org Vectorsite.net – Aanvanklike weergawe van hierdie artikel berus op teks in die publieke domein deur Greg Goebel USGS preface on the Age of the Earth NASA exposition on the age of Martian meteorites Pre-1900 Non-Religious Estimates of the Age of the Earth

Kategorie:Geologie Kategorie:Geologiese tydperke