duimnael|Romanisches Haus omstreeks 1900. Die Romanisches Café was vanaf 1916 op die grond- en die eerste verdieping geleë. Die gebou is, net soos die Keiser-Wilhelm-gedenkkerk, in die Neoromaanse styl ontwerp, vandaar die naam vir die koffiehuis.

Romanisches Café was die naam van een van Berlyn se voorste koffiehuise wat naby die Keiser-Wilhelm-gedenkkerk in die stadsdeel Charlottenburg geleë was en in die tyd voor die Nasionaalsosialistiese magsoorname in 1933 tot een van die gewildste kuierplekke vir kunstenaars en intellektueles ontwikkel het. In 1943 is dit tydens 'n geallieerde lugaanval vernietig.

Op die plek, die plein Breitscheidplatz tussen Tauentzien- en Budapester Straße, is in 1965 'n moderne wolkekrabber, die Europa-Center, opgerig wat kantore en 'n winkelsentrum huisves. Die Amerikaanse luukse hotelketting Waldorf Astoria probeer in sy Berlynse hotel by die tradisie van die Romanisches Café aansluit met 'n moderne konsep vir sy koffiehuis ROCA en enkele literêre aanbiedings, al is dit tans nog oorwegend 'n nie-kulturele kuierplek vir toeriste en inheemse gaste.

Verwysings

Verdere literatuur Jürgen Schebera: Damals im Romanischen Café. Berlin: Verlag Das Neue Berlin 2005

Eksterne skakels

Deutschlandradio Kultur: Versunkene Berliner Kaffeehauskultur Berliner Morgenpost, 10 Januarie 2014: Der Künstlertreffpunkt Romanisches Café. Besoek op 10 Mei 2016 www.mokakonsorten.com: Legendäre Kaffeehäuser – Das Industriegebiet der Intelligenz. Besoek op 10 Mei 2016 www.zeitreisen.de – Uittreksel uit: Erich Kästner: Das Rendezvous der Künstler. In: Neue Leipziger Zeitung, 26 April 1928

Kategorie:Geboue en strukture in Berlyn