Die South African College Schools (SACS) is ’n laer- en hoërskool in Nuweland, Kaapstad, wat onderrig deur medium van Engels aan 1 588 seuns van gr. R tot gr. 12 bied.
Die hoërskool roem hom daarop dat hy die oudste sekondêre skool in Suid-Afrika is, Die geskiedenis van SACS weergegee op die hoërskool se webtuiste. URL besoek op 7 Mei 2016. hoewel Muir-kollege op Uitenhage daarop aanspraak maak dat hy sewe jaar ouer is. Die geskiedenis van Muir-kollege op sy webtuiste . URL besoek op 12 Mei 2016. SACS is een van net vier skole wat Cecil John Rhodes in sy testament uitgesonder het as ontvanger van een van die 10 Rhodes-beurse wat jaarliks aan matrikulante in Suider-Afrika toegeken word. Die ander drie is die Diocesan College (Bishops) in die aanliggende Rondebosch, Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch en St. Andrew-kollege in Grahamstad. The Rhodes Scholarships for Southern Africa (including South Africa, Botswana, Lesotho, Malawi, Namibia and Swaziland) . URL besoek op 7 Mei 2016. Die twee afsonderlike afdelings wat gesamentlik as SACS bekendstaan, is die South African College Junior School en die South African College High School. Hoewel die hoërskool se skoolgeld van R34 800 p.j. in 2016 Besonderhede van SACS High School se skoolgeld vir 2016. URL besoek op 7 Mei 2016. en die laerskool s’n van R37 860 Besonderhede van SACS Junior School se skoolgeld vir 2016. URL besoek op 7 Mei 2016. amper gelyk aan of selfs meer is as sommige privaatskole s’n, Curro Langebaan se skoolgeld vir 2016. URL besoek op 7 Mei 2016 Curro Mosselbaai se skoolgeld vir 2016. URL besoek op 7 Mei 2016. Skoolgeld van die Deutsch Schule Durban vir 2016. URL besoek op 7 Mei 2016. Skoolgeld van die Hatfield Christian School vir 2016. URL besoek op 7 Mei 2016. Skoolgeld van die Gereformeerde Skool Dirk Postma vir 2016 . URL besoek op 7 Mei 2016. Budget private schools reeling in black pupils , Times Live, 6 Augustus 2013. URL besoek op 7 Mei 2016. is SACS al sedert Junie 1926 'n staatskool. Whiteford, R. in Peacock, M.A. 1972. Some famous South African Schools. Volume One. English-medium boys' high schools. Cape Town: Longman Southern Africa.
Die vrouetydskrif Fairlady het SACS in 2015 in sy jaarlikse ondersoek na die 100 staatskole met die beste baccalaureus-slaagsyfer aangewys as een van die 25 beste staatshoërskole in die land. Nog vyf Engelsmedium-staatskole in Kaapstad se suidelike voorstede het dié lys gehaal: die Hoërskool Norman Henshilwood, Hoër Meisieskool Wynberg, Hoër Meisieskool Rustenburg, Hoër Seunskool Rondebosch en Hoërskool Westerford. Die enigste Afrikaansmediumskool in die Moederstad wat die lys kon haal, is die Hoërskool D.F. Malan in Bellville. Vyf Bolandse skole was ook onder die top-25. Out top 25 government high schools. URL besoek op 8 Mei 2016. SACS het tot 2015 die vierde meeste Springbokrugbyspelers van alle Suid-Afrikaanse skole opgelewer, naamlik 29, 19 minder as Paul Roos Gimnasium, die topskool, se 48. SA's top rugby schools . URL besoek op 8 Mei 2016. Most Springboks rugby players produced by School . URL besoek op 12 Mei 2016. In dieselfde jaar was SACS 12de op die landwye ranglys van rugbyskole. Top 20 schools rankings (26 May). URL besoek op 8 Mei 2016. In die matriek-eindeksamen van 2015 is die SACS-matrikulant Andrew Tucker as Suid-Afrika se toppresteerder aangewys ten spyte daarvan dat Guillain–Barré-sindroom by hom gediagnoseer is. WCape Class of 2015 top in country. URL besoek op 8 Mei 2016.
Ontstaan duimnael|regs|200px|Sir Galbraith Lowry Cole, Kaapse goewerneur, het toestemming verleen vir die oprigting van die kollege. duimnael|links|270px|'n Swart-wit afdruk van 'n skildery deur T.F. Cromfield van die Groote Kerk en ou slawehuis in 1824, vyf jaar voort die ZA College in die kerk gestig is. duimnael|links|Die ZA College, omstreeks 1840, toe dit nog gehuisves is in die oudste weeshuis in Suid-Afrika (gestig in 1808) se gebou aan die bopunt van Langstraat, Kaapstad. SACS en die Universiteit van Kaapstad het albei ontstaan uit die tweetalige (Engels en Nederlands) Suid-Afrikaanse Kollege (South African College in Engels; Zuid-Afrikaansch Athenæum of Zuid-Afrikaansche College in Nederlands), wat op sy beurt deur die toedoen van die Nederduitse Gereformeerde Kerk tot stand gekom het, Dreyer, eerw. Andries. 1910. Historisch Album van de Nederduitsche Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Kaapstad: Cape Times Beperkt. soos ook onder meer die Hoër Seunskool Rondebosch, die Hoër Meisieskool Rustenburg Hopkins, ds. H.C. 1966. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk Rondebosch 1891–1966. Kaapstad: Feeskomitee van die N.G. Kerk, Rondebosch. en die Seepuntse hoërskole vir seuns en meisies, wat later saamgesmelt het as die Hoërskool Seepunt. Malan, Etienne G. 1980. Die kerk teen Seinheuwel: Drieankerbaai 1880 tot 1980. Kaapstad: NG gemeente Drieankerbaai. Al dié inrigtings was uit die staanspoor Engelsmedium of het mettertyd onderrig in Nederlands afgeskaf.
Sir Langham Dale, indertyd superintendent-generaal van onderwys in die Kaapkolonie, maar van 1848 tot 1858 hoogleraar in die klassieke aan die ZA College, De Kock, W.J. 1968. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel I. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk. het tereg tydens die sitting van die Kaapse Sinode in 1883 opgemerk: "Ik kan de Nederduitsche Gereformeerde Kerk niet genoegzaam danken voor de krachdadige ondersteuning welke zij in het werk der opvoeding betoond heeft." By ’n ander geleentheid het hy gesê: "Wanneer ik mij voor den gees breng de vele Opvoedings Instituten, welke door leeraars van der Nederduitsche Gereformeerde Kerk zijn opgericht worden, zoo ben ik trotsch erop dat het mij vergund is geweest een mede arbeider met hen te zijn."
Reeds in die jaar 1791 het twee medeleraars van die Groote Kerk, Kaapstad, di. Johannes Petrus Serrurier (leraar van 1760–1802) en Christiaan Fleck (1781–1822), die behoefte gevoel aan beter en meer gevorderde skole as wat destyds in die Kaapkolonie bestaan het. Dié twee predikante het hul beywer vir die insameling van geld wat aangewend kon word ter stigting van sulke onderwysinstellings. Hulle het mettertyd sowat £3 000 byeengebring. Die doel van die fonds wat so opgerig is, was dat op elke (groter) dorp ’n elementêre skool gestig sou word en in Kaapstad ’n Latijnsche School. ’n eiendom in Gravestraat is aangekoop en ’n onderwyser, Cornelis Josias van Braak, aangestel, maar die oorgawe van die Kaap in 1795 aan Groot-Brittanje het die werk vernietig wat toe reeds verrig is. Eers in 1837 is die gekollekteerde bedrag van £3 000 aan die bestuur van die ZA Anthenæum (ZA College) oorhandig.
Ontwikkelings op Kaapse onderwysgebied In September 1831 is in Kaapstad ’n onderwysinrigting met die naam Tot Nut van 't Algemeen geopen. Ook dié skool, wat mettertyd talle vooraanstaande Afrikaans-Hollandse burgers van Suid-Afrika sou oplewer, het sy ontstaan hoofsaaklik aan die werksaamhede van die NG Kerk te danke. Met bekwame onderwysers aan die hoof en met die ondersteuning van manne soos ds. J.H. Neethling (self op sy dag ’n leerder aan die skool), ds. Johannes Spijker, sir Christoffel Brand en C.J.C. Gie, het dié instelling sy stempel diep op Suid-Afrika afgedruk en het hy destyds, volgens eerw. Andries Dreyer (eerste argivaris van die NG Kerk), "moontlik meer vir die land beteken as enige ander skool". Die meeste van die vroeëre predikante van die Kerk het hul eerste opleiding aan Tot Nut van 't Algemeen ontvang. Potgieter, J.W. (hoofred.) 1974. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, vol. 10. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd.
Die Zuid-Afrikaansch Athenæum gestig duimnael|regs|Die ou weeshuis in Langstraat, ontwerp deur Louis Thibault, waarin die ZA Athenæum begin het. Dié oorblyfsels van dié gebou vroeg in die 1980’s gesloop nadat die SA Kinderhuis in 1923 na die voorstad Tuine verhuis en dit eers as melkery gebruik is en eindelik as motorherstelplek. Geskiedenis van die SA Kinderhuis. URL besoek op 8 Mei 2016. duimnael|links|170px|Sir John Truter, eerste hoofregter van die Kaapkolonie, het die vergadering in 1828 gelei waarop besluit is om Het Zuid-Afrikaansch Athenæum te stig. Byna terselfdertyd as dié skool het die Zuid-Afrikaansch Athenæum ontstaan, merendeels danksy die bemoeiing van NG predikante, want op 14 Oktober 1828 is in die konsistorie van die vorige Groote Kerk ’n byeenkoms van Nederlands- en Engelssprekende Kapenaars onder voorsitterskap van sir John Truter gehou "ten einde in overweging te nemen, of niet in deze Volkplanting, en zoo ja, op welke wijze, op het doelmatigste zou kunnen worden voorzien in de behoefte, zoo algemeen gevoeld, van hooger onderwijs voor de Kaapsche jeugd". By hierdie geleentheid is ’n kommissie benoem, bestaande uit sir John, voorsitter; dr. Abraham Faure; C. Hough, J. Adamson, J.M. van Sateveren (al drie predikante); W.F. Hertzog (landmeter-generaal van die Kaapkolonie); 19th-century South African people > Andries Botha. URL besoek op 8 Mei 2016. F.L. Mabille; D. Hertzog; sir Christoffel Brand; H. Roos; en Johannes de Wet (sekretaris), Marie Koopmans-de Wet se vader. Aan dié kommissie is die taak opgedra om ’n plan op te stel vir die oprigting van ’n "seminarium". Die werk het so ywerig verloop dat toe die kommissie op 4 Junie 1829 verslag doen van sy werk, besluit is om ’n tweetalige inrigting vir hoër onderwys daar te stel wat die naam Het Zuid-Afrikaansch Athenæum sou dra.
As grootste lokaal in die stad was die Hollandse kerk die aangewese plek vir die plegtige opening van die instituut op 1 Oktober 1829 nadat, so is dit genotuleer, "’s smorgens te 9 ure alle de leerlinge, benevens de Directeuren, Professoren, Senatoren en Deelnemers in het gebouw van het Athenæum waren byeengekomen, en in eene processie, met den Pedel aan het hoofd naar de Kerk gegaan". Die kollege het twee doelstellings gehad: om Suid-Afrikaans in die volste sin van die woord te wees en te ontwikkel in 'n universiteit wat met die beste ter wêreld kon vergelyk. Jare lank sou die kollege egter grotendeels 'n gekombineerde laer- en hoërskool wees met 'n klein universitêre afdeling, want eers nadat die land se rykdom genoegsaam toegeneem het om die groter opvoedkundige las te dra, kon die ZA College die tweede deel van sy oorspronklike ambisie begin verwesenlik. Potgieter, D.J. (hoofred.) 1974. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd.
Van die Kaapse NG kerkraad se 14 benoemde lede vir die eerste bestuursliggaam van die ZA Athenæum, wat op 4 Junie 1829 in die Groote Kerk se konsistorie gekies is en uit 15 lede sou bestaan, het 11 by die verkiesing die paal gehaal. Dr. Abraham Faure (die gemeente se medeleraar van 1822–1867) het maklik die hoogste getal stemme gekry en van 1829 tot 1873 in die kollegeraad gedien. As lid van die raad sowel as voorsitter van die senaat is hy deur verskeie leraars van die Groote Kerk gevolg. Ook was dr. Faure die eerste hoogleraar in Nederlands aan die kollege; later het dr. S.P. Heyns (medeleraar van 1834–1864) en ds. Gilles van de Wall (medeleraar van 1874–1875) dié stoel gevul. Hopkins, dr. H.C. 1965. Die Moeder van ons Almal. Geskiedenis van die Gemeente Kaapstad, 1665–1965. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-Uitgewers en -Boekhandel.
Die Groote Kerk se ondersteuning het meer as net mannekrag behels. Eers was die kerkraad bereid om £100 aan aandele in die inrigting uit te neem, maar toe die publiek in 1829 gevra word om £2 000 in 200 aandele van £10 elk voor te skiet, het die kerkraad hul vroeëre aanbod met die helfte verminder. Aandeelhouers het die reg verkry om een student te laat matrikuleer aan die inrigting teen verminderde klasgeld. Die Vrymesselaars, waarvan sir John Truter ’n gesiene lid was, sou £50 per jaar bydra en die Openbare Biblioteek, wat nie self geld gehad het nie, het aangebied om boeke uit te leen.